Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 63

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael spreek oor die Goddelike Woord

63 "En nou", sê Adam verder, "daar op Henog na almal geantwoord het en Henog vanselfsprekend reeds lank die lewende antwoord self is, laat ons ten slotte nog eens sien hoe Asmahael dit alles opgevat het; en sy antwoord sal die laaste en sekerste bewys vorm dat hy volgens die wil van JaHWeH waardig opgeneem sal mag word in ons vaderlike midde.

[2] En sê ons nou, Asmahael, hoe jy dit opgevat het en toon ons hoe jy dit van jou bestemde leraar begryp het; spreek daarom na die beste wete! Amen."

[3] En sien, dadelik begin Asmahael die volgende, baie gedenk­waardige antwoord te gee en wel so getrou soos wat dit aan hom deur My gegee word:

[4] "Geliefde vaders van die vaders van die aarde, dit was vir julle, kinders van die baie verhewe, hoogs heilige Vader te moeilik om die so wonderbaarlike woord van Henog te begryp en dit volledig te deurgrond vanuit die innerlike diepte van die wortel van die lewe! O vaders van die vaders van die aarde, hoe sou ek, nietige wurm in die stof, julle uitleg, - ja aantoon, hoe ver die oneindige homself met die eindige sou kan verenig, die dood met die lewe, die nag met die lig, die aarde met die son, hoe die tydelike met die ewige en hoe die skepsele met God!

[5] O vaders van die vaders van die aarde, wanneer ek dit sou kan doen, waarlik, dan sou die aarde nie net oordag spaarsaam verlig word deur slegs één enkele son nie; o luister, met elke woord, met elke geluid van die tong sou dan leërs sonne ontstaan, wat almal die aarde baie vreugdevol omsirkel!

[6] O vaders van die vaders van die aarde, ek bedoel, die mag van sulke woorde en eweneens die uiteindelike begrip daarvan staan hoër, oneindig baie hoër as ek, `n aan die dood en die nag nog maar nouliks ontrukte slaaf, die grootste van die wonders, `n wonder van die wonders, reeds deur die woord sou kan onthul!

[7] Ek het baie dikwels baie wyse dade deur diere gesien plaasvind; die dinge was werklik so verbasend, wat mense, ondanks vlytige inspanning nie tot stand sou kon bring nie; maar woorde om dit te benoem wat hulle doen, o luister, - woorde, die wonder van die wonders, kon my luisterende oor nooit van die tonge van die mees wyse diere hoor nie!

[8] Toe dink ek: Die wysste daad kan nooit die lewe aan die lewe van die lewe bekend maak nie! Want dikwels sien ek spinnekoppe midde in die mees gedurfde web sterwe, - ja selfs in die groot paleise van die magtige stede van die diepte hou die dood dikwels `n baie yslike oesfees!

[9] Ja selfs mense kan aan ander mense, sonder die gebruik van woorde, moeilik meer van die lewe toon as `n klip aan `n ander klip!

[10] Dog woorde, o luister, die woorde stam af van die lewe, dit toon ons wederom die lewe! En kon die lewe oorspronklik homself anders as enkel en alleen maar in die Woord bevind?!

[11] In die Woord is lewe; die Woord is die lewe en God is die Woord en die lewe. Die lewe vind homself slegs in die Woord en die Woord moet immers, ewig van God homself verwekkend en homself as lewe van lewe vind, baie kragtig gespreek het en ook alles so uit homself gevorm, oneindig is dit geskape!

[12] O vaders van die vaders van die aarde, wanneer ek nou deur Henog die baie magtige heerskappy van die Woord ondervind en deur die Woord alles in my omvorm word, o, dan vra ek nie meer na lewe nie! Voorwaar, dit het ek tog immers reeds in die Woord gevind; en vir wie hierdie getuienis van die lewe nie voldoende is nie, o vaders, hy sal waarskynlik nooit `n ander vind nie! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205