Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam seën sy kinders

45 En sien, nouliks was daar `n tyd van honderd slae van die hart verstreke of beide die afgevaardigdes met die wenende Jeha aan hulle sy, betree vol eerbied, voorsien van spys en drank, die woning van Adam. Eerbiedig reik hulle die voedsel aan Set, sodat hy, neerknielend voor Adam en Eva, aan hulle, as die mees waardige, dit waarna hulle verlang sou oorhandig, en hy doen dit met die grootste kinderlike liefde en die grootste vreugde.

[2] En sien, toe Adam die groot bereidwilligheid en die groot liefde van sy kinders sien, slaan hy, nog voordat hy `n hap geneem het, sy oë op na die hemel en sê: "O, groot, goeie, bo alles heilige Vader, hoe groot moet U liefde vir ons swak, ongehoorsame mense tog wees as reeds die kleinste vonk van U oneindige liefde my, ou en swak eerste mens op aarde, so mild en heerlik uit my nakomelinge en U kinders tegemoet straal! O Vader, sien vanaf U heilige hoogte met barmhartigheid neer op U swak, gevalle seun, wie se val al sy nakomelinge saamgesleep het en seën met U mildheid ook die liewe gawes van my nakomelinge en U liewe kinders, sodat dit my en my troue vrou mag versterk in ons voortdurende berou oor ons ongehoorsaamheid teenoor U, O U allergewyde, goeie, liefdevolle Vader! Seën egter ook hierdie liewe kinders van U en laat dit in U barmhartigheid gebeur, dat U heilige Naam te alle tye geprys, geloof en verheerlik sal mag word! Amen."

[3] Toe Adam die woorde uitgespreek het, neem hy die aangebede spyse en eet en drink, saam met Eva, welgemoed en vol dankbaarheid teenoor My en vervul van vriendelikheid teenoor sy kinders. Maar die kinders dank My in stilte in hulle hart vir die groot barmhartigheid dat Ek hulle waardig bevind het, sodat hulle nou met groot vreugde vir hulle ouers mag sorg. Sien, dit was in My oë egte liewe kinders, waarvan daar teenswoordig op die heeltemal verdorwe aarde nog maar min oor is; o, dit was nog eens kinders na My hart! Was daar tog maar baie meer sulke kinders, o, dan was Ek nie so `n onsigbare Vader vir hulle soos wat Ek nou helaas vir so baie moet wees nie, sodat hulle in hulle verstokte verblinding nie heeltemal ten gronde gaan nie!

[4] En toe Adam en Eva by hulle, uit liefde nog steeds wenende kinders, hulleself versadig het, staan Adam op en dank My met `n hart vol ontroering en wend homself, nadat hy sy danksegging beëindig het, tot sy kinders en sê met `n buitengewone vriendelike stem, wat getril het van ontroering: "God se seën en my seën sal altyd met julle en julle nakomelinge wees. En solank as die aarde die aarde bly, sal tot aan die einde van alle tye julle nou so plegtig geseënde geslagslyn voortbestaan; en aan hulle wat ooit regstreeks van julle sal afstam, sal my oervaderlike seën uit God as ons allergewyde Vader in hulle doen en late goed sigbaar wees; en eendag sal my seën oor julle almal sigbaar word as `n nuwe opgaande son van liefde en barmhartigheid uit God, die Vader, oor alle volkere van die aarde, wat dan die groot heerlikheid van God se onmeetlike liefde en sagmoedigheid sal sien neerdaal as `n lewe van alle lewe! Amen. En gaan nou, liewe kinders en versterk julle en laaf julle onder God en my seën! Amen."

[5] En Set staan op en sê: "O, liewe vader en lieflike moeder! Dit sou ongepas wees dat, al sou julle ook maar `n halwe dag honger gely het, ons uit groot liefde vir julle nie ook die onverdiende ongemak met julle sou deel nie, want daaraan is ons skuldig, omdat ons eers so laat na julle toe gekom het; laat ons daarom uit groot liefde vir julle en deur julle en met julle tot God, vandag geen spyse meer tot ons neem nie, sodat ons in staat sal wees om God des te suiwerder en waardiger te loof en te prys in ons baie gelukkige nugterheid! O vader, neem ons klein, opregte offer in barmhartigheid aan; en veroorloof dan julle nakomeling Henog om vir julle en ons oor die liefde van God te spreek, sodat sy mond ook deur julle seën gewy kan word, soos dit in ons aanwesigheid deur God gewy was deur julle oorlede seun Abel! O vader, voldoen barmhartig aan my vroom wens! Amen."

[6] Toe Adam dit hoor, was hy tot trane geroer en sê: "O kinders, mag julle in die doen van die goeie nooit beperk word nie! Doen altyd dit waar julle baat by het; maar doen, wat julle ook doen, nie tot my eer nie, maar altyd tot ere van God, en vergeet julle vader nie in sy groot nood en gedenk altyd die swakte van julle moeder!

[7] En jy, liewe Henog, omdat jy deur middel van my liefste Abel uit God tot redenaar en prediker van die liefde geseënd is, is ook jou hele nakomelingskap daarom deur my geseën. En mag eens vir alle volkere van die aarde uit jou lyn `n groot Prediker opstaan, wat met die woorde van die ewige lewe aan die mense die ryk van God sal verkondig! Amen. En spreek nou met jou geseënde mond! Amen."

[8] Toe Henog nou so `n kragtige aanmoediging gekry het, word hy buitengewoon bly en opgewek en dank My eers in sy hart; toe kniel hy voor Adam neer en kus sy voete en die kleed van Eva en vra daarna innig aan die oerstamvader om hom sy seënende vaderhande op sy hoof te lê, sodat sy swak tong eers daardeur waardig geag mag word om woorde van liefde te spreek vir en aan die oor van diegene wat eens die woorde uit die mond van die ewige Liefde Self verneem het, ja vir en tot die heilige ore waarin God se stem so dikwels deurgedring het.

[9] Adam doen toe wat Henog versoek en sê toe vir hom: "Liewe Henog! Jou vraag was reg gestel, sodat dit vir God en vir my welgevallig is en dit is soos jy gesê het; maar één ding wat vir julle nie betaamlik was om te dink nie, laat staan nog te sê, moet ek hierby toevoeg en dit is: Vir en tot wie se oor God se heilige stem eens tevergeefs in die allerhoogste liefde spreek!

[10] Sien, liewe Henog, dit is, soos vir elkeen van julle, my plig om ten aanhoor van elkeen sy eie foute te beken en hulle voor God en die aarde te verneder; maar wee diegene wat die naam van sy broeder sou verkleineer en hom sy eer sou ontneem, wat God Self aan hom gegee het! So `n eer is dus die eiendom van God en niemand het die reg om so `n heilige eiendom van `n ander met woord of daad aan te tas nie; maar elkeen het die reg om homself voor God en die aarde te verootmoedig, dit wil sê voor sy volwasse broeders, maar nie voor hulle wat nog nie mondig is nie, sodat hulle nie hoogmoedig of op een of ander manier onaangenaam getref sal word nie.

[11] Laat dit vir julle almal `n goeie leer wees en vir my `n groot gerusstelling, waardeur ek nou eers self goed in staat sal wees om God se woord uit Henog se geseënde mond goed in my op te neem! Want dit is heelwat anders as wat `n broeder tot die ander spreek oor die aarde, die maan, die son en alle sterre; want dit is `n wêreldse saak wat alles terwille van my en julle geskape was, as wanneer `n broeder vir die ander woorde vanuit God spreek oor `n saak wat God aangaan; dit kan en sal niemand eerder aanhoor, as dat hy homself verneder het voor die alles rigtende gewydheid van God nie.

[12] Maar wie sou meen dat die broeder vanuit homself en nie vanuit God spreek nie, as sy tong geseën word, die sou in sy eiedunk die oordeel oor homself uitspreek, omdat hy sou dink dat hy ook so goed was en God immers deur iedereen se mond sou kan en moet spreek en dit sou nou nie bepaald die van Henog moet wees nie. Maar dit sê ek vir julle, as julle aller liggaamlike vader en as die verwekker van julle siel vanuit God: So is dit nie! Kyk na die blomme op die veld! Is elkeen nie anders van vorm, kleur, geur en in die gebruik daarvan nie - en van almal is slegs die roos met haar heerlike geur en vir iedere swak oë die versterkende dou tog die edelste, indien die hart vooraf deur die geur verkwik word?! En as julle na die tallose sterre aan die hemel kyk, sal julle by noukeurige beskouing opmerk dat daar ook nie twee dieselfde lig het nie; maar één onder al die sterre, wat hulle groep nie verlaat en wat julle die "ster van Abel" noem, straal soos `n heldere doudruppel in die môreson! Dit is vir God dieselfde of dit nou oor `n sonstoffie of oor `n son gaan en dit is vir Hom dieselfde om `n muggie of `n olifant te voed; want as iemand baie het, kan hy daarvan met dieselfde wil en dieselfde liefde aan groot en klein gee: Baie aan diegene wat baie nodig het en `n klein gawe aan diegene wat maar weinig nodig het, en hy kan ook velerlei uitdeel, aan die een dit en aan die ander dat en sodoende aan elkeen iets anders. Maar Henog was begiftig met liefde en het `n geseënde tong en `n baie verligte hart gekry; daarom moet hy ook gee wat hy ontvang. En omdat God se liefde sy aandeel word, moet hy nou ook liefde teruggee, net soos die roos, dit wat sy ontvang, teruggee en niemand twyfel daaraan, dat sy vooraf van God gekry het wat sy gee, omdat dit `n goeie gawe is wat ons sintuie goed aandoen. Wie sou ooit kan twyfel vanwaar Henog se gawe kom, wanneer sy tong van suiwer liefde voor God beef?!

[13] Daarom spreek, Henog, en versterk ons, jou vaders, met die oorvloed van jou barmhartigheid uit God! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205