Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Kain se vervloeking en sy vlug

20 En sien, toe trek daar van alle kante af swart wolke saam bokant die kop van Kain, en groot weerligte het na alle rigtings geslaan, begelei deur sterk donderslae; en dit het begin om te woed van alle kante af, en hewige warrelwinde het groot massas hael oor die vrug belaaide lande gestort en dit tot in die grond vernietig en dit was die eerste hael wat vanaf die hemele op die aarde gegooi is, die hael was `n teken van die Liefde sonder erbarming, aangesien die Godheid in Haar van nuuts af beledig was deur die misdaad van Kain op sy broer Abel.

[02] Die besoedelde Kain het in sy hut gevlug, en het sy vrou bewend op die grond gevind en sommige van sy meesal ongeseënde kinders, soos dooies langs haar. Hierop het hy groot geskrik en het die slang gevloek, en uit die hut gekruip, die klip gevind wat die vlugtende slang voor sy deur geplaas het, aangesien hy daaroor geval en hard op die aarde neergeslaan het, en weereens het hy die boosaardigheid van die slang, en die klip wat die dood gebring het, vervloek.

[03] Hy het weer opgestaan met sy lyf vol pyn, het na die oewer van die nabye rivier gegaan om die vervloekte slang op te soek, te vernietig en dood te maak.

[04] Kain het by die wal van die oewer aangekom en sien toe `n afskuwelike ongedierte, 666 elle lank, 7 elle breed en hoog, toege­rus met tien koppe wat stroomop na hom toe swem en sien ook, hoe daar op elke kop tien horings nes `n kroon uitgegroei het.

[05] En kyk, toe hierdie verskriklike slang nou in sy nabyheid was, praat sy uit al tien koppe gelyktydig en sê: “Jy sterk Kain, moor­denaar van jou broer Abel, as jy lus is om met my te baklei, begin dan met jou verwoestende werk!

[06] Voorheen in die gras, toe ek nog swak was, kon jy my wel verskeur, my vlees en bloed opeet; maar nou sal `n soortgelyke taak by my nie slaag nie, want die goeie kos wat jy vir my voorberei het van die bloed van jou broer, het my groot en sterk gemaak. En nou, indien jy my wil vernietig, begin dan om jou wraak met my bloed te voed. Maar aangesien jy net tien vingers en nie tien hande het nie, en daarom nie al die koppe gelyktydig kan bykom nie, sal die oorblywende agt jou met hulle horings verpletter en jou opeet met hulle agt bekke!”

[07] Kain skrik hewig en het van die slang weggevlug, weereens het hy die slang vervloek en gesien hoe geweldig hy bedrieg is deur die slang. Treurig het hy by homself gedink; wie sal my nou versoen met die ewige regverdige God, aangesien my broer Abel nie meer daar is nie?! O, jy drie maal vervloekte slang, jy is die moordenaar van my broer en wil nou ook vir my vermoor! O, as ek geweet het dat jy ten gronde moet gaan, wanneer ek ten gronde sal gaan, sou ek sy dood sewe keer op myself gewreek het!”

[08] Die slang staan toe agter hom in die vorm van `n buitengewoon bekoorlike jong vrou en sê vir hom: “Kain, doen dit, en ek sal jou vlees verteer en jou bloed drink, en so sal ons weer volkome verenig wees en heersers wees oor die hele wêreld.”

[09] Kain kyk na die aanvallige jong vrou aan en sê: “Ja, dit is jou ware voorkoms; so is jy op jou verskriklikste! Wie jou sal sien met jou tien koppe, sal vir jou vlug soos voor die oordeel van die God; maar vir wie jy sal verlei in hierdie voorkoms, sal jou agterna loop, jou vang, en vir jou meer liefhê as vir God en vir homself as baie gelukkig ag, wanneer jy hom met jou doodshande sal gryp, en die mense sal vir jou tempels en altare oprig, en sal jou speeksel lek en jou uitskot eet.

[10] En as ek jou nie met die tien koppe gesien het nie, sou ook ek jou slaaf geword het; maar nou ken ek jou deur en deur, en verafsku jou in hierdie voorkoms meer as in die vorige met die tien koppe.”

[11] Toe praat die mooi vrou weer: “Maar Kain, hoe kan jy bang wees vir hierdie sagte ledemate van my en hierdie sagte bors van my?”

[12] “O bly net stil”, sê Kain, “jou sagte ledemate is soos slange vol bitter gif, en onder jou sagte, geswelde bors rus `n ondeursigtige pantser waarmee en waaraan jou slangarms, my arme en swakke geslag sal dooddruk! Want in hierdie voorkoms sal jy selfs die reusagtige Leviatan tot jou mees gehoorsame dienskneg maak!”

[13] En kyk nou, toe ontbrand die slangvrou vanuit haar innerlike raserny, sodat haar hele wese soos die son begin straal, en neem die gedaante van Abel aan met `n vriendelike gesig, en het weereens vir Kain gesê:

[14] “Kain, jy blinde dwaas, my besoedelde broer, kyk vir my, wat jy met `n klip doodgeslaan het, wat nou verheerlik voor jou staan en sy hand vir jou bied om jou te versoen met hom, moenie bang wees vir die voorkoms van die slang nie, wat jy jouself is! Wie was dit, jy of die slang wat ontrou geword het teenoor JaHWeH? Het jy of die slang met jou vrou gemeenskap soos die honde gehad, sonder die voorafgaande offer, soos wat dit aan jou beveel was? Was dit jy of die slang wat die groot hitte vervloek het en vir JaHWeH net strooi geoffer het? Sê my, het die slang of jy kwaad geword van afguns teenoor jou broer? Was die slang nie net `n uiterlike voorkoms van die besoedeling in jou nie, waardeur jy jouself oorreed het in jou groot waansinnigheid om jou broer te vermoor?

[15] En waarom vervloek jy nou die slang, wat jy tog self is, en beskou jy nog ten slotte jou eie broer as die gepersonifieerde slang?! En het jou eie broer nie aan jou gesê, toe hy nog liggaamlik lewendig was - nadat jy gegaan het, om hom te haal vir die dood, en in jou groot slinksheid voorgegee het, dat hy jou moet bevry van die slang -, of dink jy dat hy ook `n broedermoordenaar is?!

[16] Spreek en antwoord my, is dit nie so nie; - indien dit dan nie so is nie, vervloek dan maar eers die slang, en moenie vir my, wat van bo gekom het om jou te help, as die verheerlikte broer, as die slang beskou nie, maar dit is jy jouself. Gee my nou jou met broeder bloed bevlekte hand, sodat jy deur my broederliefde gesuiwer kan word van haar groot skuld, sodat jy dan weer barmhartigheid kan vind in die oë van JaHWeH!”

[17] En sien, toe word Kain in sy blindheid deur die Satan gevang en wou reeds vir die verleidster die hand gee. Maar `n geweldige bliksemlig slaan vanaf die hemele, tussen die leuenaar en Kain, en die vermoorde Abel het as `n slang op die grond gelê, en Kain het oor sy hele lyf gebewe, en gewag op die versekerde oordeel van bo.

[18] En sien, toe spreek JaHWeH uit die wolke: “Kain! Waar is jou broer Abel, - waarheen het jy hom gelaat?”

[19] Maar Kain het hom reggeruk, deur na die slang op die grond te kyk en gesê: “Waarom vra U my dit? Is ek my broer se hoeder?”

[20] En die stem van JaHWeH spreek heftiger as vantevore: “Die bloed van jou broer, waarmee jy die aarde deurdrenk het, skreeu tot My! Ek het jou daad gesien; waar is Abel, jou broer?”

[21] En Kain sê: “Heer, my sonde is so groot, dit kan nooit meer vir my vergewe word nie!”

[22a] “Ja”, sê JaHWeH, “daarom sal die aarde wat Abel se bloed verslind het, vervloek wees;

[22b] En wanneer jy in die toekoms `n akker daarop sal maak, sal dit aan jou geen brood meer gee nie, en jy sal voortaan rusteloos en gejaagd soos `n verskeurende dier dakloos rondswerf en jou voed met dorings en dissels!”

[23] Toe het Kain geweldig geskrik en met `n bewende stem gesê: “Heer, U Allerregverdigste, sien, U dryf my vandag uit hierdie land, en ek moet vlug voor U aangesig en sonder rus voortvlugtig wees op die aarde. Met my, arme swakkeling, sal dit so gaan, sodat dié een wat my sal vind, my sal doodslaan; betoon daarom barm-hartigheid teenoor my, terwille van my familielede!”

[24] En sien, toe sê JaHWeH. “Nee, niemand sal vir Kain doodslaan nie, - maar wie vir Kain sou doodmaak, sal self sewe­voudig doodgemaak word! Sodat niemand hom aan jou sal vergryp nie, sal ek jou op die voorkop met `n swart vlek merk, sodat niemand vir jou meer sal herken en doodslaan nie.”

[25] En sien, toe vlug Kain met sy familielede uit My aangesig tot ver anderkant Heden (Eden) na `n laagliggende land Nod. Maar Eden was `n mooi land, met heuwels, vol van die beste vrugte; Kain het van die plek gehou, en hy wou hier bly. Maar toe hy opkyk na die heuwels, sien hy orals `n man met `n kwaai gesig staan en gewapen met `n klip in sy hand, asof hy vir Kain wag om wraak te neem vir sy misdaad; en hierdie verskynsel was veroorsaak deur die groot angs in hom. En hy het gesien dat hy hier nie kon bly nie.

[26] Hy het verder gevlug in die rigting van die oggend en by `n groot vlakte aangekom; uitgeput het hy neergeval en vir drie dae en nagte aanmekaar geslaap.`n Sterk wind het van die berge af opgekom en die slapendes wakker gemaak. Die wind het met `n gier en loei oor die wye vlaktes, en het uiteindelik in die laagtes van die land gaan lê, wat daar "Nod" of "droë bodem van die see" genoem word.

[27] En Kain het weer opgekyk na die hoë kruine van die berge, en het geen mans meer gesien nie; en nie geweet wat om te doen nie. Na `n kort rukkie strek hy sy arms uit en skreeu baie hard: “Heer, U die mees Regverdige, wanneer U my geskreeu oor hierdie groot afstand hoor, kyk dan barmhartig oor die kruine, terwille van die kinders en my vrou, vir die gemerkte vlugteling deur die gewydheid van U oë, wat my voorkop gemerk het met die nag van sonde, sodat ek met onbedekte voorhoof nie herken sou word vanweë die misdaad, wat op die voorhoof, in die hande en op die bors van die groot sondaar geskrywe staan. Hierdie sonde is so groot, dat dit nooit meer vergewe sal kan word nie.

[28] En sien, toe kom daar `n wolk van die hoë berge gesweef, sewe-en-sewentig manshoogtes bokant die vlugtelinge, en `n sterk stem het daaruit gepraat, en dit was die stem van Abel, wat gesê het: “Kain, ken jy hierdie stem?”

[29] En Kain antwoord: “O broer Abel, kom jy hierheen om regmatige wraak te neem op my, jou moordenaar, - doen dit dan in die naam van geregtigheid; maar spaar jou geseënde suster en haar kinders!”

[30] Toe klink die stem nogmaals en sê: “Kain, wie die kwade doen, is `n sondaar; wie die kwade vergeld met kwaad, is `n kneg van die sonde; wie goed doen terwille van die goeie, dié het die skuld afbetaal, en daar sal niks daarvan oorbly nie; wie daar meervoudig goed doen, is sy broers waardig; maar voor God tel net een ding, en dit is: om kwaad met goed te vergeld en diegene te seën wat die weldoeners vervloek en hulle lewe gee vir die dood! {Joh.8, 34;Mt.5, 44;Lk.6, 28}

[31] En sien, vanweë hierdie laaste kom ek na jou toe; daarom, moenie vir my bang wees nie, aangesien ek van bo na jou gestuur is om eerstens aan jou te toon dat die Heer waaragtig en getrou in al sy beloftes is, en tweedens om vir jou aan te dui dat jy in hierdie land met jou familielede moet bly, en jy en hulle moet lewe van die vrugte wat jy in hierdie land sal vind, en verder dan ook om vir jou te laat weet dat jou broer jou vergewe het vir jou daad, deur die groot Liefde van die Vader in hom.

[32] Maar my bloed moet jy egter versoen met die trane van jou berou, totdat die vlek van jou voorhoof afgewas is; en jou kinders en jou vrou moet jy lei, in alle vrees voor die Heer en wanneer jy dit sal doen, vrywilliglik uit jouself, uit vrees vir JaHWeH, sal jy bly lewe net soos wat jy nou is, `n banneling; Maar as jy dit sal doen uit liefde, dan sal jy die verharde hart van die Geregtigheid ontroer.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205