Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 114

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die ongeduld van Lameg. Die antwoord van Metusalag

114 En nadat Henog aan beide boonop nog aanraai het om baie besondere aandag aan elke woord uit Asmahael se mond te gee, gaan hy weer na vader Jared toe en wag daar op die teken om die reis na middernag voort te sit. Dit word egter nie so vinnig gegee nie, want die dag was warm en die rus in die koelte onder die breë en digte blare van die bahahania (ook wel bahania) geval die oue vaders maar al te goed.

[2] Maar die twee kon geen rus vind nie, - en Lameg in die besonder was `n rusverstoorder en begin baie spoedig weer te praat en sê:

[3] "Luister, vader Methusalag, wat was dit nou weer?! Wat wou vader Henog, vir wie ons tog nie vir `n verklaring gevra het nie, met hierdie woorde sê?

[4] Almal is nou so gespanne hier; elke woord is `n preek en die vader spreek so met sy seun asof die seun sy woorde nie werd sou wees nie, en aan die seun skyn die woord van Sy vader dikwels heeltemal te ontgaan of tenminste skyn hy dit nie te begryp nie. Sien, dit is by ons beide nou die geval: Vader Henog het gespreek, en altans ek, het ontsettend weinig daarvan begryp, behalwe dat ons onsself stewig aan Asmahael moet vashou en dat dit more vir ons almal duidelik sal word.

[5] Maar wat hy oor die klip gesê het en oor lewe en raad en oordeel, dit alles, vader, is vir my asof ek niks gehoor het nie.

[6] Het jy, vader, iets daarvan begryp, vertel dit dan vir my; as dit ewenwel net so met jou gaan as met my, dan bly daar vir ons dus niks anders oor as om baie rustig die voorbeeld van die grootvaders te volg en in die Naam van die groot God baie geduldig tot die dag van more te wag; dan sal dit wel blyk wat se ligbringende vrugte daar alles vir ons tevoorskyn sal kom. Dus vader, as jy dalk iets weet! Amen."

[7] En Methusalag antwoord Sy seun: "My liewe seun, wie jou op elk van jou vrae `n antwoord sou moet gee, die sou daartoe ook met tien tonge en eweveel longe voorsien moet wees; want jou lewe is niks anders as `n groot, uitgestrekte vraag nie, - en daar groei op aarde nou nog geen boom wat dermate so groot en sterk sou wees dat `n sodanige vrug tot rypheid daaraan sou kan kom wat `n toereikende groot antwoord sou bevat vir jou vraag!

[8] Wat moet ek sê?! Het jy dan nie, ten eerste, Asmahael se woord en daarna in my plek dit van vader Henog gehoor nie?!

[9] Dink nou eers in stilte daaroor na en as dit die wil van die groot Heer is, dan sal dit langsamerhand helderder, steeds helderder by jou word! Wat stel al ons hulp, wat stel ons lig voor, as dit nie alles van bo gegee word nie?!

[10] Alle menslike hulp dien tot niks en die menslike lig is niks anders as klinkklare duisternis nie. Wanneer mense mekaar help, dan beskadig die een slegs die ander; en as hy die andere wil verlig, dan verduister hy die ander maar net!

[11] Sien, reinig daarom maar in stilte en met vlyt die heilige liefdesvlammetjie in jou hart, dan sal jy spoedig kan omgaan met alle onbekende verligtende insigte; want `n goddelike vonkie is meer werd as die hele hemel vol sonne, mane en sterre van die mooiste en helderste soort!

[12] Wees daarom rustig en stil tot by die veelbelowende dag van more! Amen: Luister, Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205