|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 94
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Adam se versoek aan Henog
94 Nadat daar `n einde gekom het aan Adam se ergerlike gedagtes en die storm van sy nuuskierigheid homself, hoe langer hoe meer neergelê het, staan hy weer op en gebied Henog om na hom toe te kom en vra hom die volgende:
[2] "Henog, vertel vir my, jou tot in die diepste van sy hart gekwetste vader, tog tenminste soveel, of die deur Asmahael aan julle gerigte woord van groot gewig was of nie! Was dit `n woord van lig en liefde, of was dit `n woord uit die diepste van alle duisternis en alle gruwels?
[3] En as die Heer dit waaragtig verbied het om dit aan my mee te deel, sê my dan uit die Heer, waarom die Heer dit vir my verberg het, maar aan julle onthulle het!
[4] Henog, weerhou dit nie van my nie; wees opreg teenoor my, want ek was tog teenoor julle almal slegs openlik, goed en opreg en het julle nooit van iets weerhou nie!
[5] Die Heer weet dit en moet dit ook weet, hoe openlik my gedrag altyd teenoor julle was! Alles wat julle ook maar sou kon gehelp het, het ek met julle gedeel, ofskoon ek as vader eerder die reg sou gehad het om geheime vir julle agter te hou, as julle vir my, julle vader!
[6] Julle het nou julle harte vir my gesluit. Dit kan baie goed wees dat die Heer julle dit gebied het om julle aldus ten opsigte van my te gedra en ook dat Hy ons meer naby is as wat ek in staat is om te vermoed, - en dat Asmahael van die Heer geen gebod het om vir my te swyg nie, wil ek baie graag toegee; maar lê dit wel in die ordening, dat die kinders die vader na `n vreemdeling verwys van wie hy dan moet hoor wat sy kinders nie vir hom mag sê nie?
[7] Sien, beste Henog en dink diep daaroor na, dan sal jy ontdek hoe moeilik so `n dwase gebod homself met die eerste oogopslag laat rym met die Liefde en die Wysheid van God! Want as een en dieselfde, vir julle tonge verbode, woord wel aan Asmahael sou toegestaan wees, dan kan aan die woord immers sondermeer niks of tog nie baie geleë wees nie, en dit lê minder aan die woord self, waarvoor eintlik geen verbod geld nie, omdat Asmahael dit vry mag uitspreek, maar alles lê by die gebonde tonge.
[8] Waarom is julle tonge vir een en dieselfde woord gebonde - en die van Asmahael vry?
[9] Wie kan so-iets van die Heer dink, dat Hy die harte van die kinders vir hulle vaders sou sluit en die van die vreemdelinge sou open, sodat tussen vader en kind `n ongeneeslike wantroue daardeur gewek en gevoed sou word?!
[10] Sien, as God so-iets sou doen, sou Hy `n veroorsaker van die kwaad wees, maar in geen geval `n veroorsaker van alle geregtigheid, barmhartigheid, liefde en alle erbarming nie!
[11] Wees daarom op julle hoede en ondersoek goed of die gebod `n telg is van `n goeie of van een of ander bose gees!
[12] As dit van God is, dan weet ons alles; want dan is ons almal tesame niks anders as `n ydele speeltuig van `n êrens vry heersende, ondeurgrondelike mag, wat uit tydverdryf wesens uit homself oproep om hulle gedurende `n tydjie vir sy vermaak te pynig en hulle van die soethede van die lewe te laat proe tussen twee oneindighede in, naamlik vanaf die geboorte tot aan die dood, wat ons almal nog te wagte staan; dan begin opnuut die eindelose lyn van die ewige vernietiging en ons word dan almal, na geweldige deur en deur pyniging, weer dit wat ons voor die geboorte was, naamlik `n oneindige niks!
[13] Maar is `n dergelike gebod van `n bose gees afkomstig, dan is daar twee weë oor ons; want ten eerste moet ons verskriklik ver van God verwyderd wees deur watter, vir ons `n onbewuste, skuld ookal, as gevolg waarvan ons dan aan Sy toorn oorgelaat is en ten prooi geval het aan `n ewige wrekende vuur, - of die slegte mag sou die arm van die liefde van die Vader verlam het, sodat Hy dan nie meer in staat sou wees om ons te help en te red van die dood of miskien van iets wat nog baie erger is!
[14] Henog, dink goed na oor dit wat ek jou sê en gee my die verlangde antwoord! Ja, gee my weer my vrede, as dit vir jou moontlik is; want kyk, ek is bedroef tot op die bodem van my lewe! Dit het nag geword rondom my siel; en deur die kreupelhout van die dood laat geen sterretjie homself ook maar êrens sien nie!
[15] Henog, toe ek uitgeput was, mag jy my spyse uit die hemel aangereik het; doen dit nou daarom des te meer, want `n grenslose honger en dors kwel my! Luister en handel so! Amen."
|
|
|
|
|