Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Emmanuel keur nie Methusalag se skyndank goed nie

140 Methusalag, sien hoe sy seun Lameg opgeneem word en verheug Homself besonder daaroor en daarop gaan hy na Emmanuel toe en dank Hom vir so `n groot barmhartigheid wat sy seun deelagtig kon word.

[2] Maar Emmanuel antwoord hom: "Waarom bedank jy vir dit waaraan jy geen deel het nie? Wag totdat jy aan die beurt sal kom; kom dan eers en bedank!

[3] Het jy nie jou seun aan sy mantel vasgehou, toe hy na My toe wou kom nie?! En dit sou jou plesier aangedoen het, as Ek hom sou afgewys het! Maar omdat Ek dit nie gedoen het nie en Lameg behou het, kom jy nou en bedank jy My in weerwil van jou hart!

[4] Sien, `n dergelike dankbetuiging is nie vry nie, maar noodgedwonge! Diegene wat vir My `n dankoffer wil bring, sy hart moet vry wees soos die liefde, omdat hy (die dank) `n bloeisel en `n vrug van die liefde is.

[5] Diegene wat op `n ander manier dank as wat hy liefhet, sy dank is soos `n holle vrug, waarin geen lewenskern huisves nie!

[6] Bring daarom eers jou hart in orde; kom dan eers en offer jou gawe, sodat Ek haar sal aansien en indien sy sonder enige smet is, haar ook sal aanneem! Amen."

[7] Hieroor word Methusalag bedroef en sê by homself: "O Emmanuel, met U is dit hard en buitengewoon moeilik om om te gaan; want U eis `n suiwerheid van hart van my, wat bo alles uitgaan wat die hoogste menslike wysheid ooit by magte was om te bedink!"

[8] En Emmanuel sê aan hom: "Methusalag, nou het jou hart waar gespreek en dit is meer werd as die ongeleë en wurmstekige vrug van jou dank!

[9] Waarlik, die wyse en verstandiges van die wêreld sal altyd baie las van My ondervind en hulle sal hulleself geweldig teen My stamp! Maar die kinders sal met hulle Vader speel en altyd en ewig sal die speelgoed vir die Vader aangenamer wees as alle ook nog so deftige wysheid van die origens besonder saaie wyses van hierdie wêreld!

[10] Begryp dit goed en gaan heen en doen netsoos wat ek jou aangeraai het! Amen."

[11] En Methusalag gaan heen en begin sy hart te ondersoek en vind dat sy so vol ongeregtigheid was, dat hy met afgryse daaroor vervul was en hy wou wegvlug en homself in die een of ander uithoek van die wye wêreld verberg.

[12] Onmiddellik versper Emmanuel hom die weg en sê: "Methusalag, jy wil My ontvlug en jou verberg vir My aangesig; Ek sê jou openlik dat jy in die hele oneindigheid geen plek sal vind wat verborge is vir My oë nie! Gaan jy na die einde van die wêreld, - waarlik, jy sal My daar vind!

[13] Ook al sou jy jou laat sink in die diepte van die see, dink jy dalk dat Ek dan nie daar aanwesig sal wees nie? O, jy vergis jou geweldig; sien, ook die skepsele in die see ontvang hulle voedsel uit My hand!

[14] Of waarheen wil jy vlug sonder dat Ek jou stap vir stap op jou vlug sou volg?!

[15] Sien, dit is alles vergeefs; bly daarom waar jy is en suiwer jou hart, sodat Ek jou dan kan help! Amen."

[16] En Methusalag bly en beween sy dwaasheid.

[17] In die loop van hierdie gesprekke, wat by alle kinders `n groot verandering in hulle harte bewerkstellig het, word die offeraltaar ook voltooi; en daarop was die hout ook reeds kruiselings neergelê en was `n lam as brandoffer toeberei.

[18] En nou nader Henog Emmanuel, vervul met vurige liefde en sê: "Heer, ons aller liefdevolle Vader, sien, alles is toeberei! Hoe wil U dit as sigbare teken vir die sondige vlees dat die offer aan U opgedra sal word?"

[19] En Emmanuel sê: "Die hout is neergelê netsoos dit hoort en die offerlam, netsoos dit betaam; maar Ek sien dat nog iets daaraan ontbreek! Gaan daarom, liewe Henog, en haal die ontbrekende vir My; want daarop is Ek die meeste gesteld! Ek sê vir jou, sonder dit sou die offer geen waarde hê nie; gaan daarom en kry dit vinnig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205