Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 133

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Asmahael se belofte aan Henog

133 Na hierdie woorde raak Henog se tong weer los, en wel sodanig dat hy sonder moeite die volgende woorde tot almal rig:

[2] "O liewe vaders en ook julle, my geliefde kinders, sien my aan en verwonder julle in hoë mate oor my, swakkeling, wat nou sterk geword het in die Heer, wie my God en julle God is, my allerliefdevolste Vader en julle mees liefdevolle Vader, my alles en julle alles, ja my vrye, ewige lewe so goed as van julle! Sien my aan en verbaas julle oor my; want ek het `n sodanige barmhartigheid gevind in die oë van God, wie my enigste, grootste liefde is, dat Hy my stam geseën het vir die groot belofte tot aan die einde van alle tye! Ja nog eenmaal roep ek: Sien my aan en verwonder julle in hoë mate oor my, want ek word nou bestendig gemaak en aangetrek met `n onsterflike liggaam, sodat selfs my vlees in ewigheid nooit sal vergaan nie!

[3] O vaders en kinders! Dit het die Heer nou in die aanwesigheid van julle almal aan my gedoen. Julle weet almal dat ons vir elke dag `n klip neerlê en ook een wanneer die maan vol is; en as `n jaar verstreke is, dan dra ons die dag- en die maanklippe op `n hoop byeen en rig daardeur vir elke jaar `n blywende gedenkteken op. Sien, dit hier is meer as `n dag, `n maan, `n jaar; veroorloof my daarom om hier op die plek waar ek nou staan, op die mees waardige wyse `n groot gedenkteken op te rig vir die Heer, wie ons in die persoon van Asmahael so heerlik, wonderbaarlik en liefdevol besoek het, wie nou in ons midde is en tot aan die einde van alle tye by ons sal bly; ja vir alle ewigheid! Reeds nagenoeg die derde deel van die dag gaan Hy, ons so buitengewoon liefdevol leidend, in ons midde met ons saam en nog het dit niemand bygeval om Hom daarvoor groter lof te betuig as die lof wat ons onderling aan mekaar betuig nie. O vaders en kinders, ons nooi alle kinders uit vir die offerande wat ons die Heer op die Sabbat van more wil bring! Sien, sien, die Heer laat nie op Homself wag nie en het vandag na ons toe gekom en was gister by ons en is nou in ons midde! Maar wat is meer, - die Heer of die Sabbat?!

[4] Waar die Heer is, daar is met Hom ook die Sabbat! O vaders en kinders, daarom wil ek nou hier voor Hom, wat te midde van ons is, `n altaar bou en daarop vir Hom `n offer aansteek; want alleen aan Hom kom alle liefde, alle dank, alle prys, alle lof, elke offer en ons aanbidding toe!

[5] Kinders, gaan en bring vir my plat en skoon klippe en help my hier om `n altaar te bou en gaan haal dan vir my `n brandoffer; laat dit `n sewe maande oue lam wees en suiwer sederhout om te brand! Gaan en doen dit haastig!

[6] U, my bo alles geliefde, heilige Asmahael, sal dit tog barmhartiglik as `n welgevallige offer aanneem en sal dit in U oneindige liefde deur die vingers sien, dat ek, gedrewe deur my liefde tot U, dit wil doen?

[7] Wat is hemel en aarde teenoor U en wat is die armsalige Sabbat?! Waar U woon en aanwesig is, is tog immers die hele ewigheid en die hele oneindigheid aanwesig, ja die mees oneindige heerlikheid, die gewydheid van alle hemele, sonne en wêrelde!

[8] U het ons weliswaar verbied om U vroeër in die openbaar bekend te maak as wanneer dit U sou behaag, maar my al te groot, magtige liefde teenoor U, wat uit U in my hart gekom het, gebied my om dit nou onvermydelik te doen. Want sy roep:

[9] "Sien, Henog, met die maklike gebod beproef die Heer slegs die krag van jou liefde! Solank die liefde nog gematig is, is jy wel in staat om `n dergelike gebod te hou; maar as sy eers eenmaal in die hoogste graad ontbrand het, dan gaan sy alle perke te buite, maak haarself bekend en loop in alle haas die voorwerp van haar liefde in die arms." - En U, wie so innig en nou deur my en ons almal bo alles bemin word, U wat Hy Self is, sal my tog immers my fout vergewe, naamlik dit waaraan ek niks kan doen nie, omdat die liefde my so magtig aangegryp het dat ek nie anders kon as om my liefde hardop voor die volk vir U te beken nie!

[10] O Asmahael! Ontvang barmhartiglik van my en van ons almal dit wat ons U wil bring en wy en seën die altaar, dan sal dit vir alle tye der tye geseënd en gewy wees! Amen."

[11] Na hierdie woorde van Henog staan Asmahael weereens op en spreek die volgende woorde tot alle vaders en kinders:

[12] "Luister, so is dit; Henog bewandel die regte weg! Wie aldus wandel, soek die kortste weg om by die voorwerp van sy liefde te kom. Waarlik, diegene wat nie so wandel nie, sal moeilik na My toe kom en Ek sal hom nie tegemoetkom nie! Maar wanneer iemand die liefde het en Sy sy hart in haar mag het, sal hy dan nie die dae tel wat nodig is om by die voorwerp van sy liefde uit te kom nie, of sal hy nie elke oomblik as gewyd beskou om dadelik op die voorwerp, wat sy liefde opgewek het, toe te snel nie?!

[13] Sien, waar is die Sabbat van die strome en die riviere? Is dit nie in die see self nie? En vooraf is daar geen rus en geen Sabbat nie. Maar as `n stroom die see bereik het, of as die see haarself uitgestrek het, sal die stroom dan nie, wanneer sy die see bereik het, dadelik tot rus kom nie?! Of sal sy, indien die see haar tegemoet gekom het, tot die volgende more daarmee wag?!

[14] Dus sê Ek hier: Ek het na julle toe gekom; en behalwe Henog, het niemand My tegemoet gekom nie. Ek het vir julle `n gebod gegee; uit vrees om My te verloor het julle dit gehou, sonder om te bedink dat die ware, reine liefde nooit iets het om te verloor nie en wel die allerminste by My.

[15] Julle het die verskil tussen My en julleself slegs vaag herken; maar Henog het My herken. Daarom seën Ek die offer van jou hart en wy die altaar wat jy vir My oprig, geliefde Henog! Sien, op hierdie plek sal jou geslag eendag gered word van die vloedgolwe van die sonde en `n nakomeling van jou sal die altaar weer oprig en `n dankoffer vir My daarop bring! En wees daarom geseënd vir alle tye! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205