Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael wys Adam tereg

136 Na hierdie woorde word Asmahael `n weinig verstoor en wend Homself met die volgende ernstige, maar tog ook buitengewoon liefderyke woorde tot Adam en tegelykertyd tot almal, seggende:

[2] "O Adam! Adam! Jou dwaasheid het groot en sterk geword! - By name vra Ek jou hart, omdat jy die vader is van al hierdie kinders en die vele andere wat die aarde bewoon, - sê vir My in jou hart: Wat sou jy dan met een van jou kinders doen wat, by `n groot en baie belangrike les oor vrywillig begane, geweldig groot misstappe, teen jou wyse voorskrifte sou wil ingaan - sy dit waarskynlikheid ook met baie vrypostige woorde as volg:

[3] "Waarom verlang jy iets van my wat ek nie kan doen nie! Is dit verkeerd wat ek doen? Wat kan ek daaraan doen? Is ek nie uit jou nie en het jy my nie so `n ellendige lewe vol foute gegee nie?!

[4] Wanneer ek nou faal, is dit tog immers maar net jou fout, omdat ek so en nie anders en nie meer volmaakter uit jou voortgekom het nie! Wees daarom tevrede met my netsoos ek is en verlang nie die onmoontlike van my nie! Maar as jy my met alle geweld anders wil hê as wat ek is, dan kan jy my tog immers vernietig en dan iets anders en iets beter skep - of wanneer `n tweede skepping miskien onuitvoerbaar vir jou mag wees, kan jy hierdie een ook heeltemal agterweë laat; want ek sal jou vir `n dergelike ellendig gegewe bestaan nooit in der ewigheid bedank nie!

[5] Laat dit wat niks was, ewig niks bly nie; want dit is beter om in ewigheid nie te bestaan as om naas jou `n ellendige, beperkte bestaan te moet lei nie! Waarom wil jy my nou verbeter, as ek nou tog eenmaal is wat ek is?! Indien jy my beter sou geskape het, dan sou ek ook beter gewees het! Maar omdat ek nou eenmaal so is, is dit dan nie jou skuld dat ek so is nie?! Verbeter daarom eers jouself en sien dan wat jy van my kan verbeter en wil verander!"

[6] Adam, sê my nou hoe dit met jou liefhebbende vaderhart gesteld sou wees by `n dergelike teenspraak van een van jou kinders en daarbenewens nogal een van jou allereerste stamkinders!

[7] Jy het die berouvolle Kain vervloek. Vertel my, wat sou jy met so `n kind gedoen het wat nie net sy broer se liggaam gedood het nie, maar jou selfs vervloek het en jou gees wou doodmaak?! Sê My, sê My Adam, wat jy met so `n onverbeterlike kind sou gedoen het!

[8] Kyk, nou is jy so stil soos `n muis wat `n kat bespeur, en tog wou jy hiervoor, as eerste kind van die hoofstam, tot op `n haar na dieselfde teenspraak teen My geuiter het!

[9] Vir jou is God en mens om te ewe! Waarom sou jy jou ook bedruk maak oor wie daar nou met jou spreek, hetsy `n God, jou Vader, of `n mens netsoos jy; want jy het jouself immers nie geskape nie, maar dit het `n, vir jou onsigbare, volkome onbekende, God gedoen! As Hy jou dan so ellendig en tot sonde geneig gemaak het, dan moet Hy Homself ook maar tevrede stel met jou netsoos wat jy is, omdat Hy jou nie volmaakter gemaak het nie en Hy moet van die mislukte werk nie verlang om meer volkome te wees, as wat skandalig genoeg uit die hand van die sleg gehumeurde Skepper voortgekom het nie!

[10] Kyk en let net op jou hart, of sy nie so in haarself mor nie!

[11] Jy hou My die moeilik te bewandelde pad van die goddelike wil oor die ongelyk geskape aarde voor en getuig van jou goeie wil om getrou te wandel, as dit maar moontlik sou wees. Alle skuld van jou val het jy op My skouers gelaai en Ek moes gefaal het en jy eintlik nie in die minste nie, omdat Ek jou so en nie anders geskape het nie! As jy nou anders moes word, dan moes daar ook `n middel gewees het waardeur dit vir jou moontlik sou wees om ooreenkomstig die goddelike wil te handel!

[12] Sien, dit is alweer so `n uitlating waaraan die besonder met liefderyke sorg vervulde, heilige Vader seker geen vreugde kan beleef nie!

[13] Jy roep om erbarming. Maar wat kan Ek dan nog meer doen, as dat Ek as Mens en Vader na julle toe gekom het en jy uit My eie mond die ware liefde en die ware wysheid leer en jy vir jou toekomstige volkome vervolmaking met eie hand lei oor die onder jou voete gelegde aarde, wat vir jou as beproewing gegee is?! Is Ek dan nie Self die grootste erbarming, die grootste liefde en die mees onfeilbare middel nie?!

[14] Of moes Ek volgens jou wens dalk uit julle besielde, dit wil sê, bewegende masjiene maak?!

[15] O jou blinde dwaas! As jy dit ook maar enigermate sou wil insien, dan moes jou eie groot volmaaktheid jou tog reeds opgeval het, waardeur jy so ver bo alle andere wesens verhewe is, dat jy uit vrye wil verkeerd kan handel, maar ook uit vrye wil foutloos kan wandel en handel netsoos Henog! En jy werp My voor die voete, asof knoeiwerk uit My voortgekom het?!

[16] Sien, sien Adam, hoeseer jy weer oordryf het!

[17] Jy sê dat Ek die onmoontlike van jou verlang. Kyk dan hier, kyk na Henog, kyk na die sestal aan My sy, ja kyk na die baie groot volkmassa en vra hulle almal of die sake nie so lê nie!

[18] Maar Ek sê vir jou: Dit is jyself wat na eie willekeur een of ander oneindige god soek, wil eer en aangryp wat vir homself die volkome onmoontlikheid wil moontlik maak, die hele ewigheid op sy eie nek wil laai en `n god wil soek wat vir jou so goed as niks voorstel nie; maar die Vader, wat nou vervul is van die allergrootste liefde wat met jou praat, wil jy misken, verag en ontvlug!

[19] Waarlik, naas `n god netsoos jy vir jou voorstel en wat jy elke Sabbat deur aanbidding vereer, sou `n geskape bestaan ongetwyfeld nie net die mees ellendige bestaan wees nie, maar oneindig jammerliker as die van `n vertrapte wurm in die gloeiende sand, - maar Ek sê vir jou, dit sou ook vir jou droomgod volslae onmoontlik wees; want so `n onvolkome god sou nie alleen nie in staat wees om knoeiwerk te lewer nie, maar dit sou vir hom waarlik nog slegter afgaan as vir jou, want jy is uit jouself nog nie in staat om ook maar `n atoom te skep nie!

[20] Toe Ek julle `n berisping gee oor julle dwase soek en onsinnige strewe na `n god wat nêrens te vinde is nie en jou wys op die enig bestaande liefde van die Vader wat Ekself van ewigheid tot ewigheid was, is en vir ewig sal wees, sê My, het Ek toe as Vader `n onbillike en onmoontlike eis aan julle kinders gestel?!

[21] Sien, die kleinste kinders vervul reeds stiptelik hierdie onuitspreeklike maklike eis, omdat hulle hulle vader bo alles liefhet, sonder om skerpsinnig `n verantwoording van die vaderhart te verlang waarom hy hulle moet liefhê, maar hulle bemin hom omdat hy hulle vader is! Vertel My net, Adam, My seun, het jy ook meer van jou kinders vereis?!

[22] Wanneer Ek nou as enig ware, liefdevolle Vader niks meer van jou en van julle verlang en julle afhou van alles wat julle lewe ook maar in die geringste verswaar en wat geleidelik aan die onvermydelike dood na hulle toe trek - wat vir die wat op eie wil berus, steeds toenemende blindheid is, wat, omdat hy by alle oneindige idees onmoontlik ooit tot `n doel kan lei, ten slotte in toorn ontbrand en die Skepper as `n gemene, humeurige knoeier afskilder en homself sodoende steeds meer verduister en dood, - is Ek dan wel so, soos wat jy My in jouself gevind het?!

[23] Leer die Vader daarom beter ken en erken hoe weinig Hy van jou verlang en hoe maklik daaraan voldoen kan word; staan daarna op en kom na My toe en sê My of Ek `n onbillike God en Vader is! Maar bring vir die oomblik jou hart in orde en kom tot beter gedagtes, want Ek is geen Vader wat Kain vervloek het nie! Begryp dit goed! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205