Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 111

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael bring vir Metusalag en Lameg na die geselskap

111 En net so verbaas was alle andere ook en het nie geweet wat hulle daarvan moes dink nie. Maar toe Adam Henog se twee nakomelinge, deur Asmahael begelei, op die geselskap sien afkom, vra hy aan Henog:

[2] "Wie het die twee hierheen laat kom, terwyl ek nie wou gehad het dat hulle met ons moes saamgaan nie, omdat die een te onverskillig is en die ander te onbetroubaar is en geen erns ken nie?"

[3] Henog antwoord: "Sien, vader Adam, dit was `n daad van vaderliefde van Jared uit my naam, maar in hoofsaak egter van Hom wat in hulle midde loop en hulle na ons toe bring!

[4] As jy Hom egter ken, hoe durf jy dan vra wat die Heer doen?!

[5] O verheug jou met my, dat die grote God so `n groot vreugde doen aan hulle wat gering is vir die wêreld en die kleine met welbehae aansien en diegene vinnig te hulp snel wat swak is in ons oë!

[6] O geloofd sy daarom vir ewig ons grote, meer as heilige God en Vader! Amen."

[7] Adam word tot trane geroer en dank, loof en prys My uit die diepste van sy nou heel vertederde hart.

[8] Asmahael het intussen Sy beskermlinge na die vaders toe gebring en rig die volgende woorde tot hulle almal:

[9] "Luister almal, die wat in liggaam en gees en in liefde en geloof hier aanwesig is, maar veral moet diegene dit aanhoor, wat onderskeid maak tussen hierdie en ander, en sê: "Dit is my liefling; want hy gehoorsaam altyd my hartewens. Sy lewe is waaragtig uit my, omdat dit volkome in verhouding is tot my wil!" Maar oor die ander sê julle: "Die kind, of hierdie mens wil en kan ek nie liefhê nie, omdat hy hom nie gevoeg het volgens die verlange van my hart nie en my wil vir hom vreemd is, en hy nie presies ag slaan op dit wat my welgevallig is nie! Begeer ek rus, dan spring hy op en af; wil ek `n tog aanpak, dan loop hy voor my voete in; maar as hy moet praat, dan swyg hy, en wanneer hy moet swyg, dan praat hy; wanneer hy moet loop, dan gaan lê hy; en wanneer hy moet wakker wees, dan slaap hy in en kom daarna tevoorskyn met louter gebabbel oor Sy drome!" En volgens hierdie maatstaf veroordeel julle ook diegene wie se gesig jou nie aanstaan nie en verban hulle daarom uit julle harte, omdat hulle nie beantwoord aan julle eieliefde nie. Sien tog in, hoe verkeerd julle oordele is!

[10] Maar as God `n mens laat ontstaan, laat Hy hom dan ontstaan tot `n vloek of tot `n seën?

[11] Het God ooit `n onderskeid tussen mense en mense geopenbaar, behalwe tussen die biologiese geslagte? Of het Hy julle daaroor ooit die een of ander gebod laat afkondig waarmee te kenne gegee word: Die kinders en die mense wat hulleself nie so ontwikkel het, soos dit julle eieliefde aanstaan nie, die kan julle verag en alleen diegene liefhê en ag wat geen ander wil hê nie as alleen die wat in julle harte heers?!

[12] O sien, as julle sonder `n gebod so daartoe handel, hoe kan julle dan die slawerny in die diepte vervloek, wat `n wanordelikheid van die duister is, uit julle ontstaan, en intussen julle eie kinders tot slawe maak?!

[13] "Is Ek", so spreek die Heer, "dan nie ook Vader van julle kinders, netsoos wat Ek dit van julle is nie?!

[14] Het Ek dientengevolge dan heeltemal geen eie reg, om ook die kinders `n eie vrye wil te gee nie?! En as Ek dit gedoen het, waaroor julle julleself vererg, is Ek dan ook nog verskuldig om aan julle rekenskap af te lê?!

[15] Aangesien julle ouers reeds geen rekenskap aan julle kinders hoef af te lê oor wat julle wil nie, hoe kan julle dan wel so-iets van My verlang? Ek, wat julle almal tog met dieselfde liefde omring, maar dan nie netsoos julle nie: die een meer en die andere minder of ook wel glad niks nie?!

[16] Wys My `n plekkie aan op die oppervlak van die aarde waar nog nooit `n druppel reën of `n straaltjie sonskyn geval het en waar die een druppel minder nat sou gewees het as `n andere!

[17] Waarlik, dit sê Ek vir julle: Daar bestaan geen harder diensbaarheid as die van die onbuigsame eiesinnigheid nie, waarby slegs met die eieliefde rekening gehou word en waarby alle ander so moet wees dat hy homself moet oorgee aan die wil van `n enkeling!"

[18] Maar omdat die heilige, ewige, mees wyse en liefdevolle Vader elkeen `n eie vrye wil gegee het, net soos `n eie hart, is dit dan nie onredelik as die ouers nooit as te nimmer rekening gehou het met die vrye lewensuiting van sy volwasse seun nie?!

[19] Ek sê vir julle, alhoewel dit vir die seun beter is om sy lewe lank sy vader te gehoorsaam en in niks teen hom wederstrewig te wees nie, is dit besonder verstandig van die vader as hy Sy seun vanaf Sy geboorte in so `n rigting lei, dat hy voortaan in staat sal wees om selfstandig en vry te handel en daarna as vry mens uit eie liefdesdrang weer na Sy vader terugkeer en aan hom sê:

[20] "O vader, Sien, U seun het gekom en wil u op die hande dra!"

[21] Sê My, is dit nie meer werd as dat jy aan jou kinders moet sê: "Kom hier en lei my!" en jou seun kom dan en voldoen aan jou verlange, maar sou nie gedurf het om te kom as jy hom nie geroep het nie?!

[22] O, kyk hoeveel onderskeid julle nog onder mekaar maak en hoe weinig julle nog lyk op Hom wat julle so graag tot Sy ewige kinders wil maak!

[23] Kyk net na die blare van hierdie groot boom, wat julle almal beskerm teen die skerp strale van die son en dink net by julleself na, welke blaar meer werd is as die ander!

[24] Julle sal sê: "Of hulle nou onderaan of boaan sit, dat maak nie saak nie; maar as die blare `n goedsmakende spys sou wees, dan sou die groter meer wees as die kleine!"

[25] So het julle dit dus geskat; maar wat was dit in julle wat die skatting gemaak het? As julle eerlik daarvoor opkom, kan jy dan niks anders sê nie as: 'Ons eieliefde, wat baie wil geniet!', sonder om ook maar in die minste rekening te gehou het met die Skepper, of Hy miskien in die kleinste blaartjies `n gewigtiger bestemming gelê het as in die grotes, wat julle buike meer geval?!

[26] As jy `n leer maak, waarom maak jy dan die onderste sporte dikker as die boonste?

[27] Ek sê vir julle - wat reeds aan julle bekend is, - dat die onderste sporte nie doelmatiger is as die boonste nie, ofskoon hulle swakker is as die onderste en van hulle af na boontoe gesien, ver verwyderd is; maar as jy dan jou leer teen die boom plaas, kom dan nie juis die dunste sporte in aanraking met die vrug nie?!

[28] O waarlik, Ek sê vir julle: So sal ook Ek `n leer maak uit mense en wel `n leer wat Ek teen die boom van die lewe sal plaas en wat vanaf die aardbodem tot in die hemel van alle lewe sal reik! Gelukkig sal die sporte wees wie Ek vir die boonste sal neem; want hulle alleen sal die lewe bereik, terwyl die stewige sporte onder alle laste sal wag, op wat daar aan lewe in die diepte omlaag gewerp word!

[29] Begryp dit goed en lei julle kinders nooit volgens julle eieliefde nie, maar volgens die goddelike vryheid en liefde! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205