Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Nuwe geloof en lewenswyse

17 Nadat hy die woord van God noukeurig nagekom het, en vandaar weer teruggekeer het na sy familielede; wat na hom met verlange in hulle harte gewag het en daardie offer, volgens die aanwysing van die ewige Liefde verrig het, en aan Adam die leë pot oorhandig het, volgens die manier en betekenis, soos dit vir hom beveel was, toe spreek die ewige Liefde weer deur die mond van die Engel en sê:

[02] “Jy Abel, baie gehoorsame seun van My geseënde barmhartige Liefde, Ek benoem jou tot priester en leraar oor al jou broers en susters en as troos vir jou ouers en dus sal jy op elke Sabbatoggend, wanneer die son opkom, `n offer bring van die mooiste en suiwerste vrugte, wat Ek later nog presies aan jou sal uitwys, en jy moet hulle in die aand, wanneer die son ondergaan, aan die brand steek met die vuur van Liefde, wat ek vir jou sal wys, soos dit verborge is, in `n natuurlike klip, en jy dit altyd daaruit sal kry! Jou hoof mag jy nie bedek vanaf middernag tot weer die volgende middernag, sodat jou hoof vry sal wees vir die ontvangs van My groot barmhartigheid. Maar al jou broers moet hulle hoofde, eers in die oggend ontbloot en dit weer saans bedek. Maar die susters van jou liggaam moet hulle aangesigte en hulle hoofde vir die hele heilige dag bedek; net Eva mag gedurende die middel van die dag, drie maal na die altaar van God kyk.

[03] Maar Adam mag nooit vir die hele tyd van sy bestaan sy hoof bedek nie, as teken, dat hy die vader van julle vlees is, en julle hom altyd aan sy hoof moet erken, sodat julle aan hom eerbied en liefde kan betoon.

[04] Wee hom, wat dit ooit sal waag om sy vader in enigiets teë te gaan! Vir hom sal Ek met vurige oë aankyk; Die hoof van die Vader is nes die heiligheid van God. Elkeen sal aangehoor word, wanneer hy berou in sy hart het; maar wie die geringste deel van My heiligheid aantas, vir hom sal die onblusbare vuur gryp en elke druppel van die trane van sy berou in hom, sal verteer word, en hy sal vernietig word vir ewig!

[05] Maar wie sy moeder, met `n besoedelde hart aantas en teen haar liefde draai, vir hom sal ek nie meer in al sy nood kyk nie. Want die moeder is nes die Liefde in My; wie haar versmaai, sal op harde paaie wandel, op die vurige weë van JaHWeH.

[06] Dieselfde geld ook wanneer een broer teen die ander draai, dan sal hy My barmhartigheid verloor, en My erbarming sal ver van hom af wees; en wanneer iemand sy suster minag, vir hom sal My hart gesluit bly.

[07] Want julle broers is ook broers van My Liefde, en julle susters is `n genot vir die oë van My Liefde.

[08] Eer daarom jou vader, en wees lief vir jou moeder, en wees onderdanig teenoor mekaar in alle liefde, sodat julle My Naam, JaHWeH, kan vrees en sodat julle My Liefde kan liefhê, en vir julle drievoudig kan laat lei deur die groot gewydheid van My Gees, op die dag van My groot gewydheid, om die Wysheid sewevoudig te verkry vir die ses dae van Liefde en om regverdig op te tree voor My oë.

[09] Abel, nou moet jy, vir al jou broers verskillende ambagte leer, sodat hulle mekaar kan dien in Liefde en mekaar kan raad gee op die vele gebiede van die wysheid.

[10] Jy moet jou susters leer om garing uit die gras en die plante te berei, en moet hulle ook leer om dit in breë bande te vleg en om daaruit klere te maak, vir hulle broers en dan ook vir hulleself, sodat die Liefde opreg in ordelikheid behoue sal bly.

[11] Maar vir Adam, vir Eva en vir jou, wil Ek klere van bo gee, wat in kleur verskil, - vir Adam wit, vir Eva rooi en vir jou blou met geel some. Maar hierdie kleure, mag niemand vir sy eie klere gebruik nie, maar hulle moet hulle klere bont kleur; en geen swart vlekke mag daarop voorkom nie, ook geen skeurmerke nie, - behalwe vir wie daar gesondig het; hy moet sy klere skeur en moet dit met houtskool verf, en moet as op sy hoof strooi as teken dat hy `n sondaar voor My is en die kleed van barmhartigheid geskeur het, aangesien hy homself besmeer het, met die kleur van ongehoorsaamheid en die dood oor hom gekom het!

[12] Kain sal sy mooiste suster begeer, wat “Ahar” of “die skoonheid van Eva”, heet en moet saam met haar op die landerye trek en moet vore in die aarde maak met werktuie, wat hy klaar gereed sal vind; hy moet korreltjies wat hy ook in groot hoeveelhede sal vind, daarin plaas, en moet die saad “koring” noem; wanneer dit ryp geword en die korrels vas en die are bruin is, moet hy die korrels sorgvuldig skei van die are en moet dit tussen klippe maal, en die meel moet hy met water natmaak en daaruit `n deeg knie; en die deeg moet hy daarna op `n warm klip plaas, en daarvan afhaal, dit die naam “brood” gee; hy moet die brood neem, dit breek, God daarvoor dank, en dit saam met sy vrou Ahar geniet.

[13] Elke keer wanneer hy op sy landerye `n oes maak, moet hy die eerste tien gerwe aan My offer.

[14] Indien hy getrou teenoor My sal bly, sal Ek altyd met welgevalle sy offer van die aarde aanneem; maar wanneer hy My vergeet, dan sal sy offer nie aangeneem word nie en sal nie na die hemele opstyg nie, maar sal by sy voete op die aarde bly.

[15] So moet hy dan leef en sy geslag vermeerder; maar eers moet hy vir My, sy hart drie maal offer, daarna, die hart van Ahar sewe keer. Wanneer hy dit nie doen nie, sal sy ontrouheid ontbloot wees, en hy sal besoedel word, en die slang sal deur hom lewe en sal voortlewe in al sy dogters, wat daardeur mooier sal word van buite, maar des te leliker van binne, hulle sal al sy seuns vernietig, en sal daarna met gif, die kinders van my Liefde aansteek, en My seuns van My af wegrokkel.

[16] En Ek sal eendag sy geslag geheel en al van die aarde af verwyder! Sê dit alles baie duidelik vir hom, en herinner hom, aan My heilige Naam JaHWeH, en My dag, die Sabbat!

[17] Maar vir jou, my vrome Abel, wil Ek `n trop saggeaarde diere wys en hulle vir jou gee om te laat wei en die naam wat jy vir hulle sal gee, sal die regte naam wees; en wanneer jy hulle op hulle name sal roep, dan sal hulle jou as die herder herken en hulle sal jou stem orals heen volg.

[18] Voortaan moet jy nie meer vir My vrugte, soos met die terugkoms vanaf die berg van JaHWeH nie, maar die eersgeborenes van jou trop offer, wat die mooiste en die suiwerste vrugte is, soos wat ek alreeds voorheen vir jou aangetoon het.

[19] Jy moet eers dun houtjies dwars oor die vuurherd plaas, dan die bloedige offer daarop plaas, My dank en daarna die vuur aansteek soos wat Ek jou met die klippe gewys het, volgens My raad.

[20] As teken dat jou offer aan My welgevallig is, sal die rook daarvan altyd vinnig opwaarts na die hemele styg, asof dit baie haastig is. Maar die as, wat jy met `n klip moet bedek, moet jy op die altaar laat lê vir drie dae lank; op die derde dag moet jy gaan en die klip vanaf die as verwyder, en `n mooi voël, met glansende vere sal uit die as opstaan en na die hemele opvlieg en dan sal `n wind opkom en die as in alle rigtings van die aarde uitmekaar waai, vir die toekomstige opstanding van alle vlees, wat die werke van ware Liefde is, deur die Wysheid van die Heilige Gees, vir die kinders in die tyd van die groot tye en aan alle vreemdelinge, gegee sal word, wat daarna sal soek.

[21] Julle moet in die oggend saam eet, gedurende die middel van die dag en in die aand, - altyd baie matig en steeds in groot vrees vir JaHWeH, nadat julle Hom altyd voor en daarna gedank het, sodat die voedsel geseën kan word en die dood so daardeur weggeneem word.

[22] Wanneer iemand vergeet, sal hy kort daarna die besoedelde gevolge daarvan ondervind. Wie dit driemaal sal vergeet, vir hom sal Ek straf met `n lang slaap; maar wie dit nie doen nie, as gevolg van luiheid, sal dik word soos `n os, vet soos `n vark en dom soos `n esel, die kinders sal hom bespot en oopmond uitlag vir sy aaklige vorm en wanneer hy weer wil word soos die gehoorsames, dan sal hy baie moet vas en droë brood moet eet.

[23] Maar wie dit nie wil doen nie, as gevolg van `n halsstarrige ongehoorsaamheid en uit minagting vir hierdie maklike gebod van My, uit liefde vir julle; oor hom sal die begeerte van ontug en hoerery kom, aangesien hy maklik in sonde sal verval, `n groot geveg sal moet deurstaan om die sterk slang wat Eva versoek het, te beveg en Ek sal hom nie meer aansien nie, totdat hy in groot berou `n oorwinning behaal het oor sy vlees.

[24] In die oggend moet julle vrugte van die bome eet; maar in die middel van die dag moet julle van die boom van die lewe eet; en in die aand moet julle melk en heuning drink, wat Ek vir julle sal laat versamel op die takke van die bome deur baie diertjies van die lug van die hemele, wat julle “Celie” moet noem (wat julle vandag “bye” noem). Maar die naam “Celie” beteken, “die bekommernis van die hemele” en op die derde dag, voor die Sabbat, moet julle `n skaap slag, dit skoonmaak van sy bloed, dit dan braai gedurende die dag, op die vuur uit die klip, en dit in die aand vrolik geniet.

[25] Ook Kain en sy vrou Ahar moet na julle toe kom en saam met julle die vleis van die saggeaarde diere eet; maar andersins moet hy en sy op die lande bly.

[26] Nou weet julle alles wat vir julle noodsaaklik is. Wanneer daar `n koue tydperk oor die aarde sal kom, sal Ek vir liggaamlike beskerming vir julle klere van skaapvel van bo stuur. Vir Adam, Eva en vir jou; maar die velle van die skape wat vir die aandetes geslag is, moet jou broers versamel, dit in die son laat droogword en hulle bewaar ter bedekking van hulle liggame in die koue tye, volgens die voorbeeld wat Ek vir julle van bo af sal stuur; en wanneer die velle droog word, dan moet hulle dit sewe keer in vars water was, waarna die velle dan sag en skoon sal word, heel geskik vir goeie gebruik.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205