Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael se woorde van dank

78 Toe Asmahael dit uit die mond van Adam gehoor het, word hy tot trane toe geroer en sê met ten hemel geslane oë:

[2] "O, as dit tog moontlik sou wees om die arme, arme gestorwe broeders te red, o waarlik, dan sou ek as nietige vlieg `n magtige gier wil word en in blitsige vlug omlaag die dieptes wil inskiet om daar alle arme, dooie broeders, wat versteek is van lig en lewe, op te neem en hulle almal vinnig, nog vinniger as wat `n gedagte kan gaan, hierheen te dra. Hulle sal hulleself dan met my verbaas as hulle sien hoe direk en verhewe die magtige kinders van die Vader op die heilige hoogtes al die wonderbaarlike dinge baie wys aan die swak en dooie mense leer en onthul, en hulle in magtige uit heilige woorde opgeboude vorms, die woonplek van die lewe in die mens toon - en, magtiger nog as alles, die magtigste, allergewyde Skepper van wêrelde en sonne as Vader van die mense!

[3] O, as dit eendag moontlik sou kan wees!

[4] O vaders van die vaders van die aarde, ook al aanskou die oog dikwels by die verwonderde kyk in die eindelose ruimtes van die skitterende skepping nimmer die nietige stoffie, - maar wanneer die so nietige stoffie, deur die wind gedra, eenmaal in die oog van die kyker geval het, begin die grote in die smartlike oog te vryf en probeer homself te ontdoen van dit wat hom hinder en die sig brandend belemmer! En dan roep die een broeder dikwels vir die ander:

[5] "O kom en soek vir my die nietige lastige ding in my oog!" En as sy broeder dit gesien het, grawe hy in die tranende oog van die broeder en dan roep hy: "O broeder! Die nietige vyand van jou gesigsvermoë berokken jou geen skade meer nie; hy lê nou in die seëvierende vloed van jou trane begrawe! Medelydende tranesuile sal jou tot jou vreugdevolle blydskap spoedig van hierdie gevreesde, nietige vyand bevry; want nou het die stoffie self een geword met jou trane, en sal dit jou sig nooit meer belemmer nie en jou verhinder om die verligtende vertes van die ewige skepping te aanskou nie!"

[6] O vaders van die vaders van die aarde, julle kyk met heilige oë uit in die eindelose velde van die ewige ligte; maar benede, daar benede in die duistere diepte van menslike ellende, daar werwel nie selde `n rasende orkaan die vyandige stof op tot hierdie heilige hoogte om julle sig te belemmer!

[7] Wanneer dit julle leed berokken, o laat dit dan deur `n bekommerde traan aangryp en duld dit, tot dit self in dankbare trane verander!

[8] O vergewe my arme swakheid! En al kan die vlieg ook nie brul soos tiers en leeus nie, tog laat sy haar sagte gezoem hoor en sê: "O vaders van die vaders van die aarde, ook ek is deur die magtige hand van julle heilige Vader gevorm; gun julle grotes my as swakke daarom ook `n medelydende blik!" Luister! Amen. O, Amen."

[9] Baie verheug oor Asmahael se mooi woorde, sê Adam: "Ek het jou geregverdige gesug duidelik verstaan en ken die slegte stof van die diepte, hierdie vyand van al die innerlike aanskouing, baie goed; maar alvorens ons tot die een of ander heilsame werk oorgaan, moet die wil van ons groot Heer eers nougeset ondersoek word. Want deur ons sal nooit iets onderneem word sonder die goed gekende wil van bo nie; dus nog slegs `n kort tydjie en dit sal nog bepaal word wat die groot Heer bo alle sterre besluit het om te doen in die dieptes van die gruwels en dit sal sekerlik die beste wees. En hoe dit ookal mag uitval, vir of teen, so geskied altyd, met die mees nougesetheid, Sy allergewyde Wil! Amen."

[10] En dadelik daarna staan Set op en sê vir Adam: "Liewe vader! Moet Henog ook nie hier vir ons `n kort uitleg oor hierdie pragtige omgewing gee nie, net soos in jou grot?! Sien, ek verlang baie daarna! Hoe dikwels het ek al daaroor nagedink, maar kon tog nooit iets anders opbring as wat my oë sien en my ore hoor, naamlik hierdie ten hemel rysende, gelykvormige klip spitse met hulle merkwaardige waterstrale, wat soos tallose pêrels ruisend oor die steil wande na die aarde omlaag stort en deur die harmoniese ruising die oor op `n wonderlike wyse tot verrukking bring.

[11] Vind dit daarom goed dat Henog die ware betekenis vir ons almal bekend maak. Amen."

[12] Adam vind die versoek van Set baie passend en redelik en sê: "O Set, jy was my voor gewees! Want dit was allereers my eie wens; laat dit daarom geskied soos jy dit gewens het! En jy, liewe Henog, doen dit en reik jou dorstende vaders `n koel, versterkende drankie van jou liefde, soos ek en Set dit wens! Amen."

[13] En sien, dadelik staan Henog op en begin die volgende baie gedenkwaardige woorde tot die vaders te rig:

[14] "O vaders! In die skool van God se wye oneindigheid sal nog wel groter en wonderliker natuurtaferele te vinde wees en ontelbare kere meer verhewe as hierdie sewemaal tien watersproeiende klipspitse wat amper etlike duisende manslengtes bo die grond uitsteek, dit wat tog baie seker nie soveel is as die verhouding van `n bladluis tot ons nie; en tog is dit so gestel dat op sy manier `n dergelike diertjie groter is as hierdie hele watersproeiende steengroepering!

[15] Maar dit is so, dat `n dergelike buitengewoon lykende tafereel `n stilswyende woord uit die wysheid van die mees liefdevolle, heilige Vader predik, daarom is dan ook slegs die sin daarvan verhewe, maar nie die stomme, lewelose middel nie, - soos ook geen mond meer verhewe is as `n ander, omdat hy woorde van die grootste verhewenheid gespreek het; want die verhewene skuil nie in die mond nie, maar in die woord.

[16] So is dit ook by die tafereel. Dit is nie oor wat dit laat sien nie, sodat ons deur die innerlike ooreenkoms van die gees die sewe geeste of die sewe magte van God daarin herken en dat elkeen van hulle heeltemal gevul is met die lewende water van die barmhartigheid, wat voortdurend oor die maer aardryk van ons siel neer reën en desondanks nie baie meer vrugte oplewer as die voortdurend bewaterde aardryk om die voete van hierdie klip kegels nie. Nóg omdat die daaragter staande tien kegels die heilige pligte van die liefde voorstel, wat steeds dieselfde is, omdat die sewe geeste eintlik slegs een gees is, dit word bevestig deur dieselfde hoogte, dieselfde kleur, dieselfde vorm, dieselfde massa, dieselfde rigting, dieselfde water en dieselfde harmoniese ruising, - maar slegs die kennis en die begryp daarvan in onsself is verhewe en waardig! Aan die tafereel is weinig geleë!

[17] "Los die wonder eers in julle hart op; waarlik, dan eers sal julle met My ooreenstem" sê die Heer, "en sê: o Heer, wie slegs een druppel van U liefde geproe het, die kry `n afkeer van die aarde en jubel luid oor God in sy eie hart!" Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205