|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 109
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die ruspouse van die vaders onder die broodboom
109 Onder die voer van derglike gesprekke, het die vaders nou ook die helfte van die weg afgelê en Adam versoek om hier `n bietjie uit te rus; want dit het volgens julle tydsberekening elfuur geword, `n tyd waarop die son reeds hete strale na die aarde begin te stuur.
[2] En daarom was `n klein pouse in die baie koel skadu van `n grote Bahaniaboom met vele stamme vir die ou Adam in liggaamlike opsig baie gewens en was dit die regte plek, en wel ten eerste om weer kragte te bou, ten tweede - vanweë die koelte en ten derde vanweë `n aan alle vaders welbekende, baie frisse en ryklik stromende waterbron, waaraan Adam reeds van oudsher `n besondere versterkende krag aan toegeskryf het.
[3] Hier gaan die vaders sit en loof en prys My van ganser harte, en diegene wat My reeds herken het, verheug hulleself bomatig, - net by Set was dit gladnie die geval nie; want Sy belofte aan Enos laat hom geen oomblik met rus nie en druk hom swaar op Sy hart!
[4] Baie spoedig merk Adam dat daar by Set iets skort en hy vra hom: "Luister, my geliefde seun en vertel my wat jou van wysie afgebring het.
[5] Want Sien, jy haal asem soos iemand wat reken, waar geen getalle is, of niks wat jy kan tel nie! Wat is dit? Maak jou mond voor my oop en jou hart voor Hom wat onder ons is! Amen."
[6] Set word nog meer verleë omdat Enos Homself naas hom bevind en hy kon dan ook geen woord uiter nie.
[7] En nou eers bemoei Asmahael Homself daarmee en help op hierdie manier die arme Set uit Sy moeilike situasie met die volgende woorde:
[8] "As iemand, hoe dan ook gevange word deur woord of daad, omdat hy nie so vlot is soos `n ander wat hom gevang het nie, dan lê die skuld van die gevangeneming nie by die gevangene nie, maar by diegene wat hom gevang het.
[9] Want as `n wolf behendig `n trae esel vang, wie se bene van nature langsamer is as die van die maklik springende wolf, wie kan dan die esel die skuld gee dat hy homself deur die wolf laat vang en verwond het, omdat die veel vinniger lopende wolf tog klaarblyklik die enigste skuldige aan die vangs is, omdat hy op `n onregmatige plek Sy vang- en hardloopbekwaamhede uitgeoefen het, terwyl hy homself tog maar net met herte, reë, gemsbokke en andere snelvoetige diere in die woud sou moes meet!
[10] Maar wanneer `n wolf homself vir Sy eie vermaak laat vang deur `n esel en hy dan in Sy domheid die kop van die wolf met Sy harde hoef verbrysel, waarlik, dan dra die wolf wat verwond is, omdat hy homself wou vermaak deur vir homself `n gevange te gee, immers self die skuld dat die domheid van die esel hom ten gronde geoordeel het! Set, herken jy die beeld?
[11] Hoe geval die wolf en die esel jou? Maar beskik jy uit jouself oor wysheid en het jy wysheid in jou, wat het dan jou voete so verstrik dat jy in jou listige berekening nie ook kon beraam wat die esel sal doen wanneer die wolf, wat homself nalatig getoon het, binne Sy bereik kom nie?
[12] Sien, nie die wet, netsoos jy neerslagtig gedink het nie, maar net die dwaasheid bestraf homself op hierdie manier!
[13] Wie het jou die opdrag gegee om die nog blinde Enos oor dit te vra waaroor jy voorlopig deur God verbied was om oor te spreek?
[14] Sien, in die lis skuil geen vonkie wysheid nie; met die beskeie skranderheid is dit anders gestel - en geheel anders met die sluheid. Die skranderheid volg haar weg met sekerheid, terwyl die lis homself dikwels aan die domheid moet oorgee.
[15] Vir hierdie keer was jy daarom gehelp, omdat jy dit uit liefde gedoen het; maar sien in die vervolg toe dat jou esel met sy hoef nie te naby jou kop kom nie, - anders kan jy vergaan net soos die wolf!
[16] En jy Enos, wag tot more op die antwoord en jy sal dit as laatste te hore kry, omdat jy jou voor jou vader geregverdig het en jy sy hart met angs vervul het; wag daarom tot more! Amen."
|
|
|
|
|