Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die oorsaak van die vrees

75 En terstond dank Henog My vir so `n groot stuk brood uit die ware Vaderhuis, begewe homself om te midde van opvolgende troostende woorde uit My tot hulle te rig:

[2] "O liewe vaders, `n klein, ietwat uitsonderlike wonder het die heilige Vader en Heer van alle mag barmhartiglik toegelaat om ons uit die slaap van die laksheid, wat ons vir ons aangewend het, te wek: Hy maak die anders vir ewige stom tong van `n dier los en laat `n klein vonkie van die ewige waarheid gly oor die snuit, wat nie gewoond is om te spreek nie. Ons hoor die veelseggende vonkie en was soseer ontsteld daaroor asof ons in die onverbiddelike aangesig van die ewige vernietiging vol kwelling gestaan het!

[3] O, die ydele vrees en halwe vertwyfeling! Sê my, liewe vaders, wat kan die opreg liefhebbende dan wel vrees?!

[4] Is die ware, onbaatsugtige liefde tot God dan nie die beskermende hand van die heilige Vader, wat op ons bors gelê is en wie die mag het om die hele oneindigheid in haar diepste grondveste vol eerbied en gehoorsaamheid te laat bewe?!

[5] Dra dieselfde Vinger van God, wie se hele Hand ons welbeskermd bewaar, dan nie die hele onmeetlike gewelf van die oneindigheid met al die tallose sterre, die son en die maan nie, - en ons word byna roerloos van swakte oor `n ongewone kleinigheid. Terwyl ons verreweg meer reg sou hê om swak en volslae moedeloos te word as ons `n bietjie oor onsself sou nadink, hoe die ongehoorde wonder van die spraakvermoë wat vir ons deurlopend dermate eie is, dat ons sodanig kan praat dat daar byna geen sigbare ding meer is, wat ons nie meer as duisend name sou kan gee nie?!

[6] O sien, dit verwonder ons nie en ons word ook gladnie swak as ons met mekaar `n woord wissel nie!

[7] Wanneer die oneindig baie groter wonders ons egter nie swak maak wat betref ons vermoë om iets onder woorde te bring, o hoe dwaas is dit dan om vervolgens deur die getjirp van `n kriek in onmag te val! Luister, daaruit kom nog baie meer slaafse vrees na vore as die eintlike lewende liefde.

[8] Maar kan `n deur en deur lewende mens wel vir die dood huiwer, of swak word en daarvoor terugdeins?!

[9] Waarlik, as die lewende bewe vir die dood, dra hy nog geweldig baie spore van die dood in homself!

[10] Was die mens dan nie in die groot wêreldruimtes geplaas as meester oor alle skepsele nie?! Wat het daar van hom geword, dat hy vir die gesoem van `n stekelrige vlieg terugdeins, as sou God hom reeds vir die helfte geoordeel het?

[11] O liewe vaders, ek ken die oorsaak daarvan; dit is juis nie, soos julle meen, die eerste sondeval van die vader en die moeder nie - want dit was `n gevolg daarvan, - maar dit is so dat die mens in sy vryheid homself begin te verbeel dat hy groot en magtig is en dan in hierdie dwase eiewaan homself so ver verloor, dat hy meen dat aan elk van sy hare sonne en wêrelde hang. Wanneer die mees liefdevolle, heilige Vader dan die dwaas slapende en dromende kind wek deur `n verkoelende druppel vol liefde, erbarming en barmhartigheid, dan slaan die mens plotseling sy oë op, erken sy swakte en nietigheid en huil, omdat hy slegs `n swak kind is.

[12] Wanneer hy dan sy sterk Vader in die oog kry, verheug hy homself, loop in alle liefde op hom af, liefkoos die sterk Vader en vra om brood; en waar is die vader en die moeder wat dan hulle liefling van hulleself sou kan afstoot?!

[13] Wanneer die kind egter weerspannig is, dan weet sy vader om hom te straf, sodat hy volgsamer sal word; maar wanneer die kind homself nooit heeltemal sou laat wek nie, sal sy vader dan nie elke middel beproef om hom weer tot lewe te wek nie?!

[14] En het die kind weer sy oë geopen en die besorgde vader toegelag, sal sy vader homself dan nie meer oor hom verheug as oor honderd wat wakker is nie?!

[15] O liewe vaders! Sien, hoe ongegrond julle vrees en julle swakte is! Ontwaak in die liefde en sien hoe die groot, liewe, heilige Vader verlangend en bekommerd van liefde julle tersyde staan en met ongeduld wag op die oomblik dat julle julle oë vol liefde na Hom toe sou wil opslaan!

[16] O ontwaak! Ons het geen Vader wat ver weg is nie, maar `n Vader naby ons vol liefde, sagmoedigheid en geduld!

[17] Hoewel julle nou nog lusteloos is van die slaap en deur drome uitgeput, - word tog helder wakker en julle sal versterk word, sodat julle as jong herte van vreugde sal rondspring! O, ontwaak dus in die liefde tot die Vader! Amen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205