Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Oor die liefde

156 Toe Lameg dit van Abedam verneem het, rig hy sy oog na binne; en dit duur glad nie so lank nie of Lameg begin in te sien waaraan hy toe was en wat daar agter Abedam verborge was!

[2] En omdat Abedam ook dadelik sien dat Lameg Hom gevind en herken het, vra hy aan hom: "Luister, My geliefde, getroue Lameg! Hoe is dit nou met jou gesteld? Het jy nog angs vir die groot onweer, wat baie spoedig bo ons gaan losbars?

[3] Of moet Ek ook nog saam met jou in alle erns onrustig raak daaroor?"

[4] Maar Lameg begin van louter vreugde te ween en kon nie antwoord nie. Eers na `n taamlike lang pouse, toe sy hart opgehef was deur die ryklik vloeiende trane van liefde en vreugde en deur die skielike uitsonderlike groot insig, open sy hart haarself verder en rig hy vol van die allerhoogste vervoering die volgende woorde tot Abedam:

[5] "O Abedam! - O Emmanuel! -O Abba! - Ek het U teruggevind, -U, U, o my Abba, - teruggevind!

[6] Hoe kan ek, hoe kan ek angs hê vir dit wat vir God nie sin het nie?!

[7] As U wil, laat dan deur die inslaan van tallose bliksems die aarde tot stof vergaan en die see verdamp soos `n doudruppel op gloeiende erts; ja laat so een geweld vlammende orkaan waai, dat haar krag in staat sal wees om met berge te speel, netsoos `n bruisende storm andersins met die loof van die bome speel; en laat haelstene groter as wêrelde hulleself op die aarde stort, - en U sal nooit enige angs in my bespeur nie! Want waar U is, daar is dit altyd goed om te vertoef; maar sonder U is dit ook by die allermooiste en rustigste weer afskuwelik op die aarde, oral en dan is alles verlate en leeg, - en alles waarna `n mens maar kyk, gryns jou grieselig dreigend en doodbringend aan. Die wind roep en huil: Dood! Die gras sterf. Die water ruis: Dood! En die oewers bewe en gaan ten gronde. En die water verdamp in die dood, in die duistere niks. Die strale van die son, wat andersins die lewe bring, dood die wurms van die graf.

[8] Die vleeslike kragte van die sterflike liggaam, sy sterwe af en die doodstrae massa sink uitgeput op die byna lewende aarde neer en die versonkene sink dan van dood na dood. En die andersins so opgewekte sterre word somber en verbleek en geen vriendelike siddering verstoor meer hulle dooie, huiweringwekkende rus nie. Kortom, waar U is, daar word selfs klippe lewend en lieflik, sodat dit `n lieflike lus is om na te kyk! Ja, ek glo dus ook dat wanneer iemand saam met U midde in die vuur staan, sodat die andersins alles verterende vlamme hoog bo sy hoof ineen slaan, hy dan in plaas van die smartlike brande slegs `n lieflike sagte verkoeling sou, ja, moet ondergaan; want U is oral en altyd liefde!

[9] Sien, nou het ek heeltemal geen angs nie, slegs omdat ek U weer het! Maar om op so `n manier weg te gaan, mag U my nie weer aandoen nie, omdat ek dan nie meer sou weet waar U Uself sou verberg het nie!"

[10] En die antwoord van Abedam was kort: "Ja, ja, jy sal My nimmermeer verloor nie, nie nou nie en ook nie in alle ewighede nie! Amen.

[11] Maar swyg nou hieroor teen Adam en Set en Eva en die vrou van Set, en ook teenoor die res van die kinders; want Ek wil dat iedereen My net so vind soos wat jy My gevind het. En niemand sal My vroeër vind as wat hy My gevind het netsoos jy My gevind en in sy hart herken het nie!

[12] Ek sê vir jou: Hierdie nag sal hulle almal nog voor ons aangesig lei! Maar wanneer hulle kom, moet geeneen van julle drie My bekendmaak nie, maar wanneer die groot angs hulle sal aanspoor om na binne te keer en daardeur hulle eie hart voor hulle oë onthul word en hulleself bekend sal maak hoeveel liefde daarin heers en wat se liefde, dan eers sal ook uitkom hoeveel liefde hulle vir My in hulle harte huisves, waarna hulle My dan ook sal herken of nie sal herken nie.

[13] Sien, Ek doen dit soos `n bruidegom, wat die hart ondersoek van diegene wat hy van plan is om tot vrou te neem! Hy loop snags, ja in `n stormagtige nag rondom die onderdak waarin die uitverkorene van sy hart huisves. Daar luister hy dan met `n beklemmende hart en spits sy ore geweldig, omdat hy graag die stille sug van liefde uit die mond van sy uitverkorene sou wil hoor. Gelukkig is sy dan, as haar hart vol is van haar bruidegom; want waarvan die hart vol is, loop die mond van oor! sy sal hom roep en hom by Sy Naam noem. Ek sê vir jou, haar smagting en haar geroep sal die hart van die bruidegom breek en hy sal haar kamer binnegaan en sal haar nog dieselfde nag in sy woning inlei en maak dat sy sy vrou word!

[14] Glo jy egter dit, indien die bruidegom sy uitverkorene in die nag sou afluister, maar haar aan die slaap sou tref of haar hoor dat sy smagtend die naam van `n ander sou noem, hy dan ook haar kamer sou binnegaan en haar in sy huis inbring?!

[15] O kyk, dit sal hy nooit doen nie, maar hy sal van nou af aan haar nabyheid ontvlug en haar aanblik verag!

[16] Sien, so is Ek nou in `n stormagtige nag voor die deur van al My uitverkorenes! Waar Ek `n hart na My sal hoor hunker, daar sal Ek ook terstond binnegaan en doen netsoos die genoemde bruidegom; maar waar Ek die uitverkorene aan die slaap sal tref of na vreemde name smag, daar sal ook Ek handel soos die bruidegom wat deur My vermeld is, sou handel ten opsigte van sy uitverkorene.

[17] Maar daar is `n onderskeid tussen My en die bruidegom: Ek kom met liefde, bring liefde, gee liefde, soek liefde en verlang liefde, en wie Ek slapende aantref, dié sal Ek sewe en sewentig maal, sewe en sewentig duisend keer wakker maak!! Eers as hy nie ontwaak nie, dan eers trek Ek My terug! Maar wee diegene van wie Ek My teruggetrek het! Waarlik, hy sal in die vervolg lank, lank, lank tevergeefs sug en My Naam roep; maar Ek sal hom nie antwoord nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205