Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se vreugde oor sy kinders Jura, Bhusin en Ohorion

128 En dus snel hierdie vier vinnig na die bekende plek. En toe Adam Henog met die drie oudste kinders nader sien kom, begin sy gesig ietwat op te vrolik; en begin hy My te loof en prys en My bowenal te dank dat sy oog tog nog eenmaal deur My waardig bevind was om, na Kain en Abel, sy oudste kinders: Jura, Bhusin en Ohorion te sien.

[2] En terwyl Adam dankbaar in sy hart sug, kom die vier ook al by hom aan. En Henog buig voor Adam, maar die drie ander val voor Adam neer, netsoos hulle dit van oudsher gewoond was. Maar Adam ontbied dadelik vir Set en sê:

[3] "Set, my seun, kyk hier na jou oudste broers en nou my oudste kinders! Help hulle op van die aarde af en bring hulle hierheen aan my hart en sê ook dadelik aan hulle: "Die oue vader Adam is geen gebieder meer nie, maar is nou maar net `n vader wie se arms selfs in staat is om Kain liefkosend teen sy bors te druk, laat staan sy oudste kinders en deelgenote in barre tye!"

[4] Sê ook vir hulle dat nie alleen die verlore paradys weer gevind is nie, maar oneindig maal meer, grootser en onuitspreeklik verhewener en heerliker! En nou, gaan en doen! Amen."

[5] En Set gaan dadelik na hulle toe en rig hulle liefdevol op en bring die woord van Adam oor, waarop die drie oudste kinders van vreugde begin ween. En Jura sê aan Set: "O my geliefde broer! Hoe is ek nie onuitspreeklik gelukkig nie, netsoos ons al drie, omdat ons jou en ons so innig geliefde vader nog `n keer mag sien!

[6] Kyk net, liewe broer, hoe oud en uitgeput ons al geword het sedert die lang tyd van ons verdiende verbanning!

[7] O die groot JaHWeH, dank, ja ewige dank alleen aan U; want U het dit beslis so teweeggebring en die hart van ons innig geliefde vader vermurwe, sodat ons nou weer hier in sy barmhartigheid opgeneem kan word.

[8] Daarom, ewige dank en lofprysinge aan U, o JaHWeH! En ook dank aan jou, liewe broer! Bring ons nou na ons oue vader toe!"

[9] En Set lei hulle daarheen en Adam seën hulle en druk hulle toe teen sy hart en sê heeltemal ontroerd: "O, my kinders, hoe gelukkig is julle vader Adam nou!

[10] O Asmahael! Waar is diegene wat U sou kon prys; want U goedheid is oneindig en U groot liefde duur ewig voort!"

[11] Toe Adam enigsins van sy liefde bygekom het, kom Asmahael dadelik na hom toe en sê: "Adam! Kom jy nou agter wat meer werd is: Die wet of die liefde?"

[12] Maar van ontroering kon Adam niks anders sê nie as: "O, U, wie se Naam my tong nie meer durf uitspreek nie, U is meer, ja oneindig maal meer as wat alle ewighede by magte is om te begryp. Daarvoor aan U alleen my dank, en al my aanbiddende liefde!" Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205