Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die vrae van die onbekende Abedam

149 En Abedam, die bekende, antwoord Henog: "Geliefde broeder in Abba Emmanuel! Dat ek nog geensins tot die gewekte gerekend kan word nie, dit bespeur ek maar al te helder in myself, - en baie openhartig gesê, hierdie helderheid lyk en is ook die helderste van my hele lewe.

[2] Hoe dit daar met die res voorstaan, broeder Henog, sal iemand wat so weinig helderheid oor die lewe het soos ek, wat ek aan myself te wyte het, wel nie so vinnig opmerk nie!

[3] Maar, netsoos wat die groot onnoselheid van my lewe toeskyn - saggies onder ons gesê, - dan het dit ook ons geliefde vader Adam reeds gepak!"

[4] En Henog antwoord hom: "Luister, jou woorde klink weliswaar ietwat onnosel, - maar wees daarvan verseker dat jy reeds wakker is as jy die nag in jou opmerk! Want slaap jy, dan sou jy weinig van die nag in jouself gemerk het, maar sou jy veel eerder van die donkerste dag gedroom het; maar die dromer weet nie dat hy slaap en droom nie.

[5] Sien, ek is van mening dat ons almal slaap en droom voor die verskyning van die heilige, meeste liefdevolle Vader in Emmanuel Abba; maar toe Hy gekom het, het hy ons almal gewek. En sien, ons het ontwaak, - maar nie in die dag nie, maar in die nag van ons harte; en as Emmanuel dit nie sou gedoen het nie, dan sou ons nog in die dooie dag van `n droom geslaap het!

[6] Dit is by ons reeds `n ou reël om die kinders minstens `n uur voor sonsopgang te wek, sodat hulle swak oë langsamerhand aan die komende dag kan gewoond raak om dan maklik en sonder nadeel die sterk lig van die dag te kan verdra. Dink jy dan dat ons daarom ietwat wyser handel as Emmanuel?!

[7] O sien, Hy leer dit ook vir ons vanweë ons natuurlike liggaam! Is die oog van die gees nie meer werd as die van die liggaam nie?!

[8] Indien ons egter al so-iets doen ten behoewe van die liggaamlike oë, dink jy dan dat die Heer minder barmhartig met die oog van die gees sal omgaan?!

[9] O my geliefde broeder Abedam, sien, wat die Heer doen is altyd wys en welgedaan!

[10] Ons is gewek en sou van groot ondankbaarheid getuig ten opsigte van die so besonder heilige goeie Vader, deur nie te erken wat Hy aan ons gedoen het nie! Maar ons almal is gewek in die midde van die nag en dit uit die allergrootste liefde van Abba; maar inslaap mag ons nooit! Die dag van die gees is helderder as die van die liggaam. Daarom is dit ook vir die welbehae van die geestelike oog nodig om in die middernag gewek te word; want diegene wat tot in die dag sal slaap, vir hom sal die sterk lig van die dag verseker doodmaak! - Begryp jy my, broeder?"

[11] Na hierdie tot Abedam gerigte woorde van Henog keer die onbekende Abedam na die twee toe terug en rig die volgende woorde aan hulle, wat baie opmerklik is en as volg lui:

[12] "My baie geliefde vriende! Waarlik nie `n woord van julle gesprek het My ore ontgaan nie! En jy, Abedam, is wakker omdat jy die nag in jouself bemerk en nog opmerk; en jy Henog, is helder wakker omdat jy die tyd waarop die Vader julle gewek het, gewaar geword het en ook weet waarom, - en jy met groot stelligheid `n voorgevoel gehad het van die groot komende dag!

[13] Jy het korrek gespreek teen jou broeder en elke woord van jou is reeds met die vlammende skrif van die sterre in die boek van die ewige lewe ingeskryf. Maar nou stel Ek julle `n vraag wat Ek graag beantwoord wil kry; want sonder die oplossing van hierdie vraag bly elke mens, hoe kragtig hy ook in die nag uit sy slaap wakker geskud is, tog min of meer slaapdronk en hierdie toestand is vir `n gewekte slegter as die slaap self!

[14] Hierdie belangrike vraag self lui as volg: Wat se sigbare verskil is daar tussen die voornag, middernag en die nanag?

[15] Sien, dit lê in God se ewige ordening veranker! Maar die wat slaap - die ken geen verskil in die nag nie omdat hy slaap; en as die groot wekker kom, `n bruisende wind ter middernag, dan maak hy weliswaar sy oë oop, maar draai Homself om en slaap weer in om tot by die opgaande son te droom. Staan hy dan op, dan is hy ligsku en probeer baie spoedig homself onder `n digte skaduwee verberg.

[16] `n Ander staan wel op, vryf sy oë uit en rek al sy ledemate uit; maar hy bly slaapdronk tot sonsopgang en waggel daarom voortdurend heen en weer, is vol ergernis, weet nie hoe laat dit is nie en dink maar steeds aan die soete slaap, - maar aan die komende dag dink hy nie. En al word hy aangespoor om homself aan te trek, dan bly hy tog traag en ongekleed tot by sonsopgang, en vir hom sou die terugkerende voornag veel welkomer wees as die komende lewensmore.

[17] Waarlik, vir hom het die dag niks vrolik te bied nie!

[18] Maar hy wat heeltemal wakker geword het, verheug homself reeds by die eerste ontwaking op die wakker synde lewe en prys om middernag sy groot, heilige Wekker; hy is diegene wat baie gou weet hoe laat dit is en hy onderskei die verskil tussen die voornag, middernag en nanag!

[19] Met elke asemtog verwag hy die komende dag en by die eerste oggendgrou is sy gees reeds vervul met `n vreugde, wat groter is as alle sigbare hemele!

[20] Sien daarom, my geliefde vriende, hoe belangrik die antwoord op die gestelde vraag is! Daarom gee Ek julle ook hierdie verklaring daarby, sodat julle des te makliker `n passende antwoord op hierdie so ongemeen belangrike vraag sal vind; en antwoord My dus om die beurt, - egter, as julle dit wil! Amen."

[21] En die bekende Abedam sê dadelik aan Henog: "Broeder jou vroeër tot my domheid gerigte woorde het my oë geopen, sodat ek nou baie goed insien op welke tydstip in die nag ek uit die slaap - ewige dank aan die heilige, groot Wekker! - gewek is en ek weet nou dat ek waaragtig wakker is en waarom ek dit is; maar, broeder, hierdie vraag! - O, my allerliefste naamgenoot, hierdie vraag van jou het nie op ons maer aarde gegroei nie! Ek self sien nou reeds baie duidelik in dat ek nie die oplossing sal vind nie!

[22] Wakker is ek wel - aan die Heer alle lof, alle dank, alle eer en alle liefde daarvoor! -, maar in hoeverre daar in my toestand van nagtelike wakker ook `n hinderlike slaapdronkenheid aanwesig is, kan ek nouliks oorsien! Daarom sal jy wel, broeder Henog, die beantwoording van hierdie belangrike vraag op jou moet neem, as jy wil! Amen."

[23] En Henog sê aan Abedam, die bekende: "Luister, beste broeder, dit kom vir my voor dat ons innige geliefde vriend tegelyk met die vraag al die antwoord gegee het en lê dit alleen maar aan ons voor, nie soseer om die vraag te beantwoord nie, maar veeleer om die antwoord wat in die vraag geleë is, te ken en dit dan in ons lewe op te neem!

[24] Want sien, ek het die volgende mening: Uit wie se mond die vraag kom, uit die se hart stroom met die vraag ook `n onuitspreeklike welwillendheid! En wees daarvan verseker dat die vraesteller geen behoefte daaraan het om ons te beproef of tot genoeë van sy eie ondeurgrondelike wysheid ons swak smeulende sonstoffie te deurgrond nie, maar sy vreugde bestaan slegs daaruit, om in die verborgene verskuil, ongehoorde groot gawes uit te deel! - Begryp jy my, Abedam?"

[25] En Abedam, die vreemdeling, gryp hulle beide onder die arms en tel hulle ietwat van die aarde af op en sit hulle daarna weer sag neer, en gee die volgende opheldering:

[26] "My baie geliefdes, in julle harte heers `n groot trou; in jou, Henog, lig uit liefde - en in jou, Abedam, liefde uit lig! Beide is goed en strook met die sin van die goddelike ordening, en die fontein van die lewe stroom onweerstaanbaar vol vreugde na die groot, ewige dag toe.

[27] Maar die voornag, middernag en die nanag vloei nie saam oor in die dag nie, maar bly agter en vergaan, die een na die ander.

[28] Maar tog is dit nodig vanweë dieselfde ordening as wat die aardryk vir die saadkorrel nodig is, so is dit ook nodig vir die lewe! En so is die voornag die tyd van die saai en die inlê in die aarde, die middernag die tyd waarin die kiem uitbreek en deurbreek, en die nanag die tyd van die agterlaat van die materie en die omhoog groei deur die opsuiging van die moredou.

[29] Maar dikwels val die dou reeds baie vroeg voordat die son opgekom het; en dit is nou juis ook die geval by ons.

[30] Sien, die dag van die Heer is nie gelyk aan `n dag op aarde nie, maar wanneer hy kom, dan kom hy alleen en op hom volg ewiglik geen nag meer nie; daarom is die voorafgaande nagtyd immers geregverdig in die goddelike ordening, omdat hy `n nood­sakelike voorloper van die groot dag is.

[31] Maar welke lewende sal in die nag wil bly?! As hy hom nie sal laat wek nie, sal hy nie saam met die nag vergaan wanneer die dag aanbreek nie?!

[32] Sien, dit is die groot verskil! Daarom hef Ek julle beide op, Begryp dit goed en bly by My, netsoos Ek by julle; maar swyg tot more. Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205