|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 96
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Asmahael spreek oor die Woord van God
96 Toe Adam uitgespreek was en niks meer gehad het en ook niks meer geweet het waaroor hy wil of kon spreek nie, dank die kinders hom vir hierdie laaste mededeling; want almal, op Henog na, dink dat Adam nou niks meer sou sê nie. Kort hierna maak Henog die kinders opmerksaam op die rede van Asmahael en almal rig al hulle aandag op Hom en Set sê:
[2] "O Heer, verleen my nou honderd harte en sewehonderd ore, sodat niks verlore gaan van dit wat U - ahum, o ja! - uit U, uit Asmahael se mond sal vloei as`t ware heeltemal uit U mond! O Heer en God en Vader vervul van die hoogste liefde en alle erbarming, kyk my gedurende U - ahum, o ja - die woorde van Asmahael dikwels aan, sodat die ernstige en milde blik van U oog die dwaling van my onrein hart sal verlig?! Amen."
[3] Na hierdie aanroep van Set laat Adam tog weer sy mond open en sê: "Set, ek merk en ek sien uit jou enigsins verleë uitroep baie goed in, dat aan die komende woorde van Asmahael jy meer geleë het as aan al die woorde van Henog, wat tog ook uit God was, en aan al my woorde, waardeur jy tog in die eerste plek die wese van God leer ken het as die Skepper van alle dinge en ook as `n liefdevolle Vader vir diegene van my nakomelinge wat Hom bowenal liefhet; want nog nooit het ek jou, soos nou, die Heer hoor aanroep om honderd harte en sewehonderd ore om ons woorde te kan opneem nie!
[4] Maar ek wil jou nie meer vra wat die oorsaak is nie; daarom mag Asmahael begin en maak dat ons spoedig by hulle aankom wat in die middernag woon! Amen."
[5] En onmiddellik staan Asmahael op en begin deur groot geduld en berusting Sy beproefde woorde tot almal te rig, en sê:
[6] "Luister almal en begryp dit goed, kinders in die aand en vaders en Adam nie minder nie: Wanneer die koringkorrel in die aarde gelê word, dan vergaan hy en uit sy verval ontstaan `n nuwe gewas en dit bring weer honderdvoudig van die vergane korrel voort. En so is dit ook met elke woord uit God se Mond.
[7] Die hart is die aarde, die liefde is die bemesting en God se liefde is die vrugbare reën; die daaropvolgende lig van die barmhartigheid is die warm sonskyn. Die vier dinge tesame bewerk in die eerste plek dat die graankorrel vergaan. Die toestand is gelyk aan die nag of aan die vrugtelose winter. In hierdie toestand weet die mens niks, begryp niks en sien niks. En die gevoel van die vernietiging is sy begeleier; maar wanneer die lente of die môre kom, dan begin uit die vergane vrug worteltjies in die aarde te groei en waar hulle hulleself in liefde tot `n bundel saamvoeg, verhef `n nuwe stam homself vol lewe en dit bou onvervaard `n nuwe woning vir die toekomstige rypwording van `n honderdvoudige lewe.
[8] Kyk na die halm, waaraan dit vrolik deur vrugte en lewe swaar geworde are wieg, en kyk uit hoeveel duisende en duisende buisies dit bestaan, waardeur die aar suiwer voedsel uit die skoot van die aarde opsuig! Kyk na die lang, hangende blare aan die halm en sien hoe mooi en hoe buitengewoon doelmatig hulle gevorm en voorsien is van tallose klein, spits uiteindes om hierdeur die spys van die hemel op te neem, sodat daardeur die spys uit die aarde self lewend mag word! Kyk na die bruinagtige ringe aan die halm, wat gemaak is sodat, na mate die lewe van die nuwe vrug homself hoe langer, hoe meer opgehewe en vrygemaak het uit die slyk van die dood van die aarde, ten eerste die suiwerste lewe gevrywaar sal word teen agteruitgang veroorsaak deur die diep slik, en ten tweede dat die aan die aarde ontneemde voeding verfyn sal word en veredel en homself, om tot lewe te kom, volkome sal vermeng met die enige lewegewende spys uit die hemele! Kyk na die baie lang, spitsvormige blaartjies van die kaf, hoe hulle hulleself almal sorgvuldig na die lig wend om die suiwerste genadespys van God se son begerig in hulleself op te suig, sodat die in nuwe hulsies ingeslote vrug van die lewe deur geen ander spys meer gevoed sal kan word as slegs deur die van die barmhartigheid uit die son nie! Kyk na die weldra daaropvolgende, vlytig wiegende blomme, wat ryklik voorsien is van die uit die hoogste hemele aangereikte manna, wat as `n fyn dou te beskou is en die vrug die eintlike voortplantende ewige lewe in homself gee! Kyk dan hoe, wanneer dit alles gebeur het, alles van die halm wat aan die aarde ontneem is, begin te verwelk en in `n sekere sin afsterf; maar hoe meer die aardse afsterf, des te meer bestendig en bevry die lewe homself uit die eweneens sterwende aar en uit sy sterwende huls!
[9] Wanneer die vrug dan ryp geword het, gaan julle daarheen of stuur julle kinders uit, sodat hulle sal oes en die lewende vrug in julle wonings en voorraadkamers sal bring.
[10] Sien, so doen die Heer dit ook! Julle is die graan; julle liggaam is die halm, julle siel is die gereinigde spys uit die aarde, julle gees is die spys uit die hemel en My lewende woord is die manna uit die allerhoogste hemel, wat julle eers die ware, ewige lewe bring, as julle dit aanneem soos die are en die blomme aan die verwelkende stam van die wêreld dit aanneem. Dog, soos gesê, die woord word tweemaal in julle gesaai en wel ten eerste lewend in die aardryk van julle hart tot `n beproewende en louterende ontbinding vir julle. Die woord vind elkeen reeds ten dele in homself en ten dele hoor hy dit van gewekte leraars en sprekers. Maar wanneer die saad vergaan het en die ontbinding nuwe wortels gemaak het om `n nuwe lewe te voed, dan kom die ander, lewende woord, soos nou van bo, oor die are van julle nuwe lewe en maak dit heeltemal ryp en vry vir die ewige lewe. Word daarom soos die graan, dan sal julle baie spoedig erken, dat slegs Hy die lewe het en gee wat Homself te midde van julle bevind! Luister om te lewe! Amen."
|
|
|
|
|