|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 73
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die hongerige Tier
73 Nadat Asmahael sy woorde beëindig het, staan Adam op en was vol lof oor Asmahael, omdat hy soveel deemoed aan die dag gelê het, waaraan meer wysheid ten grondslag lê as aan die woorde van Sethlahem en al sy kinders; daarop wend hy homself weer tot Enos en Kenan en beduie dat hulle die kinders van die middag vir die komende Sabbat moet uitnooi, "sodat hulle nog voor sonsopgang sal verskyn voor die oggend-brandoffer, wat ons aan JaHWeH moet, wil en sal bring!
[2] En dadelik bekommer die twee hulleself oor hulle aangeleenthede. Hierna bring die kinders verfrissing en versterking vir die hoofstamvaders en hulle neem dit aan, eet en drink en gee ook vir Asmahael te ete en te drinke.
[3] Maar toe die dier die hoofstamvaders sien eet en drink, word hy onrustig, sper sy bek wyd oop en begin met sy stert om homself heen te slaan.
[4] En Adam sê vir Henog: "Henog, kyk tog net na die dier; wat sou dit beteken? Kalmeer hom, anders sou dit nie goed wees om verder met hom te reis nie! Amen"
[5] Henog staan dadelik op en sê: "Dink jy dan dat sulke diere van lug lewe of gras eet?! O nee, dit alles is teen die gestelde ordening wat vir hulle gestel is! Hy wil voedsel hê; bring daarom drie lewende, onrein diere, sodat hy homself kan versadig!"
[6] Daar word terstond vir drie bokke gesorg. Henog sê nou vir Asmahael: "Kyk, voer hulle vir die lasdier! Spring af en bring dit vir hom as voedsel en as teken dat jy jou onsuiwerheid uit die diepte aan die wagter bring om te verslind!"
[7] En Asmahael doen onmiddellik dit wat Henog hom voor die aangesig van die vaders aangeraai het.
[8] Maar toe Asmahael die drie bokke vir die dier voorhou, raak hy dit nie aan nie, maar slaan dit met sy stert van hom af en begin geweldig te brul.
[9] Almal word bang op Henog na, wat nog niks genuttig het van die aangereikte verfrissings nie, maar homself in die plek daarvan in stilte aan My Liefde laaf, en Sy hom baie versterk.
[10] Adam spreek Henog nogeens aan: "O Henog, sien toe, dat jy ons nie op `n dwaalspoor bring nie; want die dier slaan die voedsel af wat deur jou gevra is! Raai ons aan wat om te doen, as jy wil; want ek raak besorg oor Asmahael! Hoe huiwerig is sy verset en hoe donderend sy gebrul; hy gaan so verwoed te kere asof hy ons almal wil verslind! Gee ons daarom raad en hulp, as jy wil en kan!"
[11] Henog loop onmiddellik na die dier toe en spreek hom as volg aan: "Kalmeer, want ek begryp jou manier van doen baie goed; sodat ewenwel ook diegene daar dit sal begryp, laat daarom jou breë en lang tong losgemaak word! En laat dan nou hoor wat jy op jou hart het en wat jou tot so `n skrikwekkende manier van doen noop!"
[12] En vrymoedig stap die dier dadelik na die middel van die vaders en laat goed verstaanbaar die volgende woorde uit sy oopgesperde bek klink:
[13] "Luister, julle hardhorende mense wat siende blind is! Dit is waar, in elke haar voel ek honger omdat ek drie dae lank nie vir voedsel kon gaan jag nie en daarom sal ek in my nood ook die aan my gegewe onsuiwer voer wel verorber; maar voorheen was dit nie vir my moontlik nie, totdat dit vir my moontlik gemaak was deur julle almal, op één na, om daarop te wys, in welke hoë mate onredelik en onwaar dit is om God se gawe in die mond te steek, voordat julle daarvoor tot die heilige Gewer om die seën gebid het en Hom daarna in alle deemoed en liefde vir so `n groot dubbele geskenk bedank het.
[14] Weet julle verblinde dwase dan nie, dat daar op aarde geen suiwer gras meer groei wat geskik sou wees om die onsterflike tot voeding te dien, sodat hulle nie verlore sal gaan nie?!
[15] Moet dit dan nie julle vurigste wens wees dat die groot, heilige Gewer dit altyd vir julle sal reinig en alle kos sal seën tot die welsyn van julle lewe nie?! "
[16] O skaam julle, julle wat sulke nabye getuies van die alomteenwoordigheid van die Allerhoogste is! Julle is geroep om van Hom te getuig en kan Hom vergeet, waar julle julle Hom die allerbeste sou moet herinner!
[17] O, hoe ondankbaar is julle vryheid vol lewe en julle liefde tot Hom bely julle slegs met woorde, sodat selfs ek as `n verskeurende dier met geregverdigde misnoeë vervul word, as ek `n dergelike vergryp by die kinders van God moet aansien! Julle sou die diepte wel wil vervloek; maar in julle eie diepte steek daar soveel ondankbaarheid, dat selfs julle liggaamlik die grootste onheil in die diepte sal bring, as julle julle nie meer oor die dankbaarheid en die ware liefde in julle harte sal bekommer nie!
[18] Ek sou die onsuiwerheid van Asmahael moet verslind; maar ek sê en raai julle aan: Lê veeleer die onsuiwerheid van julle ondankbare harte op die bokke, sodat ek nie slegs `n draer van Asmahael, maar veelmeer die draer van julle groot ondankbaarheid sal word!
[19] Nou, Asmahael, bring my die bokke en doen wat die vaders jou aangeraai het en belas die bokke met die vloek, sodat die berouvolle vaders gereinig hierdie plek mag verlaat en jy en ek met hulle; dit is so!”
|
|
|
|
|