|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 51
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Jared se vreugde oor sy seun, Henog
51 En sien, soos wat Adam hom gebied het, gaan kyk Henog toe noukeurig na alles waarop Adam hom gewys het.
[2] Maar toe hy by die nabygeleë woning van Set kom, blyk dit dat hulle nog geslaap het en hy waag dit nie om hom te wek nie, omdat Set na Adam `n baie geseënde vader vir hom was. En toe hy vervolgens sy blik ondersoekend op die met sterre besaaide hemel rig om aan die sterkte van die oggendskemering die tydstip van die sonsopgang te meet, sien, toe kom Jared naby, seën vir Henog en sê vir sy seun:
[3] "My seun, kyk, ek kon laasnag van vreugde nie slaap nie, omdat jy in die oë van God soveel barmhartigheid gevind het! Want niemand, behalwe Set, sou uit heilige skroom ooit gewaag het om na sonsondergang die heilige woning van Adam betree nie. En jy mag nou selfs daarin woon! En dit nog te meer, omdat ons almal gister nog oog- en oorgetuies was van die onmeetlike barmhartigheid, wat hierdie woonplek vanuit die allerhoogste hoogte van God te beurt geval het!
[4] O my dierbare seun, sien, my vreugde is so groot, dat ek maar ten dele aan jou kan toon hoeseer my bomatige verheugde dankende hart daaroor in liefde ontsteek; ja, die gevoel kom in my op, dat ek elke boom liefkosend moet omarm en sy bas kus, ja, die sterre self lyk vir my vandag baie naby en adem my suiwer liefde tegemoet!
[5] O Henog, sien, ek is bevange deur vreugde en liefde en my tong sidder van saligheid, sodat ek nie meer in staat is om met jou te praat nie! Vertel my maar net wat jy reeds so vroeg uit die heilige woning van ons aartsvader gelok het!
[6] Want jy kan nie na buite gedrywe wees deur my verhinderde slaap nie! Want wat voor my staan is my vreugde en barmhartigheid, - jy is egter in die vreugde en die barmhartigheid; sien, dus moet jy deur `n hoëre wil gelei word! O Henog, my dierbare seun, verswyg aan my nie die heiligdom wat in jou hart gelê word nie; want wat jy in jou hart dra en waarna jy jou rig, is en kan nie gering wees nie! O verberg dit nie vir my, jou vader nie!"
[7] Toe die vrome Henog dit gehoor het, bly hy staan om sy vader vir sy seën te dank en liefkosend, sê hy die volgende:
[8] "O liewe vader Jared, jy ken jou seun immers, al wat syne is, is tog ook joune, omdat ek niks het wat ek nie tevore van jou ontvang het nie. En my liefde is van jou afkomstig en my vreugde is jou seën en deur my oë kyk `n siel vanuit jou en jou bloed stu deur my are en al my organe is vanuit jou. En so het jy my ook steeds oor God en Sy liefde onderrig en het jy my opmerksaam gemaak op Sy barmhartigheid en sien, daarom is my doen en late jou werk, deur die groot barmhartigheid van bo en alles wat ek doen is nie onbekend aan jou nie; maar sien, die een wat my nou uitgestuur het, is meer as jy of ek: Dit is ons aller aartsvader Adam! Waarom hy my hierheen gestuur het, moet in die eerste plek slegs hy weet, omdat hy onder ons almal die eerste op aarde was en omdat wat hy my toevertrou het nóg myne nóg joune is, maar slegs syne.
[9] Vandaar, my vader, sou jy dit ook nie vroeër mag vra nie, totdat jy dit van homself verneem het van wie dit is, sodat hy dit dan van bo af sal gee aan almal wat behoefte daaraan het.
[10] Spoedig sal hy na buite kom en dan sal jy by die sonsopgang ook alles te wete kom!"
[11] En terwyl Henog nog spreek, sien, toe kom Set ook al uit sy woning en kry beide in die oog. Hy gaan na hulle toe en seën hulle terstond. Hulle buig vol eerbied en dankbaarheid voor hom. Dadelik vra Set aan Henog waarna Jared ook reeds vroeër ingelig is, maar hy kry ewemin uit Henog as Jared. Set verwonder homself daaroor dat Henog so geslote was en Henog antwoord hom:
[12] "Vader Set, jy is `n geseënde seun en plaasvervanger van Abel en jy weet dat jy God en Adam tot vader het en jy staan hulle nader as ek en my vader Jared! Het hy jou nie al wat syne is, gegee nie, sodat dit nou ook joune is nie?! Maar as Adam my daarop uitgestuur het om dit wat hom na aan sy hart lê, uit te vind, sien, hoe kan jy dan van my verlang dat dit voor die tyd aan jou gegee word as aan hom, wie se hart my dringend versoek om dit vir hom byeen te bring, sodat hy dan in die môre iets sou hê om as vader aan julle almal te gee?!
[13] Sien, alles wat van my is, kan jy immers sonder voorbehoud kry, want dit was reeds lank tevore joune, voordat dit myne was; maar Adam het iets vir ons almal en sodoende moet hy dit ook as eerste ontvang, sodat hy dit vir julle en ons almal weer kan teruggee. Sien, die son gaan byna op, die maan snel bleek sy ondergaan tegemoet en die sterre verlaat die groot skoutoneel van die nag. Vader Adam staan al voor die oop deur van sy woning en wag met ongeduld op my; wees nog `n bietjie geduldig, dan sal julle dit weldra ontvang waarvoor ek so vroeg uitgestuur was om dit byeen te bring!"
[14] Na hierdie woorde verlaat Henog sy vaders en gaan vinnig na die woning van Adam. Hy werp homself voor die hut op die grond en dank My in die stof om ten slotte op te staan, omdat Adam hom geroep het. Eerbiedig tree hy die woning binne en doen noukeurig verslag van dit wat hy presies waargeneem het.
[15] En toe Adam dit vertroulik uit die mond van Henog verneem het, staan hy dadelik op en sê eers vir Eva: "Eva, my troue vrou, rus sag in God se barmhartigheid totdat ek terugkom; Henog sal my heen en terug begelei; reeds wag die kinders oral in die berge met ongeduld op my seën. En jy, my geliefde Henog, lei my op die heuwel in die rigting van die môre, sodat my seën nie later as die strale van die oggendson tot al die kinders op die berge sal kom nie. Dit geld ook vir diegene wat as herders die klein vlaktes tussen die berge bewoon; dat die Heer hulle in die diepte nog `n tyd lank mag verskoon van Sy streng oordeel! Laat ons nou voortgaan! Amen."
|
|
|
|
|