Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 42

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Kenan se gesang oor die tien pilare

42 En nadat Set die kort, met min liefde, opmerking uitgespreek het, sien, toe kom hierdie drie nog vir Kenan, Mahalaleël en Jared teë en begroet hulle in alle liefde en dank My vir die barmhartigheid om hulle weer te gesien het, en Set seën hulle almal in My Naam, sodat hulle kon en mag spreek voor die aangesig van My liefde en voor die aangesig van Set, die tweede stamvader van die baie geseënde lyn uit Adam, waaruit Ekself ten slotte in die groot tyd van die tye afgestam het, toe Ek liggaamlik op aarde was.

[2] En toe hierdie drie die seën ontvang het, voer Kenan eerste die woord en sê: "Liewe vaders en kinders, hoor en begryp my uiteensetting goed; want ek sal julle dit so getrou weergee soos ek haar in `n nagtelike visioen ontvang het. En die droomgesig beeld tien pilare uit en hierdie pilare steek bo `n groot water uit, wat dikwels geweldig teen die pilare opslaan. En op die eerste pilaar staan Adam en hy spreek tot die waters: "Luister kinders, God, die Heer Sebaot, die magtige, heilige Vader van alle, deur my verwekte kinders, is `n enige God! Soos Hy my tot die enigste mens van die aarde gemaak het, so is Hy vanaf die ewigheid `n enige God en daar is buite Hom geen ander God meer nie; want die oneindigheid is van ewigheid tot ewigheid heeltemal vervul met Sy eer, gewydheid en liefde. Daarom glo, julle watervloede, dat die Heer die enigste, groot, ewige, almagtige, heilige, regverdige, hoogste wyse, mees liefdevolle, genadevolle, barmhartige, bowenal goeie en bo alles verhewe God is en daarom ons aller Vader. Wees daarom rustig, julle monsteragtige branders en word helder, sodat die lig van hierdie enige God julle sal deurskyn tot in die grond van julle lewe! Amen."

[3] En sien, toe word die branders om die pilaar van Adam rustig en uit God se hoogte straal `n geweldig lig op die spieëlgladde oppervlakte van die waters neer; toe begin die oppervlak te skitter soos `n son en uit die diepte van die waters rys `n eenstemmige lofsang op, wat homself soos `n verligtende wolk losmaak van die waters en steeds helderder stralend opstyg na die ewige, heilige hoogtes van die almagtige Vader, wat die een en enigste God is.

[4] En luister verder, liewe vaders en kinders, na wat ek gesien het in my nagtelike gesig, weliswaar nie met my liggaamlike oë nie, - maar met geestelike oë het ek dit vol verrukking gesien!

[5] Nie ver van die pilaar van Adam nie, het daar een gestaan wat byna netso verhewe was. Die monsteragtige golwe durf hulle flikkerende koppe nouliks te ver verhef tot die verhewe pilaar en draai dan vol eerbied sag skommelend om hierdie verhewe pilaar heen asof hulle wil sê: "Kyk, sterflike mens, sien die Naam van die Hoogste, wat gewyd en liefdevol "JaHWeH" heet! Nooit mag hierdie Naam deur sondige tonge ydel uitgespreek word nie; want die Naam van die heilige Vader is gewyd, baie gewyd, die mees, mees heilige! O mense, o kinders", roep die ronddraaiende golwe, "bedink, o bedink, aan wie hierdie Naam behoort! Bedink dan in julle hart, dat dit God, ja `n God is aan wie hierdie Naam behoort!"

[6] En sien, toe ek vol verbasing dit van die sag skommelende, woelige golwe verneem het, kon ek eers, vervul van vrees, my verbaasde blik na die bokant van die geestessuil ophef en ek sien – o, ek kan nie beskryf hoe warm en tog hoe salig dit om my hart geword het nie! Ek sien op die glansende hoogte van die pilaar, jou, dierbare vader, jou, Set, sien ek staan, met `n ernstige gesig! En jy spreek tot die sag skommelende golwe wat ek ewe tevore gespreek het wat ek van hulle getrou verneem het, en ek was vol geloof en luister asof ek dit van die skommelende golwe verneem wat jy gesê het daar op die heilige hoogte vir die heilige pilaar in die sagte gewieg van die daaromheen vloeiende golwe; en soos ek gespreek het, so het ek dit gesien.

[7] En luister nou verder, dierbare vaders en julle, ons altyd gehoorsame kinders, luister ook! So sien ek verder, nie ver van die pilaar van Set wat omgewe was deur verligtende golwe, die derde pilaar; hy was deur `n rooierige lig omgewe, meer verhewe as al die ander; en alle branders wat vinniger en vinniger om die ander pilare slaan, staan hier stil en stomend, deur eerbied en deur liefde gedryf, hef hulle uit hulle sag trillende rimpels vir die Heer en ewige heilige Vader, `n vurige loflied aan.

[8] Ek wou naspeur waarheen die weg van die vurige dampe wel sou kon voer, - en sien, my oë, byna verblind deur die glans van verhewe gesange wat so opstyg uit die rus van die suiwerste waters, aanskou op die heilige top van die derde pilaar, deur glinsterende wolke omgewe, die derde van julle, liewe vaders, en dit was Enos!

[9] Ja jy, vader Enos, jy staan op die derde pilaar en spreek met vlammende woorde tot die stil luisterende branders: "O luister, al julle waters van die aarde; verneem die woorde uit die hoë en hoor die toon van die heilige spraak! Jy kan ses dae en nagte in vrolike rye stroom en wieg; maar, as die sewede dag gekom het, geseënd met die heilige rus, die Sabbat van die Heer, `n heilige dag, luister, dan moet julle dit ook altyd vier vanweë die verskuldigde lof en prysing aan die heilige Vader! Want dit is ooreenkomstig die ewige ordening, dat alles wat die lewende asem uit God asem en die liefde van die ewige, heilige Vader in sy liefhebbende, denkende hart ondervind, die rus en die plegtigheid van die heilige dag gedenk; want dit is te alle tye die allergewyde Wil van die heilige Vader: Ses dae kan alle waters arbei, kan hulle met ruisende teue stroom en wieg; maar die heilige rus moet op die heilige Sabbat swewe soos vurige wolke oor die swygende, luisterende branders, uitnodigend tot die fees!"

[10] En luister, liewe vaders en volgsame kinders, dit wat ek julle hier vermeld het, het ek so getrou en presies ontvang.

[11] En luister nog verder met die wil tot geduld, geliefde vaders en julle ook, kinders wat ons liefhet, na wat ek voorts nog met verbysterde geestesoog en watter wonderwerke van die goddelike liefde en die verligtende barmhartigheid volgens eer en gewete gesien het! O vaders en kinders, soos julle my nou vol trillende vuur sien, om my visioen vir julle te vertel, ja waarlik, so staan ek daar in my visioen as vierde op `n iets minder verhewe pilaar omgewe deur `n rooierige lig; net soos die drie eerste pilare was hierdie na alle denkbare rigtings omspoel deur opgetoë, kringende branders. Vol verbasing oor `n dergelike skielike verhewe plek, wat ek daar net soos die vaders ingeneem het, bemerk ek vol treurigheid, dat die golwe wat langs die pilaar stroom steeds donkerder en stormagtiger word en op talryke plekke vol brandende ywer, met rustelose skuimende koppe wat lyk soos rokende berge, hulleself hoog bo die pilaar, waarop ek staan, verhef. Ek was vervul met sorge en kommer; die golwe was soos kinders wat sonder gehoorsaamheid in hulle hart hulleself vol boosheid beywer het om die pilaar van hulle vader en dus ook van hulle moeder te laat ineenstort en dit in sy val met belasterende tonge te hoon en met stampende voete te trap, waaraan massas dodende stof van die swartste ondenkbaarheid gekleef het.

[12] En toe ek dit `n tyd lank met bloeiende hart aanskou het, verhef `n hewige storm homself skielik, wat die pilaar omwerwel, soos `n orkaan en woed oor die skuimende koppe van die golwe wat so hoog soos berge was. En sien, die heftige storm wat die pilaar omwerwel hou nie lank aan nie, en die gewoel van die woedende golwe, gedwing deur die streng mag van die orkaan, kom tot `n geseënde rus, sodat slegs hier en daar nog `n sporadiese, sagte gemurmel te sien is, van die tot volledige rus gewillig, gladwordende rimpels van die groot watervlak wat die verligte skyning vanuit die asemteug wat uit die goddelike mond stroom, nie onaangenaam onderbreek het. En toe die magtige liefde van die ewige, heilige Vader se seën die rus met sulke verbasende middele getrou tot stand gebring het, ontspring daar terstond `n heerlike klank vanuit my mond. En luister, hierdie klank klink soos heilige woorde wat uit die liefhebbende hart van die heilige, ewige Vader vloei vanuit die hoogtes van die hoogtes uit die oneindige, skitterende sfere van die ewige lig van die ligte, en hulle klank hulleself welluidend baie ver uit in oorvloedige, glansende strome oor die eindelose luisterende vlaktes van die groot waters, en soos ek dit verneem het, gee ek die gewaarwording van so `n heerlike klank van die goddelike stem getrou weer. Die sin en betekenis daarvan spreek homself op die volgende wyse baie mooi en wonderlik uit:

[13] "Luister", so spreek die heilige stem, "julle vloedstrome wat slegs wil woed, gehoorsaamheid en liefde is julle, sidderende branders, aan die pilaar van Kenan verskuldig en nog lank sal julle die dooie en bestendige splete van die treurende aarde bevogtig; dog wee die skuimende brander wat homself in veiligheid wil bring, as hy homself ooit bo die verligtende pilaar van Kenan sou verhef!

[14] Hoe hoog die branders homself ook sou wil verhef, Ek sal hulle deur die ewige krag van My toorn en brandende gramskap plotseling verhard en verstyf tot ontoeganklike berge tot `n tydelike, asook `n ewige geestelike kwelling in die brandende poel van My ewige vloek!

[15] Dog die heeltemal rustig gehoorsame vloed sal spoedig tydelik en ewig oorgaan in die deining van die lig van die ewige liefde van die heilige Vader van die vaders geseënde, opgewonde, vrolike vloede, wat vloei na die seën van die ewige lewe vanuit My erbarming!

[16] Verhef julle dan steeds bo die heilige, verligtende pilaar van Kenan. Dit is die wil van die ewige, heilige Vader van die vaders en regter van die woedende branders van die see van die lewe in eindelose geledere en vurige strome vanuit God!" Sien, geliefde vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders, soos ek dit vertel het, so getrou en waaragtig het ek dit ook met my innerlike oog gesien vol verwondering en vanuit die hoogte bestuur deur die ewige liefde in God en uit God!

[17] En luister nou verder wat se wonder van goddelike Liefde ek vol verbasing in die gees gesien het, asof sulke seldsame dinge vir my duidelik siende, wyd oop oë van my vleeslike liggaam voorgekom het!

[18] Ek staan nog op die verligtende pilaar en kyk nou ietwat verder na die vyfde pilaar; en luister hoe verbaas ek was oor die nuwe ontstane wonder van die goddelike liefde van die ewige heilige Vader!

[19] Die pilaar was van die voet tot aan die top in duisternis gehul en die golwe wat haar met heftige rukke omspoel het, lyk om hulleself, soos gloeiende erts wat in toorn ontbrand het, te pletter te loop; daar weerklink en tol die dood deur die gloeiende dieptes van die woedende waters en golf na golf verstar, aangegryp deur `n gloeiende grimmigheid.

[20] Ek kyk in die nagte van die tierende dieptes van die dood en sien daar dinge - o, luister, `n mens se tong sou eerder verstar as om die gruwels van die woedende, heeltemal met die dodende toorn deurgloeide golwe weer te gee!

[21] Toe ek met my geopende geestesoog in die hart van die vleeslike siel voldoende lank daarna gekyk het; hef ek my oë met beklemde hart op na die top van die donker pilaar en sien daar, o luister, julle, Jared, die seun van my seun Mahalaleël se eerste geseënde liefde, in volle erns met `n na bo gewende gelaat om liefde smeek tot die ewige, heilige Vader vir die in woede ontsteekte en onderling botsende, wurgende, mekaar vernietigende branders!

[22] En toe jy, my Jared, so smeek, stort daar opeens vanuit die wyd geopende hemele `n ryklike vloed van erbarmende liefde neer op die vuurgloed van die dodende woede verstarde, skuimende golwe. O luister, toe bruis en suis die verstarde vlakte van die met die dood gevulde see opnuut, toe begin die deur die dood reeds versteende branders hulleself weer bevry van hulle bitter verharding en vloei soos broeders en susters, mekaar sag omgewend en wiegend en rimpelend, mekaar deurdringend en helpend, tevrede in die deur die ewige liefde opnuut deurwarmde arms en harte.

[23] En toe ek dit gesien het, word daar opeens deur magtige hande `n vlammende swaard in die bewende hande van die smekende Jared geslinger, wat dit behendig opvang en dit volgens goddelike beskikking so ver swaai as wat maar moontlik was; en toe dit gebeur het, kon ek die duidelik verstaanbare woorde hoor:

[24] "Jy aardse, trouelose oproerigste van die golwe, waag dit nooit om `n kind van die ewige liefde, geskape wese te dood nie; want Ek is die Heer van die lewe, sowel as van die dood! Wie ooit met `n toornige hart sy broeders en susters sal doodmaak, sal ook baie sekerlik meteens met die straf van die dood van die gees en siel bestraf word. Daarom sal niemand die ander trap, nóg slaan, nóg vloek, nóg vermoor, nóg doodmaak; want Ek is die Heer en die magtige God, van die lewe, sowel as ook van die tydelike en die ewige dood!"

[25] En hoor en sien, geliefde vaders en ook julle, ons beminde kinders, soos wat ek dit nou getrou en waar vertel het, so het dit ook gebeur van teken tot teken, van woord tot woord.

[26] En toe ek dit verneem en duidelik gesien het, wend ek my blik meteens na die sesde pilaar en sien daar, o luister geliefde vaders en ook julle, ons beminde kinders; die bang tong van Kenan is huiwerig om voor julle vraende oë die verskriklike gruwels te vertel, wat ek, julle Kenan moes sien terwyl dit gebeur en wel by die sesde pilaar.

[27] Ek sien die pilaar omstroom deur bloed en afskuwelike slyk en in plaas van die andersins vreugdevolle branders wat die vorige pilare omsirkel het, luister, kruip hier, die afgryslikste, afskuwelike, en skandaligste drake en wurms rond, wat nie voorstelbaar is nie.

[28] En luister, selfs die pilaar, die heerlike pilaar, was soos geeneen van die ander, van die voet tot aan die top bevuil en besoedel met die bloed van die skande van die skandalige, verskriklike drake! Dikwels kruip die drake omhoog selfs tot aan die top; ook gaan massa na massa omhoog, sodat niemand die heerlike merkteken van die goddelike wil sou kon sien nie.

[29] Sover die geestesoog ook maar kon reik, kon dit egter niks anders as hope en hope waarneem en sien hoe hierdie hordes drake mekaar in hulle gruwelike ywer vermorsel om daarna weer verenig te word tot groter drake. Dan kruip hulle, draaiend en krommend oor die ander, reg op die met slyk oordekte pilaar van Mahalaleël af, omstrengel dit tot onderaan die top en wil haar daar heeltemal die goddelike vorm ontneem, waardeur die heilige Wil van die ewige, heilige Vader bekend gemaak sou word aan die vreedsame branders van die groot waters van die lewe in die eindelose seë van die heilige liefde in die hart van die ewige, heilige Vader.

[30] Maar luister, wat daar volgens waarheid verder gebeur het! Opeens klink `n gedreun in die gloeiende hemele; die son verdoof en ook die maan kon nie meer sag haar skynsel van haar trou skenk nie, ewemin die sterre; wat in tallose menigtes val uit die purper deurgloeide hemel.

[31] En luister, toe dit gebeur, begin ontelbare dooies uit alle dieptes van die stinkende slyk te kla, te kerm en te sê: "O bedek ons, julle gebroke sterre, sodat ons die gelaat van Mahalaleël nooit sien nie; want hy het in die Naam van die ewige, toornige God soos `n vurige gesel tot ons gekom om ons ellendige drake te slaan, omdat ons sy hoë en heerlike pilaar omstrengel het!"

[32] En luister, toe dit in die duister dieptes van die dood ontstaan het, bars die hemele en uit die geopende skeure word geweldige strome goddelike vuur oor die pilaar van Mahalaleël gestort.

[33] Maar Mahalaleël, verlig deur die Gees van die Heer, sê: "Luister, stinkende golwe in drake-gedaantes, die liefde van die Heer is ewig en gewyd en rein; daarom sal ook julle geen onreinheid bedryf nie!

[34] Die tyd, `n heilige vuur uit die hemel, het aangebreek om julle stinkende drake met die ewige vuur van die toorn te was, as julle julle nie voor die tyd skoonwas tot vreedsame, met liefde en barmhartigheid deurligte, vreugdevolle golwe nie.

[35] Toe onder voortdurende bliksem en nou begelei deur heftige gedonder, hierdie kragtige woorde uit die vurige mond van Mahalaleël vloei, o luister, toe begin die hope en massas drake te versink en toe hulle op `n effe vlakte gelyk was, vloei die skandelike, walglike vorms vonkspattende erts in die sombere stewige smede, hier in -, daar deur - en gaan ook skitterend uiteen in aanvanklik nog troebel, dog geleidelik aan steeds helderder wordende golwe en vreedsame vloede.

[36] En luister, aldus was die orde, die heerlike orde spoedig opnuut weer herstel en na die herstel van die goddelike ordening laat ek my oog gretig rondgaan in die eindelose verte oor die witagtige vlaktes van die groot, nou heeltemal rein geworde waters en sien dat daar nêrens meer hope en massas hulleself verdring nie, en sien dat slegs hier en daar donkerder golwe die ligteres benader en dan in die buurt daarvan self helderder en helderder, ja ten slotte self heeltemal verligtend word en ek sien verder nog, nadat ek my ondersoekende oog afgewend het van die eindelose vertes van die wiegende vlaktes van die groot waters en op die pilaar van Mahalaleël gerig het, dat dit, baie lieflik gereinig van al die bloedige skande, `n witagtige ligglans gehad het, omgewe deur bevallige kabbelende, stoeiende, verligtende golwe.

[37] Luister Mahalaleël, jou sien ek toe kniel en die Heer, die heilige Vader van die verligtende golwe dank; en sien, elke woord wat aan jou sidderende lippe ontspring, dankend die Vader van die ewige liefde, vlieg na omhoog soos `n stralende son na die ewige hoogtes van die ewige, heilige Vader!

[38] En luister, julle geliefde vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders, soos ek dit gesien het en volgens waarheid gehoor het, so getrou en waar gee ek dit aan julle weer!

[39] En omdat julle dit nou gewillig in julle harte opgeneem het, hoor my, Kenan, se verdere verhale oor die nagtelike wonder van die groot liefde en helder stralende barmhartigheid van die ewige heilige Vader!

[40] Nou luister, toe ek dit alles voldoende in die stralende lig van die barmhartigheid, uitstromend van die ewige hoogtes van die heilige God en Vader van die liefde en alle vreedsame, verligtende golwe, bekyk het, het my oog opeens op `n heeltemal rooigloeiende sewende pilaar geval; en Henog, die vrome, eerlike Henog het byna swewend op hierdie gloeiende pilaar gestaan.

[41] Die golwe omspoel met arglistige bedrywigheid die hoog, in die vlammende lug opstygende pilaar van Henog. Maar my geestesoog verbaas homself nie te lank oor die aanblik van die sonderlinge beeld nie, omdat ek spoedig gewaar begin te word, dat onder die arglistige vloede, gedeeltelik deur die slik van die bodem bedek, daar vreemde, geroofde, gesteelde waters hulle op gruwelike wyse geboei bevind.

[42] Daar was waters van liefde en waters van barmhartigheid, en daar was waters van die lewe en waters van die lig en voorts nog waters van alle denkbare soorte; en al die tallose waters, - luister! - was soos deursigtige stene met gloeiende bande van die skandelikste, suiwer eieliefde vasgemaak.

[43] En sien, julle vaders en kinders, hoe die mees liefdelose rowery en stelery gebeur het; luister, soos ek dit gesien het, sal ek dit aan julle verkondig: Daar verhef hulleself massas deur diefagtige ywer gedrewe, bevallig lykende wolkies uit hierdie so boosaardige, golwende vlakte van die groot water, waarmee die pilaar van Henog na alle denkbare rigtings onoorsienbaar ver omgewe was. Die wolkies vlug weg, ver oor die grense van die gebied van die pilaar waartoe hulle behoort; as hulle dan in ander gebiede van die groot waters baie rustige vlaktes sien, stort hulle hulleself, deur begerige haas gegryp, vinniger as die bliksem op die vreedsame golwe, verstuif hulle tot `n vogtige newel en tel hulle dan op en dryf hulle in alleryl as stormende winde na die onheilspellende dieptes vol slyk. Daarin laat hulle hierdie so boosaardig geroofde, baie vreedsame waters sink en druk en pers dit dan met hulle gesteelde mag tot harde klippe saam en bedek hulle uit skandelike eiebelang op die mees skandelike wyse toe met die slyk en met die uitskot van die leuen.

[44] Dog die arglistige, losse gedoe hou nie lank aan nie; want spoedig sien ek Henog helderder as die son verlig en gloeiende hittige strale ontspring uit Henog se hoof, deurwoel in magtige strome in één oomblik al die slykerige, diefagtige dieptes van die deur roofsug deurgloeide waters.

[45] En luister, nouliks was die vlaktes van die geniepsige waters deur die versengende strale uit Henog se hoof aangeraak of die golwe van die geniepsige waters begin te gis, te suis en te bruis. Die eindelose vlaktes damp en rook en hulle gee deur die hitte van die strale gedwonge, al die voorheen so boosaardig gesteelde en deur eieliefde en hebsug in die modderige grond gekettingde vreemde waters onvrywillig terug. En die vreemde waters styg soos vurige wolke in tallose skares, hulleself ywerig losmakend van die laere, donker en troebel dampe van die geniepsige vloede, omhoog in die suiwerder, verligtende lug. En sien, toe hulle aan die dieptes van die dood ontsnap het, kom daar bedrywige winde, wat Henog se pilaar omgewe en hulle dra, die losgemaakte kinders baie teer met werwelende vreugde weer terug langs die rasende dampe van die verraderlike waters in die liefhebbende, wagtende arms van die waters, wat deur die goddelike barmhartigheid gegewe gebod veredel was. En toe dit deur `n wonder van die heilige liefde van bo gebeur het, strek Henog vol mag sy hande opeens uit en spreek streng gebiedend, met heftige, donderde stem:

[46] "Julle kwaadaardige, diefagtige, rowende golwe, verneem daar in die dieptes van die slykerige, duistere gronde die heilige Wil van die ewige, magtige God en luister met `n kalm oppervlak na die magtige woorde van die heil, wat julle toeroep: elke druppel is veelvuldig getel in die hart van die ewige liefde en elkeen is dus die eiendom van homself en van die ewige liefde; daarom sal niemand die gruwelike prooi van die ander word nie. Want wee die dief, die geniepsige rower en moordenaar van die eiendom van ander suiwerder waters en wesens; ja wee oor almal wat op boosaardige wyse, slegs homself liefhebbende golwe! Hoor dit: die boosaardigheid van die rowers en moordenaars sal nooit dein met vrolike, rimpelende kringe nie, maar wel, luister, sal hulle seker deur die dodende mag van die gebod nou dadelik of mettertyd soos `n gestolde dood tot gloeiende klippe van die ewige vloek geboei in die onderste dieptes van die aarde gewerp word. Jy sal nie roof en steel nie! - so lui die magtige Wil van die ewige heilige God.

[47] Onthou en eerbiedig dit, julle boosaardige golwe!" En luister, geliefde vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders, dit was die laaste van Henog se donderende woorde vanaf die stralende pilaar as heerlike, ewige teken van die goddelike wil! En toe die heerlike woorde wegsterf in die verte, selfs vir die geestesoog vreemde velde van die duister vlaktes van die golwende gruwel, kon ek baie duidelik in die dieptes, ontstelde woorde verneem. Met `n toon van gehoorsaamheid klink die woorde op na die pilaar: "Maak ons rein, verligtende kneg van die magtige wil van die heilige, ewige God, sodat ons, as die ander water, ook welbehae kan vind in die verligtende, heilige oog van die ewige, heilige liefde!"

[48] En luister, toe begin baie heftige, vurige winde ontspring aan die glansende pilaar, en te waai en meng met glansende oorvloed van die vuur van die ewige liefde en met die golwende branders luisterend, eindelose vlaktes op wonderbaarlike wyse ineen. En die branders en vloede word deur so `n glansende mildheid gelouter, o luister, dat hulle so helder lyk soos die oppervlakte van die son en hulle loof en prys die Heer van die barmhartigheid, terwyl hulle die pilaar met stralende golwe omsirkel. Toe klink die heilige eggo's harmonies langs die eindelose ruimtes van die glansende vloede. - Luister, so het ek dit volgens waarheid gesien en dit getrou aan julle deurgegee.

[49] En omdat julle, geliefde vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders, reeds so lank geduldig na my, Kenan, die geestelike spreker, vol aandag geluister het, hoor dan nog verder wat se wonder van die goddelike liefde en barmhartigheid ek gesien het en volgens waarheid verneem het: Nie so ver nie aanskou ek `n heeltemal gladde pilaar, wat byna lyk soos glinsterende erts; luister, en hy was deur `n sanderige see omspoel!

[50] In die verte meen ek en glo ek om werklik watervloede te sien; dog hoe meer hierdie stowwerige vloede geleidelik nader aan my kom, het ek des te helderder en suiwerder aanskou dat hier geen water meer rondom die pilaar golf nie, maar wel droë sand wat deur die winde verhewe, werwelend, die dein van die waters aan die ondersoekende oog van die bespiedende Kenan bedrieglik voorspieël!

[51] Toe ek dit met ergerlike verbasing bekyk, kon ek ook na `n lank tyd nêrens enige water ontdek nie, al was dit maar `n druppel. Toe hef ek my oë na die hemel en smeek om barmhartigheid, om hulp en sodoende ook om wyse raad tot die ewige, heilige Vader van die liefde; maar stom bly die hemel, omvloei deur `n witagtige, hier en daar soms matrooi skynsel en nimmer kom ook maar die geringste geluid van die steeds meer en meer droefgeestige heilige, ewige hoogte van die anders so bereidwillige liefde en barmhartigheid deurstromende woning van die ewige, heilige Vader.

[52] En sien, toe reis die valse wolke hoër en hoër en wat maklik is om te begryp, hoe hoër hulle styg, des te nader kom hulle, sodat selfs die felste oog die verkwikkende straal nie deur die stowwerige, golwende massas van die bedrieglike sand heen kon dring nie.

[53] Maar luister, gelukkig hou die verduistering nie te lank aan nie; want weldra sien ek met opgewekte gemoed vir Metusalag wat op die pilaar staan wat met duister sand omgewe was, bewapen met `n tweesnydende, brandende swaard. Om sy oë was `n deur glinsterende stof besoedelde linneband gebind, en sy ore was toegestop met klewerige hars. Maar sien, opeens kom daar, in vinnige vlug en stralend met `n hemelse glans, `n magtige adelaar aangevlieg. Hy sirkel in steeds kleiner kringe om Metusalag se hoof, ontdoen hom van die beskermende band voor sy oë en pik baie sorgvuldig al die klewerige hars weg van sy, vir geluide geslote ore. En toe hy op die wyse Metusalag se sinne van die beskerm­ende bande bevry het, vlieg die magtige, stralende adelaar, soos `n ster wat nog van ver straal, op na die hemelse, heilige hoogtes vanwaar hy gekom het. Maar die troue en opregte Metusalag gryp die tweesnydende, brandende swaard, wat hy met sy dreigende regterhand soos `n kronkelende bliksemstraal in `n kring na alle denkbare rigtings swaai.

[54] En tydens die besielde swaai van die brandende swaard, spat verligtende, vurige tonge soos sproei wat vonk uit `n heftige aan die brand geslaande harsboom, wat onder aan die voet van die berge ryklik met dik stamme groei.

[55] En luister, die tallose tonge vlug met die grootste moontlike snelheid na alle denkbare rigtings oor die eindelose, stowwerige vlaktes en meng deur die mag van hulle vuur die bedrieglike sand tot `n chaotiese ding, waaruit nie duidelik opval wat se nut so `n mengsel sou kon hê nie.

[56] Ek kyk vol verwagting na die wonderbaarlike en langdurige vermenging van die vlammende tonge met sulke oneindige massas bedrieglike sand en tog wil niks anders as slegs baie wit, reeds deurgloeide sand as die lank gewenste resultaat te voorskyn kom nie!

[57] Maar sien, in die middel van die so met smart gewenste resultaat, verhef Metusalag homself met `n verskriklike blik en begin op `n geweldige wyse die heilige Wil van die ewige, heilige Vader tot die heeltemal deurgloeide sand te predik. En die magtige woorde wat vurig aan Metusalag se mond ontvloei, vloei hulleself na alle denkbare rigtings in breë strome uit, wat lyk na groot waters, angsaanjaend bruisend en ruisend en woedend, soos die vlammende tonge voorheen en sleur die sand met homself saam. En die bruising, ruising en woede spreek duidelik verstaanbare magtige woorde, ja, woorde van mag en van die ewige grootheid van die gewydheid van God!

[58] Die woorde lui so - luister, julle vaders en kinders! - "Nietige stof, verneem die wil van God se gewydheid! Die vals, bedrieglike golwe sal julle nooit baat nie; bekeer julle tot vloeibare, suiwer water en golf as sodanig in ewige, verligtende branders; want niks anders as slegs die leuen, sal eens heeltemal ten gronde gaan!"

[59] En sien, toe dit deur die eindelose vlaktes verstaan word, los korreltjie na korreltjie op tot die suiwerste druppels; wat versmelt in baie vrolik in verligtende waarheid en vloei tesame tot `n oneindige vlakte van die suiwerste water en was nou geheel en al sag golwend en rimpelend, terwyl hulle die heilige naam van die Ewige God bly loof en prys. En die sand wat teen hulle getuig het, wat nog aan Metusalag se pilaar vasgeklewe het, word daarvan afgewas en loof haar, in verligtende rye omgewend, nadat hulle met liefdevolle gretigheid vooraf hulle krullende, skitterende, skommeling die koppe met die ryklike lig van die pilaar stralende getooi het.

[60] En sien en hoor, julle waardige vaders en ook julle, dierbare kinders, so waar en getrou soos wat ek dit gesien het en ook met wyd oop ore gehoor het, so getrou en waar het ek dit aan julle deurgegee. Die waarheid, o vaders en kinders, die waarheid is slegs die waarlike lieflike wese van die liefde. Daarom word die leuen soos geen ander sonde ten gronde toe geoordeel; want dit is slegs die teenoorgestelde van die ewige waarheid van die liefde van die Vader.

[61] En luister nou verder, geliefde vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders, wat ek, julle Kenan, met verbaasde oë nog as wonders gesien het! Dit kom vir my so voor asof ek saam met die pilaar waarop ek staan steeds verder en verder in die verre gebiede van die ander pilare geskuif word; en net soos dit my vroeër oorgekom het, oorkom dit my nou weer en ek sien vanaf my verhewe standplek die negende pilaar!

[62] O vaders en kinders, daar sien dit baie vreemd uit! Luister, uit die oneindige dieptes van die ewige nag, beklad met allerlei smerige, swak skynende kleure, reis `n baie skrikwekkende pilaar tot `n vir die oog nie meer bereikbare hoogte op. Om die pilaar heen was geen wieging van waters nie, nóg enige stuiwing van sand, nóg `n beweging of strewe te sien van iets wat julle wesens sou kan noem nie; slegs ewigdurende nag omgewe geluidloos hierdie negende, veelkleurige, eindelose pilaar. Ek dink in hierdie ontsettende, eindelose, lewelose woesteny: "Wat moet dit, ja wat kan dit beteken? Vir wie staan hierdie oneindige pilaar hier?"

[63] En so dink ek lank, baie lank hieroor na; maar ondanks al my nuttelose gedink kon nie die geringste vonkie die ewige, eindelose nag rondom die eindelose, bont pilaar verhelder nie. O vaders en kinders, toe word ek bang; want selfs die lig van my pilaar word geleidelik aan minder, so selfs, dat ek maar nouliks kon sien of my voete nog op haar swak skynende top staan. Toe ek dit bemerk, vervul van smart, val ek op my knieë neer en begin vanuit die diepste van my gemoed tot die ewige, heilige Vader te bid en te smeek dat Hy my tog nie daar ten gronde sou laat gaan nie.

[64] En luister, toe ek dit in alle erns gedoen het, klink daar opeens `n sagte vermanende stem, wat sê: "Kenan, laat jou denke met die suiwerste liefde in My, jou Vader en God, versink en dan sal jy weldra die dinge met ander oë sien!? - En ek doen dadelik wat die heilige stem vir my gesê het, sonder om ook maar één oomblik oor die liefdevolle stem na te dink.

[65] En luister, toe ek dit uit `n liefde vervulde hart gedoen het, begin die oneindig voorkomende pilaar vir my terstond steeds dieper en dieper in die afgrond van die ewige nag te versink. En die wegsinking was nog nie lank aan die gang nie, of `n ver verwyderde ruising van baie groot waters, nie ongelyk aan die donderende rol van die sfere, dring tot my skerp luisterende ore deur. Nog voordat ek my heeltemal kon omdraai, luister, o vaders en kinders, of daar sien ek reeds massas skuimende vloede soos wêrelde so groot, steil omlaag stort in die duistere, eindelose ruimtes van die ewige nag wat die bont pilaar daarvoor omgewe het. En luister, die neerstorting het nie lank geduur nie, of ek sien die vroeëre plek van die ewige nagte heeltemal gevul met nog troebel, dog eindeloos voortkabbelende water. Ook sien ek die einde van die pilaar, wat vir my eindeloos geblyk het, afdaal uit die ewige hoogtes van die hemel en neersink na die troebel, golwende vloede van die nuwe waters. En op die verligtende top staan in verligtende glorie Lameg, Metusalag se seuntjie, soos `n geskikte lieflike kneg van die goddelike, heilige Wil. En toe hy my ook opmerk, begin hy weldra die volgende woorde tot die vloede te rig:

[66] "O luister, julle groot waters! Word nie deur begeertes verteer nie; want as julle in liefde en barmhartigheid van bo saamgaan, is dit `n besit vir ewig en `n eindelose vreugde vir julle samesyn. Want op een en dieselfde plek kan nie meer as één ding wees nie; soek daarom nie om julleself te vernietig deur vreemde begeertes nie en golf en kring heeltemal in julle eie sfeer, tot lof en roem van die ewige, heilige Vader!"

[67] En luister, nadat Lameg so wys gespreek het, word die vloede baie vinnig helder en begin te golf, deurlig met die ewige lig van die goddelike wil. En ek, Kenan, het dit werklik so gesien; en soos ek dit gesien en gehoor het, het ek dit getrou en ook volgens waarheid weergegee.

[68] En luister, julle liefdevolle vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders, o luister nog gewillig na die einde van my woorde en sien saam met my, julle Kenan, in die diepte van die goddelike toorn en deur die vlamme van die toorn heen die flou skemerende barmhartigheid vir die trouelose volkere van hierdie aarde!

[69] O luister en sien wat ek moes gehoor en gesien het op die donkerste plek van die tiende pilaar! Luister, alle vroeëre pilare het nog min of meer `n eie lig gehad, - ja selfs die negende pilaar was deur `n bontgekleurde, dowwe geflikker omgewe; maar die, navolgende, tiende pilaar het nie eers één so `n dofskynende puntjie gehad nie, ja sy was so duister dat ek haar slegs kon voel, maar nie sien nie, ondanks die mees intensiewe inspanning van my geestelike gesigsvermoëns en of daar nou water, sand of slegs sombere, leë en nietige ruimtes haar omgolf, omstof, omkring het, - luister, dit was alles gruwelik verborge vir die ondersoekende oog van die dromende Kenan in die ongelooflike sombere swart nag wat die tiende pilaar omhul het.

[70] Ek het gewag en gewag van oomblik tot oomblik en gekyk met driemaal versterkte krag van my gesigsvermoë of daar `n ligpuntjie homself sou laat ontwaak; dog al my moeite was heeltemal vergeefs, selfs my gehoor wat tot die uiterste gespanne was, vermag ook nie om die geringste suggie van die teerste windjie te verneem nie!

[71] O luister, toe word ek bang in hierdie sombere verlatenheid wat met die ewige dood vervul was! Ek kon nie bid nie, nóg die Ewige Vader van die liefde vra om `n spoedige bevryding uit hierdie nag van yslike dood, want nou eers het ek bemerk, dat nie net my oë en ore se dienste geweier het nie, maar dat, ja kyk en luister, selfs my tong was verlam en nie tot spraak in staat nie.

[72] En toe ek dit so bitter by myself moes merk, flits daar opeens `n fel bliksemstraal uit die bodemlose dieptes van die ewige nag omhoog na die hoogtes van die heeltemal geslote hemel, wat vir my soos yster gelyk het!

[73] Maar soos die donder gewoonlik na die bliksem volg, was by hierdie eindelose bliksemstraal nie die geringste spoor van `n daarna volgende rollende donder nie. En soos dit vóór die bliksem was, so was dit ook daarna: Die digste nag, wat homself uitbrei van die een oneindigheid tot aan die ander; en ek, julle Kenan, begin wel geweldig na lig en lewe te verlang; want waarlik sê ek vir julle, nou het ek heeltemal genoeg van die oneindige nag van die dood gehad! O vaders en kinders, die nag, o die nag, dit het lank geduur, totdat daar eindelik `n baie klein sterretjie hom aan die ysterhemel vertoon het as `n enigste, eers laat verskynende gevolg van die reeds lank daarvoor in die diepte van die hemel wegsnellende bliksem.

[74] My oë wat vir `n lang tyd verblind was, was nou onafgewend gerig op die uiterste klein flikkerende puntjie. En toe ek my verbaas oor die flikkerende liggie, o luister, toe klink daar meteens baie duidelik klanke in my reeds heeltemal doof geworde ore - dit was geen woorde nie, nóg menslike stemme, ook was dit geen bruising, geen suising, geen woede nie -, o luister, hierdie toon het geklink soos die fluite van die herders, net soos toe hulle so dikwels volgens die ou gebruik die skape van Abel om hulle heen wou versamel, en hulle dan met vinnige pas naderkom om die sorgsame herder met hulle hemelwaarts gehewe koppe verbaas aan te kyk.

[75] Maar ek het net die gefluit duidelik verneem; van die skape van Abel het ek niks gesien nie! Toe my reeds heeltemal verdoofde sintuie dit bemerk het, gaan daar soos `n bliksemstraal, so duidelik `n woord deur my siel heen, luister, één woord en die woord, ja die soet woord spreek: "Jou tong, hoor my Kenan, is nou losgemaak; bid en vra nou vir die Vader van die lig, die liefde en die lewe, om lig en om liefde en lewe vir hierdie pilaar wat deur die dood gebreek is!"

[76] Toe werp ek my neer en begin ylings tot die heilige Vader van die liefde en al die bewegende lewe te bid en te smeek of Hy nie in Sy erbarming `n fel brandende barmhartigheidsvlammetjie van bo wou stuur nie, sodat my oë die verskriklike grootte en verste uitgestrektheid van die sombere dood mag aanskou. En toe ek lank genoeg getrou en waaragtig tot die heilige Vader gesmeek het, roep `n baie kragtigte stem my opeens by my naam en sê: "Staan dadelik op en kyk in die groot afgrond van die sombere dood! Hier op die plek van die tiende gebreekte pilaar word die egbreuk aangedui, waarvan die verbryselde onderste helfte, die van die liefde, verstrooi neerlê in die diepste afgrond van die dood. Maar die boonste helfte, die van die barmhartigheid, hang aan die yster, die eindelose boog van die hemel en sal nie na die puin afdaal, alvorens die grond van hierdie pilaar skoon gewas is van die drek van die slang nie. Die grond is die aarde, `n huis vol sonde en die drek van die slang is die baie prikkelende vlees van alle vroue uit die diepte van Hanoch. Wee die aarde, wat nou vet geword het van die bloed van die broeders, wat vanweë die vlees van die ontugtige vroue mekaar gruwelik vermoor en die aarde deurdrenk het met hulle geseënde bloed! Spoedig sal Ek groot stortvloede uit die hemel laat neerstroom en al die vlees dood, vanweë die prikkelende vlees van die vroue, waardeur al die water hier om die tiende pilaar verbruik is! O pryk maar, pryk, heerlik, prikkelende vlees van alle vroue, soos die mees arglistige kinders van die draak! O pryk, jy lokkende spys van die wurms van die slykpoel, jy walglike stank vir My eer! Jy bad en was jou daagliks in die fynste water, berei uit allerlei kruie en geurstowwe en smeer die fynste olies op jou huid om daardeur nog prikkelender en nog aantrekliker te word ten einde die kinders van die ewige heilige Vader te verlei!

[77] Daarom rus daar `n ewige vloek op jou hoof; dit sê Ek, JaHWeH, God die almagtige, die Ewige; Ek sal vir jou spoedig, o baie spoedig `n bad berei waarin jy vir ewig na hartelus kan bad en smeer!

[78] En hoe dit sal gebeur, luister Kenan, dit sal Ek jou juis nou toon, baie duidelik toegelig deur die lig van die barmhartigheid van die ewige, heilige Vader; daartoe moet jy orent kom op jou nou ook heeltemal uitgedoofde pilaar en na benede in die diepte kyk, daar sal jy sien wat daar - luister goed - baie spoedig gaan gebeur."

[79] En luister, julle vaders en kinders, ek het dadelik orent gekom en met hoogs verbaasde blik neergekyk in die diepte van die dood en sien daar magtige skares van ons kinders wat die heilige berg verlaat, hulleself vrolik na die dogters van die mens spoed om hulleself daarmee in die diepte te verenig. Hulle verwek kinders by hulle, kragtige seuns en bekoorlike dogters en toe sien ek hoe die seuns heersers word en as sodanig die armsalige, hulpelose kinders van die mense op gruwelike wyse doodmaak, slag en vermoor! Toe vloei daar strome bloed van die broeders en die kinders van die mense; en luister, die strome onskuldige vergote bloed skreeu om wraak na die ysterboog van die hemel.

[80] Toe skeur die hemel homself in die middel in twee en uit die verligtende skeur daal `n engel in vinnige vlug neer na die liefling van Lameg en sê vir hom: "Kry nou, Noag, die ark van die barmhartigheid in orde, soos die Heer jou lankal getrou opgedra het en bring julleself met alles wat die Heer julle beveel het in veiligheid; want kyk, reeds brand die swaar vervloekte aarde op tallose punte, aangesteek deur die bestrawwende toorn van die Ewige God! Die weeklaende bloed het egter, soos julle sien, die barmhartigheid van die hemel geweldig ontroer; daarom het die heilige Vader besluit om die aarde van die vloek skoon te was en haar daardeur te bemes vir `n beter geslag wat spoedig sal voortkom uit julle, Noag, die enigste wat Hom nog trou gebly het!"

[81] En sien, liewe vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders, toe die verligtende engel dit vinnig sprekend vir die liefling van Lameg gesê het, breek die ysterboog van die hemel opeens oop en uit die wyd gapende klowe en vurige skeure stort daarop geweldige strome dampende water meteens omlaag om as barmhartigheid van die ewige, heilige Vader, die vuur te blus en in die toekoms die skuld van die sondige aarde te delg.

[82] En toe die stortvloede die dale van die aarde begin opvul, sien ek tallose geslagte uit die dale omhoog klim en weeklaend die hoogtes van die berge opsoek. Ek sien die bekoorlikste vroue, dogters van die mense met die blankste vlees, baie angstig met bloeiende vingers en hande uitgeput die mees steil en ontoeganklike rotspunte beklim en op duiseligwekkende hoogtes hulle bloeiende hande ophef na die gapende splete van die vurige hemel en wat met luide stem vol smart om troos en hulp roep. Dog al hulle geroep was vergeefs en te midde van die vloedstrome, wat nou steeds heftiger uit die gapende, gloeiende splete langs die ysterhemel neergestort het, swiep vurige werwelwinde met geweld die swak kinders van die mense van die so moeisaam beklimde, rotsagtige toppe van die berge neer in die woedende golwe, brandend en versengend, as klaende voer vir die dood!

[83] En luister, sodra die vurige winde baie spoedig hier en daar `n beskermende bergspits op gruwelike wyse ontdoen het van die sagste, blankste en bekoorlikste vlees, woed en roep hulle, afgryslik honend: "Daar, baai julle en was julle en smeer julleself in, skandelik, lokkende voer van die duiwel en sy helpers, en maak julle baie mooi in die welriekende arms van die ewige dood en kry die loon vir julle rustelose inspanning waardeur alle geslagte van die aarde geval het vanaf Adam as eerste tot aan die laaste bewoner van hierdie swaar vervloekte aarde en gaan die dodelike weg van al die bekoorlike vlees!"

[84] En luister, dit roep die woedende, vurige winde keer op keer sodra hulle baie vinnig die een en spoedig daarop weer die ander beskermende top van die so moeisaam beklimde hoogtes en steiltes gesuiwer het!

[85] Dog luister, die grieselrige dooies en vermoordes van die sondige vlees van die weelderige vroue en almal wat deur hulle verleidelike lis erg bedrieg is en daardeur die gevalle seuns van die aarde en kinders van die hemel, duur gladnie so lank nie; want spoedig sien ek enorm groot watermassas heeltemal oor die hoogste toppe van die berge vloei en golf en was daar, behalwe myself, geen lewende wese te sien nie. En ook was daar niks te hoor nie, as net die golwe wat mekaar rondom my verdring het om die opgeligte pilaar van die nou nuwe gevormde groot water.

[86] Ek het deur die nege voorafgaande gebeurtenisse reeds gewoond geraak daaraan om, sodra die waters die eindelose dieptes van die dood gevul het, weldra `n skitterende pilaar te sien wat homself helder verhef het bo die wiegende vlaktes van die vloedstrome. Toe dan ook, soos by die negende, die pilaar homself nie dadelik volledig aan die soekende oog van Kenan vertoon nie, duur dit nie lank nie of daar was Lameg self, uit die hemel gedaal en vol gesag te sien; maar luister, nou wou geeneen van die pilare hulleself meer laat sien nie!

[87] Ek het baie lank gewag en het my nie weinig verbaas toe ek die pilaar nie sien nie, maar die ark van barmhartigheid, wat op rustige golwe weggedryf het. En toe dit die plek bereik het waar die donker pilaar homself voorheen deur my, blinde siener, laat voel het, - luister, toe wyk die wiegende golwe terug en die ark van barmhartigheid bly staan op `n baie groot, nou van die water ontslae, lieflike glansende pilaar.

[88] En toe die skitterende ark van die barmhartigheid nou heeltemal bevry was van al die golwende strome en waters, luister, toe word op die dak `n blinkende venster geopen waaruit weldra `n sagmoedige duif met vreugdevolle vlerkgeklap opstyg en ver wegvlieg oor die golwe en strome.

[89] Dog die vreugdevolle duif vertoef, heen en weer vliegend, nie lank bo die vloedstroom nie; want behalwe die pilaar van die ark van die barmhartigheid, was daar niks anders te sien nie as die een golf na die ander. En toe die vreugdevolle duif niks vind waarop sy, na `n vlug wat lank geduur het, sou kon neerstryk vir die benodigde rus nie, vlieg sy weer vinnig op die ark van barmhartigheid af, soek ywerig die blinkende venster op en vlieg weer vinnig die ark van die barmhartigheid daardeur binne.

[90] En toe die blinkende venster weer daarna gesluit word, luister, toe begin daar dadelik baie hewige, vurige winde eindeloos ver na alle denkbare rigtings oor die ewig voorkomende vlaktes van die golwende groot waters te waai. Deur die hewige waai van die vurige winde begin daar nou vinnig soos die bliksem, magtige massas wolke uit die golwende vlaktes baie indrukwekkend op te styg. Die magtige woede van die wind was nog nie lank aan die gang nie, toe daar bo die waterspieël hier en daar hoog oprysende toppe van berge hulleself begin te toon, - ja, verskeie daarvan begin selfs onmiddellik groen te word en sien spoedig soos pragtige klein tuine daaruit.

[91] En luister, toe dit hom aan die ondersoekende, blye oog van Kenan voordoen, gaan die venster op die dak van die ark van barmhartigheid weer oop. Spoedig daarna styg, in vinnige vlug, `n duif opnuut daaruit op en vreugdevol vlieg sy direk na die al groen geworde toppe van die berge, sirkel op `n bekoorlike wyse in blye kringe daaromheen en vertoef wiegend en skommelend `n lang tyd op die frisse, reeds uitgegroeide takkies. Dog nadat sy lank daar vertoef het, verlaat sy dit weer en keer ryklik belaai met groen takkies regstreeks na die wagtende ark van die barmhartigheid terug.

[92] En nou, luister en kyk, toe dit ylings geskied het, begin die vloede baie vinnig te sak en berge en lieflike velde met vrugbare aarde styg vinnig en wondermooi uit die sinkende vlaktes van die waters op en word dadelik groen, en die warm strale van die son laat hulle oplewe tot lieflike weiding en vlaktes en weelderige tuine vol vrugte.

[93] En daar op die plek van die pilaar, o luister, rys, steeds hoër en hoër om die pilaar heen, so `n wonderskone land op, tot dit eindelik onder die ark van die barmhartigheid self heeltemal op die verhewe vergroende aarde tot rus kom. Sien, toe gaan die venster opnuut oop op die dak van die ark van die barmhartigheid en daaruit haas homself in `n vinnige boog in `n groot vlug vrolike duiwe en hulle keer na `n lang gewag nooit weer terug na die oopgelate venster op die dak van die ark van barmhartigheid nie.

[94] Toe merk Noag, die liefling van Lameg, in die ark van die barmhartigheid die daling van die vloed en begin die poorte te open en laat daaruit al die bewaarde geslagte van die aarde en geleidelik aan ook sy kinders en vroue, vrolik gestem, weggaan. En toe hulle met bewende hart en sidderende voete die groen aarde betree, werp hulle hulleself voor die verligtende, oop ark van die barmhartigheid neer en dank en prys die Heer as enigste erbarmende Redder uit die verdiende oordeel van die toorn van die ewige, heilige God.

[95] Toe hulle `n lang tyd hulleself vol dank en liefde tot die heilige Vader gewend het, kom daar `n verligte engel ylings aangevlieg en bring die blye boodskap aan Noag oor van die hoog verhewe verligtende hemel, wat oorspan was deur `n kleurryke boog. En luister, - die verligte engel spreek aldus:

[96] "Luister Noag, jy, enigste band met My liefde, uit julle sal Ek eendag die saad van die lewe verwek, wat sekerlik oppermagtig die onmeetlike verslinde buit aan die dood sal ontruk! Want Ek het medelye met die vlees, daar onder die nou verharde vloede van die sonde; daarom sal Ek eendag `n magtige Redder stuur en die bewende aarde nooit meer met so `n oordeel teister nie. Die kleurryke boog sal te alle tye aan die volkere verkondig dat Ek die aarde nooit weer so-iets sal aandoen nie, tot aan die einde van die tyd van die tye; wat daarna sal gebeur, dit weet slegs Ek, die ewige Vader!"

[97] En luister, julle liefdevolle vaders en ook julle, ons liefhebbende kinders! So het ek dit alles gesien en getrou gehoor en soos ek dit verneem het, het ek dit aan julle volgens waarheid deurgegee en verder was niks meer vir my te siene gegee nie. En wat ek gesien het, moet julle wyse vaders en kinders vol liefde self verklaar; want vir my is die sin van so `n seldsame droom uit God verborge."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205