Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 123

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

By die "Verdorde hand der aarde"

123 Gedurende die woorde van Asmahael bereik die vaders `n groot rotswand, wat as gevolg van die mees uiteenlopende groewe, die wonderlikste vorme vertoon, sodanig dat die vaders dit daarom reeds `n lang tyd gelede die naam "Verdorde hand van die aarde" gegee het. Hierdie wand skei die kinders van middernag van die vaders en `n mens kon van hier af langs natuurlike weg onmoontlik in die middernagtelike gebied kom. Wie dit van hier af wou bereik, moes `n lang omweg gaan; want dan moes hy die hele gebied van die aand deurkruis en van daar af om `n sirkelvormige lang bergrug trek wat homself dan na `n wye boog vanuit die noordooste met die middernagtelike streek verbind.

[2] Maar ten eerste was hierdie weg vir die vaders te ver en verder was so-iets, omdat hulle reeds by die wand aangekom het, op die oomblik so goed as onmoontlik; want dan sou hulle hulleself eers weer na die aand moes begewe en van daar af eers oor die lang uitgestrekte bergrug.

[3] Maar die vaders het nou eenmaal by die wand aangekom en kon geen tree meer versit nie; daarom begin hulle nou, beginnend by Adam, die een aan die ander te vra wat daar wel gedoen kan word om die kinders van middernag, ten eerste oor die aanstaande Sabbat te verwittig, en ten tweede, hulle die vryheid, wat reeds in die aand tot stand gebring was, terug te gee en hulle op hierdie manier weer te bevry van die harde juk van `n uitermate neerdrukkende wet.

[4] Goeie raad was nou skaars by die vaders; want hierdie keer help die na benede geroep en klippe gooi ook niks nie. Want daar begin juis `n hewige wind te waai, net soos wat gewoonlik op hoë berge rondom die middel van die dag gebeur, as gevolg van die ommekeer van die sonstrale en die daardeur veroorsaakte te sterk beademing van die aarde en dientengevolge help die geroep dus niks nie. En die gooi van klippe moes as blyk van die aanwesigheid van die vaders om dieselfde rede agterweë bly; want waarvoor sou dit goed gewees het, as geen verstaanbare woord daarna tot die daardeur opmerksaam gemaakte kinders gerig kon word nie?!

[5] En so staan die vaders daar en was nie veel beter daaraan toe as die sogenaamde "Verdorde hand van die aarde" self nie en niemand het geweet hoe om die ander met raad te bedien nie, nóg te help, en niemand kon homself in hierdie verleentheid ook maklik herinner hoe naby Diegene was vir wie alle dinge besonder maklik moontlik was; selfs Henog kon tydelik nie voldoende tot besinning kom nie.

[6] Na `n kort pouse vra Abedam in stilte aan Asmahael: "Heer, U Naam, wat oneindig ver verhewe en gewyd is bo elke naam wat deur `n menslike tong gevorm en uitgespreek is, wat bo alles gewyd is, mag ek, allerswakste wurm voor U in die stof van alle stof, nadat U aan my vol barmhartigheid toegestaan het, iets kan doen, o beveel dit my dan barmhartiglik; want op `n woord van U is ek volkome bereid om vanaf hierdie ten minste vyfhonderd manslengte hoë wand na die kinders van die middernag omlaag te spring en hulle dan alles mondelings oor te bring wat die vaders ook maar aan hulle te melde en te verkondig het.

[7] Want sien, onuitspreeklike, ewige liefde, my God en my Alles, U woord dra die hele oneindige skepping in al haar grootte en oneindige gewig; hoe sou dit my dan te gronde kan laat gaan, terwyl ek tog slegs `n allergeringste stoffie ten opsigte van die aarde self is?!

[8] Daarom, slegs `n woord van U en ek is volkome bereid om dit uit te voer! En ook al sou dit my lewe kos, dan is ek in my hart heeltemal daarvan oortuig dat dit oneindigmaal beter is om met U woord volgens die liggaam te sterwe, ja `n duisendvoudige dood te ondergaan, as om daarsonder duisendvoudig te lewe!

[9] Maar, Heer, nie my nie, maar laat altyd en ewig slegs U mees heilige wil geskied! Amen."

[10] Nadat Asmahael so `n verhewe liefdesverklaring van die kant van Abedam verneem het, spreek Hy hom baie liefdevol aan en rig die volgende woorde hardop aan hom:

[11] "Abedam! Waarlik, sê Ek vir jou: Daar is op aarde geen tweede, wat betref geloof en liefde, wat ook maar naastenby na jou lyk nie! Henog is groot in liefde en deemoed en het daarin reeds hier die onsterflikheid gevind; maar deur die dood het hy lewe verwerf, is dit groter as diegene wat dit verwerf het deur die lewe self, - hy wie sy lewe laat vir die welsyn van sy broeders en vaders, is groter as diegene wat streef om hulle slegs deur lewendige woorde uit My op te wek. Want dit is makliker om vir ander onderrig te gee, as om vir ander sy lewe te laat.

[12] Waarlik; waarlik, Ek sê vir jou, Abedam: Wie ooit in My Naam en op My woord die dood van sy liggaam sal vind, hy het met groot krag as held die ewige lewe na homself toe getrek en het volkome een met My geword!

[13] Maar, My liewe, sterke Abedam, kyk, die tyd om in My Naam of deur My woord die liggaamlike dood te sterf, het nog nie aangebreek nie en daarom sal jou onwankelbare wil jou as `n volledig volbragte daad aangereken word; want jyself het dit in jou hart as vanuit jouself in geloof, vertroue en alle liefde tot My so goed as volledig volbring. En daarom het jy My dan ook reeds heeltemal gevind en sal jy van nou af aan vir ewig nimmermeer van My sy wyk nie!

[14] Maar sien nou ook, liewe Abedam, dat Ek immers nog andere middele het om die swak vaders uit die nood te bevry en Ek kan daarom die, in die daad omsit van jou offer, maklik ontbeer! Wees geseënd, Abedam, dat jy My getrou in jou hart, so `n offer gebring het! Ek sê vir jou, jy het Abel oortref, hy was slegs eenmaal gedood, terwyl jy in My naam `n duisendvoudige dood nie gevrees het nie; daarom sal jy duisendvoudig in My lewe!

[15] Omdat jy egter ook `n woord van My sal ontvang om ooreenkomstig jou wil iets in My Naam te doen, moet jy na Henog gaan en hom versoek om na My toe te kom; want Ek wil hom iets sê wat noodsaaklik is vir alle vaders. Want as hy My liefhet, moet hy immers voor alles na My toe kom, sodat Ek hom dan eers volledig kan opneem en hy dan een sal word in die liefde tot My en alle lewe wat daaruit voortvloei, sodat hy eers daardeur `n held sal word netsoos jy, om dan in die aangesig van die vaders My wil te voltrek. Amen."

[16] En Abedam gaan na Henog toe en deel hom die wil van Asmahael mee.

[17] En Henog begeef homself onmiddellik na Asmahael toe en sê: "O Heer, sien my, allerswakste, aan en elke vesel van my magtelose wese is aan U wil, my God en my Heer en my mees heilige ewige Vader, vir ewig onderdanig! Amen."

[18] En Asmahael gryp Henog se regterhand en sê toe hardop aan hom: "Henog! Hy wat jou hand uit die niks geskape het, versterk haar nou in die aangesig van die vaders. Gaan nou na die "Verdorde aardhand" toe en verlewendig hierdie dooie hand, sodat sy `n maklike brug vir ons sal word en tot `n gelyke pad na diegene wat ons hulp die meeste nodig het; want nie vir die gesondes nie, maar terwille van die siekes is Ek in julle midde! Amen."

[19] En Henog gaan dadelik na die rotswand toe en gebied dit om te wyk en tot `n gelyk pad te word vir diegene wat daar benede smag en die meeste hulp nodig het.

[20] En kyk, onmiddellik stort die wand ineen en die gelyke pad was gereed!

[21] Toe word alle vaders deur `n diepe en eerbiedige skroom vir Asmahael se oneindige mag gegryp. Maar Asmahael bring hulle weer tot lewe en dadelik begin hulle God in hulle harte te prys en hulle loof Sy Naam vanweë so `n groot wonderdaad en reis toe getroos verder.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205