Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die swyg van die liefde

98 Na hierdie bekentenis van Adam staan ook Set terstond op en wil begin spreek; maar Asmahael gee hom `n teken, dat hy moes swyg en voeg daaraan toe:

[2] "Set, weet jy dan nie dat die ware liefde stom is en die wysheid slegs dan die woord voer, wanneer sy uitgenooi word om te spreek om ander te help nie?!

[3] Het jy liefde, swyg dan met jou mond en spreek slegs in jou hart; en het jy wysheid, laat dan eers iemand jou daaroor vrae stel en as dit gebeur, spreek dan met weinig woorde en spreek vanuit jou hart, oor dit wat die vraer sal help, en nie vanuit jou verstand nie!

[4] Dit is egter onvergelyklik baie beter om te swyg, jou oor dig te hou en ook jou oog te sluit, as om onophoudelik deur te babbel en te borrel soos `n waterval en jou oor te luister te lê op die hoek van al die strate en jou oog soos `n swaeltjie heen en weer te laat skiet.

[5] "Vir die mond drie sake, vir die oor sewe en vir die oog tien!" is immers julle wyse reël; waarom dus oorvloedig spreek, - in plaas van sewe, vir die oor duisend, en vir die oog ontelbaar?!

[6] Maar Ek weet, Set, wat jy wil sê; hou dit vir jou en julle sal sien dat die son môre soos gewoonlik op die vasgestelde tyd sal opgaan!

[7] En laat al die origes dieselfde doen! Niemand sal die ander `n woord opdring nie, maar wie iets wil weet, laat hy homself wend tot iemand met `n besonne hart; dit wil sê `n hart wat altyd die stem van die ewige liefde in haarself hoor en die woord van die lewe uit God goed begryp, op die oomblik dat dit nodig is om iets mee te deel. Wanneer `n dergelike woord dan, seldsamer as die goud van die aarde, uitgespreek word, is dit tyd om die oor en die oog van die hart te open; hoor dit en begryp dit goed!

[8] En nou, kinders wat daar woon, waar Adam staan voor sy woning wat die ondergang van die son sien, staan op, wees vry en getrou en met `n opregte hart voor God, voor julle vaders en voor al julle broeders! Ontvang die seën van Adam; doen vandag en môre wat dit julle volgens God se wil gevra is en word kinders van die opgang en die liefde, maar geen kinders van die ondergang en van die nag van die dood nie!

[9] Laat die gebied wat julle bewoon voortaan gelykstaan met die van die môre, die middag en die middernag; want in die toekoms sal slegs die gebiede van die hart aangesien word en die gebiede van die aarde sal heeltemal buite beskouing gelaat word! Amen."

[10] Toe Adam dit van Asmahael verneem het, nader hy Hom met die allergrootste innerlike eerbied en vra Hom:

[11] "O Asmahael, sal dit my nie as `n sonde aangereken word, as ek na U hoogs seënvolle woord nog my niksseggende seën sou uitspreek oor die kinders, wat U met U lewende woord aangeraak het?

[12] Waarlik, nou kom vir my, my seën wat ek wil gee, voor asof ek water na die see wil dra om dit daardeur te vergroot en te laat toeneem!

[13] O Asmahael, wees my barmhartig en betoon erbarming! Amen."

[14] Asmahael antwoord Adam: "Luister Adam, as jy so daaroor dink, doen dan uit My Naam soos jy goeddink en wees daarvan verseker, dat die see geen leed daardeur aangedoen sal word nie; maar weet, dat elke gawe die gewer meer baat as die ontvanger!

[15] As jy die see laat toeneem met een druppel, dan het jy jou hart verkwikkend ontlas en die see sal jou dankbaar wees ook vir die een druppel! Want ek sê jou, jy ken nóg die druppel nóg die see; maar indien die goeie gebruik dit verlang, doen dan in jou hart wat jy verplig is en bekommer jou nie oor die see nie! Hy wat die druppels van die see getel het, sal jou druppel nie buite beskouing laat nie!

[16] Seën daarom in elk geval maar jou kinders en dan sal Ek My seën nie terugneem nie! Amen."

[17] En Adam gee dadelik gevolg aan die heilige Wil van Asmahael en word vol van vreugde.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205