Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die slang in die boom

115 Na hierdie woorde verstom elkeen se tong en elkeen dink min of meer na oor die gebeurtenisse van hierdie dag en loof en prys God in hulle hart vir sulke groot bewyse van barmhartigheid. En hulle wat Asmahael reeds herken het, hou ononderbroke hart, oog en oor op Hom gerig. Asmahael spreek intussen saggies met Abedam; maar van dit wat bespreek was, kon niemand iets verstaan nie.

[2] Na `n taamlik lang pouse gee Eva `n luide gil en wou vlug; want by die ietwat langer aanskoue van die mooi inmekaar verstrengelde takke en twyge van die boom, ontdek sy presies bo haar kop `n besondere groot luislang.

[3] Toe die vaders dit ook spoedig in het oog kry, spring hulle ook ylings op en wou met Eva vir die ongedierte vlug.

[4] Maar Asmahael versper hulle weg en gebied almal om te bly en hulle plekke nie te verlaat voordat Hy hulle nie sou laat weet nie.

[5] En almal begewe hulleself weer na hulle vroeëre plekke toe en het weinig vrees meer vir die ondier nie, terwyl hulle rustig wag op wat daar sou volg.

[6] Asmahael tree nader, omdat die slang homself heen en weer en op en neer slinger en wring, en Hy spreek haar aldus aan: "Dier van die toorn en die nag! Wat soek jy hier, jou vervloekte?"

[7] Die slang sis ten antwoord: "Diegene wat my ewig vervolg, sodat ek Hom ten gronde kan rig!"

[8] En Asmahael vra verder: "Wie is Hy wie jy van `n ewige agter­volging beskuldig en wie jou ten gronde wil rig?"

[9] En die slang antwoord: "Hy is God van ewigheid en Skepper van alle dinge, wat Hy aan my gegee het en Hy het swak geword, omdat Hy my heerlikheid gesien het, wat groter was as Syne, waarna Hy ontbrand het in die heftigste vuur van Sy toorn, en my vervloek het, my van my heerlikheid ontneem het om daarmee die skandelike wurms op die aarde te tooi, sodat hulle aan Sy beeltenis gelyk sou word; my daarenteen begiftig Hy met die ewige vloek en gee my hierdie aller skandelikste gestalte van `n wurm!"

[10] En Asmahael word sigbaar vertoornd en donder die slang die volgende woorde toe: "O Satan! Hoe immens groot is jou leuen en hoe onbegrens jou boosheid!

[11] Wanneer het Ek jou vervloek en vervolg?! Toe jy eiemagtig en uit eie boosaardigheid deur die ewighede heen voor My gevlug het en in die onaantasbare gebied van God se oneindige gewydheid gekom het, waarin jy vir alle ewighede vernietig sou word. Wie strek toe Sy lang en magtige arm uit, neem jou in alle liefde op en verplaas jou hierheen en wou jou volledig aan Homself gelykmaak?!

[12] Maar jou hoogmoed het ook daar die allerhoogste liefde van die ewige, almagtige, oneindig heilige, groot God versmaai! Jy het op skandelike wyse die huis verlaat wat deur My vir jou geskape was en wou My werk vernietig het, jou ellendige leuenaar, en My, jou God en Skepper, tot skande maak, jou bose Satan!

[13] Kyk daar! Adam, `n huis vir jou, leef nog sonder jou en sal ewig lewe en al sy nakomelinge ook; maar van nou af aan sal jou saad vervloek wees! Ek sal van nou af aan tussen jou saad en dit van die vrou `n onversoenlike vyandskap plaas en dit sal jou in die afgrond ten gronde rig; `n vrou sal jou kop vertrap en jou byt in haar hakskeen sal haar nie vernietig nie!

[14] En wyk nou terug en verdwyn! Amen."

[15] En dadelik verdwyn die bose ondier.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205