Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die verdrywing uit die Paradys

13 Nou keer ons terug na Adam en na Eva en sal sien hoe hulle verdere liggaamlike lewens en die van hulle twee nasate verloop het voor die alsiende Oë van die gewydheid van JaHWeH! En kyk, na `n kort tydjie, wat volgens julle berekening dertig aardse omwentelings om die son beloop het, wat julle jare noem, het die paartjie in die kring van hulle geseënde nasate gelewe, Hulle getal was dieselfde as die aantal jare en almal, behalwe Kain, was geseën.

[2] En kyk nou wat daar verder met Adam op die dag van JaHWeH gebeur het. Hierdie dag was vir hom `n rusdag van die ewige Liefde self in sy hart, wat ook vele kere daarna deur die Engel beveel was as nagedagtenis aan die groot dade van die Barmhartigheid van die Liefde, in eerbiedige beskouing van die onmeetbare gewydheid van God, die goeie Vader. Daarom het hy alleen `n entjie in die omgewing gaan stap om die skoonheid van die natuur te geniet en die wêreld was vir hom baie mooi; sodanig dat hy in sy gedagtes heeltemal van God afgedwaal het.

[3] Al wandelend en in bepeinsing het hy aan die oewer van die groot "Eheura" rivier gekom, wat beteken, "gedenk die tyd van JaHWeH"! - want dit was wat die kabbelende stroom uitgeroep het; - maar Adam, verdiep in wêreldse gedagtes, het dit nie opge­merk nie, ook nie die betekenis van hierdie roepstem van die kabbelende golwe van die rivier verstaan nie.

[4] Terwyl hy op hierdie wyse langs die oewer gestap het, het hy skielik met sy linkervoet aan `n plant vasgehak, wat eers bo die grond gekronkel het en dan weer om `n boom verstrengel was. En hy het baie hard geval en vir die eerste keer groot pyn ondervind. Kwaad kyk hy die struik aan en roep hom ter verantwoording en het aan die struik gevra waarom hy nie sy meester ken nie

[5] En die plant het hom geantwoord: “Nee, ek ken jou nie!”

[6] Adam bekyk toe die gewas meer noukeurig en het dit nie herken nie, en vra weereens aan die plant: “Wat is jou naam en jou funksie?”

[7] En kyk, `n wind het deur die blare geruis en die geruis kon hy verstaan, en dit het as volg geklink: “Pluk die bessies van my takke, pers die sap uit en drink daarvan en daarna sal my naam en my geskiktheid aan jou bekend gemaak word!”

[8] Blind en versonke in sy gedagtes het Adam gedoen wat die kronkelende gewas hom aangeraai het, en dit, terwyl hy die dag van JaHWeH vergeet het. Hy het van die vrug geneem en geëet, hulle was baie soet; hy was bly oor hierdie nuwe ontdekking en was dikmond vir die Engel, omdat hy nie vir hom hierdie smaaklike gewas uitgewys het nie.

[9] Adam het `n groot aantal van hierdie bessies gepluk en huis toe geneem en kom daar aan toe die son besig was om onder te gaan.

[10] Eva, begelei deur Kain, die enigste wat oor hom bekommerd was, het hom tegemoet gegaan. Hulle nie geweet waarheen hy gegaan het nie - die ander het wel geweet, maar was op die dag van JaHWeH nie bekommerd oor Adam, die vader van hulle liggame nie, aangesien hulle kinders van seën was en het op hierdie dag hulle gedagtes besig gehou met God en Sy ewige Liefde - en het dus `n groot deel van sy las vir hom verlig. Hy het aan hulle hierdie nuwe ontdekking meegedeel; Eva was tot `n groot mate bly daaroor en het met Kain se hulp, met die bessies gedoen, soos wat Adam beveel het.

[11] Toe neem Adam die geparste sap en sê: “Laat ons sy naam en sy geskiktheid uitvind!”

[12] Daarna drink hy met volle teue aan die sap, het daarna vir Eva, ook vir Kain en uiteindelik vir almal gegee om daaraan te proe, behalwe vir Abel, wat nog nie teenwoordig was nie, aangesien die vuur op die altaar wat hy opgerig het, nog gebrand het, om `n aangename aanbieding vir die Heer te bring, vir die gewydheid en die Liefde van JaHWeH.

[13] Adam en Eva, en almal wat van die sap gedrink het, het bedwelmd geraak en onder die invloed het Adam en Eva en almal uit Adam en Eva wild in die begeerte van die vlees ontbrand en saam met Adam en Eva ontug en hoerery bedryf, terwyl Abel by die altaar van JaHWeH gebid het.

[14] Nadat hulle onder die invloed, klaar gehoereer het en van God en die altyd vooraf aangewese en verskuldigde aanbieding van hulle harte vergeet het, verskyn die Engel met die vlammende Swaard in sy regterhand eers aan Abel en sê baie vriendelik vir hom:

[15] “JaHWeH het `n groot welgevalle aan jou aanbieding gehad, sodanig, dat hy vir jou as redder van jou ouers en broers en susters uitverkies het, waarsonder hulle nou op die dag van JaHWeH ten gronde sou gegaan het, aangesien hulle Hom vergeet het en hulle gemoedere tot op die aarde laat sink het en nie deel het aan die seën wat altyd op hierdie dag volgens die vasgestelde orde van bo uitgaan na alle ruimtes van die oneindigheid nie!

[16] Daarom het ek sigbaar teruggekeer, vir eers om jou aanbieding in hierdie houer van die barmhartige Barmhartigheid op te neem, wat daar die ewige Seun in die Vader is. Ek sal dit plaas voor Sy allergewyde Aangesig, die Oogappel van die ewige Vader, maar ook om die oortreders van die Wet van Liefde en die Gebooie van die heilige Barmhartigheid te tugtig en om van hulle `n groot deel van die geskenke weg te neem en hulle te slaan met blindheid en hulle uit die Paradys te verdryf.

[17] En verlaat nou jou offeraltaar en staan aan my linkerkant, sodat die regterhand wat tug, vir die oortreders vry bly en volg my na die woning van oortreding! En wanneer ek die slapende sondaars uit die dronkenskap van hulle hoerery wakker gemaak het en hulle vreesbevange voor die Swaard van Geregtigheid laat vlug, volg hulle dan as `n mede-vlugteling en dra vir die ouers van jou liggaam, `n klein deel van die verlore geskenk saam en gee dit daar vir hulle as versterking, waar hulle moeg, uitgeput en huilend op die aarde sal neersak in `n land ver hiervandaan, wat "Ehuegil" of "Land van toevlug" genoem word en in daardie land moet jy ook `n offeraltaar, net soos hierdie een, oprig, wat aanhoudend sal brand, ook onder die waters wat eendag oor die aarde sal kom en wat tot `n berg sal word, wat nie deur `n sterflike voet beklim sal word, tot die groot tyd van die tye, waar hy sy hoof sal laat sak na die laagtes, wat daar sal heet "Betlehem" of die kleine stad van die grote Koning, wat eendag die grootste sal word op aarde; want Sy Lig sal helderder skyn as die lig van die geeste der geeste van alle sonne. En op hierdie nuwe altaar moet jy in die land van vlug, jou dankaanbieding aan JaHWeH bring vanuit alle ryke op aarde, na hierdie land van toevlug, sodat die land draaglik kan word vir die sondaars en om die wat berou, te versterk en om die wat treur, te troos!”

[18] En toe die Engel sy toespraak aan Abel voltooi het, het hulle opgestaan en met ernstige treë na die woning van Adam gegaan, wat volgens sy mag en krag in `n ronde en baie ruimtelike vorm uit, dig langs mekaar groeiende groot sederbome wat vrylik uit die aarde voortgekom het - in vorm soortgelyk aan die tempel van Salomo - bestaan het, nie ver van die grot van berou en die doringbos van treur en het twee ingange gehad, een teen die môre* en `n wye een teen die aand*. *(Môre = oos; aand = wes; middag = suid; middernag = noord)

[19] En sien, dit was in die middel van die nag - en dit mag nie vroeër plaasgevind het nie, as gevolg van die dag van JaHWeH, - toe die Engel van JaHWeH, met Abel oor die drumpel tree, van die oggend se kant af.

[20] Abel het die drumpel betree, en begin om te huil oor die groot ongeluk wat nou sy familie sou tref.

[21] Die Engel praat egter met `n sagte stem, moenie ween nie, Abel, jy die seën vervulde seun van Barmhartigheid. Doen, wat ek vir jou uit die ewige Liefde se mond beveel het, en moet nie skrik oor die donderende woorde wat oor hierdie slapende sondaars uitgestort sal word nie!”

[22] En Abel het die Engel gehoorsaam; en toe hulle naby sy familielede kom, donder die Engel vreeslike ernstige woorde van verskrikking en van groot angs oor die sondaars wat nou ontwaak het en met groot Krag en Mag roep Hy:

[23] “Adam, staan op, dink aan jou skuld en vlug van hier af; want jy kan voortaan nie meer hier bly nie! Jy het die Paradys vir jou en al jou nasate verloor tot op die groot tyd van tye en so ook deur jou skuld `n groot gedeelte van die geskenke, aangesien jy die dag van JaHWeH vergeet het en jou laat bedwelm het met die sap van `n plant, wat `n meesterstuk van die slang was, uitgedink om jou, jou vryheid te ontneem, jou voete te verstrik en om jou sintuie te verwar, sodat jy vir God vergeet het en jou in growwe oortreding laat inslaap het.

[24] So vlug nou waarheen jy wil, - uit die Aangesig van die Liefde! En orals waarheen jy sal vlug, sal jy die regverdige toorn van God in oormaat tref; maar die aandeel van Liefde sal vir jou slegs karig uitgedeel word!”

[25] En sien, Adam staan toe saam met Eva en al die ander wat daar geslaap het, van die aarde af op en as gevolg van die verdo­wende drank van die gewas van die slang, waardeur hulle nou alles verloor het, behalwe Abel, wat daar nugter gebly het, aangesien hy nie van die drank van verdowing gedrink het nie en getrou gebly het aan die dag van JaHWeH (NB. soos ook julle as ware kinders van `n sodanig heilige en goeie Vader, soos wat EK IS, voortdurend moet dink aan die heilige rus van die Sabbat as die ware dag van JaHWeH, wie EK IS en julle moet op `n Sabbatdag doen wat aan julle gebied is).

[26] Adam, asook sy familielede, het so groot geskrik toe hulle die Engel sien dat hulle spraakloos was, en nie `n enkele woord as verskoning kon uitbring nie. Verlam van die groot skrik; het hy nou eers begin insien, wat hy en al sy familielede voor die Aangesig van JaHWeH gedoen het.

[27] Hy val toe op sy aangesig voor die Engel van JaHWeH neer en met `n groot geween het hy hardop om barmhartigheid begin pleit, want die vlammende Swaard het sy oë geopen en in die ysingwekkende lig van bestraffende Geregtigheid het hy die volle omvang van die onbeskryflike onheil en las, waarin hy homself en al sy familielede deur sy ligsinnigheid gedompel het, waargeneem.

[28] Maar die Engel het met toegebinde oë en toegestopte ore daar gestaan, soos wat die Liefde van die Vader dit aan hom beveel het en het harder gepraat as al die donderslae vanuit die Mag en Krag van JaHWeH:

[29] “In die geregtigheid is daar geen barmhartigheid nie en in die oordeel is daar geen vryheid nie; vlug daarom, gedryf deur die bestraffende Geregtigheid, sodat die oordeel van JaHWeH nie jou trae voete inhaal nie! Want die straf is die loon van die Geregtigheid. Wie dit aanneem, soos wat hy dit verdien, kan nog op die erbarming reken; maar wie teen die Geregtigheid en Haar gevolge teenstand bied, is `n verraaier van die onaantasbare gewydheid van God en sal geplaas word onder Haar oordeel, waar daar geen vryheid meer is nie, maar net die ewige gevangenis in die Toorn van God.

[30] Daarom moet jy vlug, daar waarheen jou voete jou sal dra; wanneer hulle jou nie meer kan dra nie, moet jy daar bly, terwyl jy bid, ween en pleit, sodat jy, Eva en almal by jou, nie deur jou ten gronde gaan nie!”

[31] En sien, Adam het opgestaan en wou vlug volgens die opdrag van God, wat deur die Engel gespreek het; maar hy kon nie, sy voete was verlam. Sy hele lyf het gesidder en gebeef, omdat hy verlam was deur hierdie groot vrees, vir die oordeel van God, waarmee die Engel van JaHWeH hom gedreig het.

[32] Adam het toe weer op sy aangesig neergeval, terwyl hy ween en baie hardop uitroep: “O, JaHWeH, U Almagtige, groot God, in U groot Glansrykheid en alle gewydheid. Moet nie die Hart van U onbeperkte Liefde en Barmhartigheid heeltemal vir my as swakkeling sluit nie. Gee aan my die nodige krag, sodat ek, as die mees onwaardige, kan vlug voor U oordeel, volgens U allergewyde Wil aan wie al U skepsele onderdanig is, soos wat ek van kop tot tone een is. O, Heer, luister na my smeekbede!”

[33] En die ewige Liefde spreek deur die mond van die Engel, - net soos wat Ek nou deur jou besoedelde mond spreek, - teenoor Abel.

[34] “Abel, kyk na jou Vader, ondersteun hom! En kyk na sy vrou, Eva, die moeder van jou liggaam, wat in smart op die aarde lê, tel haar op, sodat hulle altwee en al die ander, deur jou versterk kan word om te vlug sodat die goeie, heilige Vader vreugde in jou kan hê, omdat jy Liefde betoon het aan jou swak vader en moeder en so ook aan al jou broeders en susters, of hulle geseën is al dan nie; jou krag sal hulle versterk en die volheid van die seën in jou, sal hulle verkwik! Neem dus die hand van kinderlike liefde en die hand van broederlike trou en lei hulle in geduld en liefde tot by die plek wat Ek vir jou sal aanwys, sodat julle almal daar uitgeput kan neerval!

[35] Bly daar en laat die wat moeg is rus. Kry jy jou gedagtes vir My agtermekaar, sodat Ek aan jou, in groot maat, krag kan verleen, sodat jy jou ouers kan versterk, volgens hulle behoefte, ook ter versterking van jou broers en susters, volgens hulle behoefte en opname vermoë. Doen wat Ek jou beveel, uit jou liefde vir hulle en uit jou gehoorsaamheid, teenoor My!”

[36] En sien, toe is die vrome Abel deur die groot erbarmende Liefde vervul en het hy op sy knieë gegaan en God uit die diepte van sy hart in trane gedank en gryp toe, versterk van Bo, die hande van sy swak ouers en het met groot liefde gedoen wat die Heer hom beveel het.

[37] En toe Adam sien dat sy seun vir hom en ook sy moeder help, so ook al die ander, was Adam ontroerd en sê: “O, jy my liefdevolle seun, wat gekom het om my uit hierdie groot nood te help, ontvang dan ook my seën as dank en as troos van jou swak vader en jou swak moeder!

[38] En dank die Heer, jy wat nog waardig is vir die Liefde van die heilige Vader, om in my plek en in die plek van almal van die wat onsself onwaardig gemaak het, Sy allergewyde Naam uit te spreek!

[39] En laat ons dan nou vlug volgens die Wil van die Heer!”

[40] En kyk, toe swaai die Engel die Swaard van Geregtigheid en hulle het almal met haastige treë vir dae en nagte aaneen gevlug, sonder om te rus en sonder om te stop.

[41] En so het hulle in die reeds genoemde land aangekom, waar die son reg bokant hulle gestaan en hewig gebrand het en daar was geen gras op die grond rondom hulle tot in die wye vertes te sien nie en ook geen boom en geen struik nie en kyk, toe sink Adam en Eva saam met die ander uitgeput en moeg in die warm stof van die aarde neer en het hulle oë gesluit, gedruk deur die mag van die verdowende slaap en het soos bewusteloses geslaap, gevang deur die strik van swakheid in onbarmhartigheid.

[42] En kyk, hierop loop die Engel van die Heer, wat hulle tot nou toe sigbaar agtervolg het, na Abel toe wat daar volkome fris gestaan het, deur die Mag en Krag van bo, en hy sê:

[43] “Abel kyk, van alle aanbiedinge wat jy in volle suiwerheid van jou gemoed aan die Heer van gewydheid opgedra het, was daar nie een groter as hierdie een en geeneen was vir Hom meer welgevallig nie! Neem daarom volgens die Wil van Bo, hierdie Swaard van Geregtigheid uit die hand van jou Broer van Bo - op die wyse is ons kinders van een en dieselfde heilige Vader - en doen en regeer daarmee, volgens die Mag van Wysheid en volgens die Krag van Liefde, tot die beswil van jou familielede en ontsteek in hulle verswakte toestand, die Krag van die lewe en laat die liefde, vir die Liefde, van die heilige Vader, van voor af in hulle harte ontbrand en laat die vlam van die geregverdigde vrees vir God ontbrand in hulle harte! Ek sal jou nie verlaat nie, maar onsigbaar en wanneer jy wil, ook sigbaar, aan die sy van my geliefde broer staan, altyd bereid om jou te dien volgens die Wil van die Heer.

[44] Want sien, die oorhandiging van hierdie Swaard beteken vir jou die volle vryheid, net soos wat ek dit het en op hierdie manier het die Wil van JaHWeH jou eie geword en het jou bo al die Wette geplaas en die Gebooie jou eiendom gemaak, nou is jy net soos ek, `n onsterflike seun van die Liefde van die heilige Vader in die skoon ryk van Lig van die vrye Geeste!

[45] En doen so volgens jou liefde en jou wysheid aan jou ouers, broers en susters van jou liggaam!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205