Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael neem vir Abedam as reisgesel

104 Dadelik roep Adam vir Henog en Jared na hom toe en maak hulle bekend met die wil van Asmahael. En hulle gaan heen en groet die kinders en nooi hulle nog eenmaal uit om op die Sabbat te verskyn; vervolgens gee hy hulle te verstane dat hulle weer na hulle huise kon gaan en hulleself daar blymoedig aan hulle besighede kon wy.

[2] En onmiddellik kom die kinders en die oudstes, wat voorheen die vaders omgewe het en elke hardop gesproke woord gehoor het, dan ook orent.

[3] Een uit het midde van die oudstes vra aan Henog: "Beste jonge seun van jou vader Jared, wat `n kleinseun is van diegene wat by jou is en wat `n seun is van my broer, vertel my eers, as jy wil en mag, wie eintlik die stewig op die tier gesete jongeling is en waar hy vandaan kom!

[4] Want Sy manier van doen is vreemd en Sy heldere, welluidende woord is uiters magtig en bowendien is daar in die toon van elke woord van hom so `n selfversekerde beslistheid, dat `n mens jou nie, ja onmoontlik anders kan as om te glo dat hy daarmee berge stukkend sou kan breek en met `n asemtog die see netso in beweging sou kon plaas as duisend tegelykertyd woedende allerheftigste wêreldstorms.

[5] Sien, daarom sou ek graag iets oor Sy herkoms en Sy wesenlike aard wil verneem, - maar, soos al gesê, indien jy dit wil en mag, en slegs dan! Amen."

[6] Henog antwoord: "Luister, vader Abedam, ek sou dit wel doen as ek dit mag; maar wees nog `n tydjie geduldig en in jou steeds toenemende liefde vir God sal dit spoedig vir jou duidelik word hoe dit met die jongeling op die tier gesteld is!

[7] Sy naam is aan jou bekend en soek vereers nie verder nie! Op presies die regte oomblik sal jou eie liefde tot God jou alles bekend maak; daarom vir nou en alle tye sy God altyd met julle! Amen."

[8] Abedam bedank vir Henog met `n baie ontroerde hart en sê: "Henog, ek dank jou! Ek is volkome tevrede; want wat ek wou geweet het, het jy my nou voldoende meegedeel; want om meer te weet as alleen waar die skat lê en waar en hoe dit te vinde is, sou slegs `n begeerte van luiheid wees. Die soek is immers `n saak van jou eie lewe. Daarom bedank ek jou; want jy het my hart nou so verkwik soos nog nooit tevore nie! Daarom aan jou nog `n keer my hartlikste dank daarvoor en vir God dank ek heel my lewe lank! Amen."

[9] Hierna groet hulle die kinders en die oudstes nog eens en keer daarheen terug waar die vaders al met verlange op hulle gewag het.

[10] Toe hulle daar aankom, seën Adam die kinders nog eens, waarna hy hulle opstel vir die reis. Toe hulle nou heeltemal in die regte volgorde staan, kom Asmahael nog `n keer na Adam toe en sê:

[11] "Adam, as dit vir jou korrek en aangenaam lyk, laat My dan hier uit die kinders een meeneem om My geselskap te hou! Amen."

[12] Ontroerd sê Adam: "O Asmahael, hoe kan U my dit vra?! Is nie iedereen en alles en ook ek vol vreugde ondergeskik aan U wil nie?!

[13] Daarom geskied U wil te alle tye tot ons allergrootste vreugde! Daarom sy ook nou alleen U wil! Amen."

[14] En Asmahael roep hardop: "Abedam! Abedam! Abedam! As jy wil, mag jy ons volg en My reisgesel wees; want Ek het jou hart en jou niere ondersoek en Ek het gevind dat daar geen valsheid in jou skuil nie. Daarom moet jy met ons saamgaan, maar wees sonder sorge en Ek sal jou dan help om die skat te soek en jou dit sekerlik ook laat vind - en luister, spoedig, baie spoedig, baie spoedig!"

[15] Want Ek sal jou vandag doodmaak, sodat Ek jou more kan opwek tot die ewige lewe! Amen."

[16] Toe Abedam hierdie oproep hoor, kom hy nader gesnel en sê: "Ek sal U volg waarheen U wil! Dood my duisend maal, want des te meer dikwels U my doodmaak, des te meer lewe sal U my sekerlik ook weer teruggee!

[17] O, U wat daar op die sterke tier sit, vergeef my as ek vir U sê hoe ek voel! Ek glo dat aan U sy, die grote skat sonder moeite te vinde sal wees!

[18] Dit kom my voor asof `n mens elke ander skat maklik sou kan ontbeer as `n mens U het! En dit kom my ook voor, dat wie U gevind het, maklik die verdere gesoek kan opgee, omdat hy die eintlike skat en die dood en die opwekking tot die ewige lewe alreeds gevind het!

[19] O Asmahael, laat die arme Abedam nie net nou nie, maar vir altyd aan U Sy bly; maar nie dat hy U metgesel sou wees nie, maar U syne tot die ewige lewe! Amen.

[20] O laat my U steeds volg! U wil geskied, Amen!"

[21] En dadelik sluit Abedam, wat sielsbly was, homself by Asmahael aan en volg, volledig versterk, die stoet van die vaders aan Asmahael se magtige sy.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205