|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 65
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Adam se terugblik op sy lewe
65 Nadat Henog die groot lig gebring het, staan almal op en dank My in stilte in hulle hart vir hierdie gawe deur Henog. En Adam verlang na `n klein versterking vir sy liggaam, wat hom dan ook dadelik oorhandig word; en toe hy homself versterk het met heuning, melk en brood, dank hy My vir hierdie gawe en spreek daarna tot sy kinders:
[2] "Kinders! Alhier het ek eens alles verloor deur my eie skuld - en waarlik, duisend maal meer as wat ek toe verloor, het die Heer, ons mees liefdevolle, genadige, heilige Vader my nou weer hier laat vind!
[3] O paradys, mooiste tuin, verligte plek, waar ek nog in God se hand geskitter het soos `n opgaande son en in alle volheid van die lewe magtiger was as alle wêrelde tesame, toe was ek jou oormoedige bewoner en jy my swak draagster!
[4] Eens val ek en jy, skone begogeling, jy was nie in staat om my op te help nie! Deur die val van die magtige word jy ineen gedruk en jou donsige bodem word saamgepers soos `n donsige wollerige pluiskombers, wat `n windvlaag aan die boom ontruk en haar vervolgens op die grond laat val, sodat dit vertrap kon word onder ons voete.
[5] Deur my gedwonge vlug het jy sonder las weliswaar opgerys tot die ydele hoogtes van jou swakheid, want daar druk geen magtige voet meer op jou nie; maar daar is ook nie baie om jou op te beroem nie, behalwe die ydele herinnering, dat jy eens my swak draagster was.
[6] Maar die Heer sien in Sy erbarming dat jou grond te los was vir die tot val geneigde swaar mens; daarom plaas Hy klippe onder my voete, sodat hulle stewigheid my sou bewaar vir `n toekomstige val.
[7] Die goeie bodem, waarop my voete nou rus, het my nou reeds ongeveer negehonderd jaar teen `n nuwe val behoed, waartoe jy gedurende dertig jaar nie eens in staat was nie! Die goeie bodem maak nou ook, of was dit die verootmoedigende oorsaak, dat ek nou jou stewige draer geword het, terwyl jy eens myne was. Want nou het ek jou deur die groot barmhartigheid van bo oneindig baie heerliker in myself opgerig en is ek daarvan verseker dat jy in my in ewigheid nie tot `n val sal kom nie; en mag dit moontlik wees dat jy in my sou val, dan sal jy my nie buig en neerdruk nie, maar ek sal wel in staat wees om jou met die barmhartigheid van bo op te rig, sodat jy `n vaste inwoner kan bly van diegene aan wie se hare die Heer meer geleë het as aan die gehele aarde, wat voorheen jou wankelende draagster was!
[8] O kinders, vol treurigheid kom ek hier aan, want ek moes my verlies beween, soos ek dit vroeër al duisendmaal beween het; maar die keer was dit die laaste sug en die laaste traan wat jou kaal wand bevogtig het. Van nou af aan sal ek jou nooit meer betree nie, jou ou, hol neutedop van `n uitgebrande lewe, maar my voet sal nou juigend loop op eie bodem, omdat die vrug van die ewige lewe daarop tot rypheid gedy is!
[9] O kinders, ek voel my buitengewoon goed en jy, my Henog, sal my ewige seën daarvoor hê!
[10] Kinders, het een van julle nog enige twyfel, bewaar dit dan vir die namiddag in my woning; en laat alle kinders nou nader kom, sodat ek hulle kan seën en vir hulle sê dat hulle, as hulle dit wil, hulleself soos altyd môre voor sonsopgang na die heilige plek van die brandoffer kan begewe! Amen."
[11] En sien, nadat Adam nou sy woorde van lof, smaad, dank, prys, afskeid en reëls beëindig het, voldoen sy kinders dadelik aan sy wil. Toe hardloop almal jubelend nader, word deur Adam geseën en daarna plegtig uitgenooi om betyds op die Sabbat te kom. Hierna word die kinders in vrede en onder lof aan My weer weggestuur.
[12] Daarna sê Adam: "Wel nou, my kinders, laat ons in die rigting van die middag trek en daar dieselfde doen as ons hier gedoen het!
[13] Die Heer sy met julle, Henog, en met ons almal en met Asmahael en met al ons hier en ons oral wonende kinders!
[14] Mag die Heer ons lei en die harte van al die kinders op ons seënende aankoms en Sy groot erbarming en barmhartigheid voorberei, sodat hulle môre met goeie voorbereiding en besonne harte kan verskyn ter verheerliking van Sy Naam en ter verlewendiging van hulle siel en vir die wek van hulle nog slapende gees!
[15] En laat ons nou blymoedig na die middag wandel. Laat Henog en Asmahael my leidsmanne wees, en die res volg my op dieselfde wyse soos hiervoor. Dog laat ons langs `n skaduryke bosweg trek omdat die strale van die son reeds aansienlik sterk geword het, sodat ons ledemate nie vermoei sal raak voordat die voorsiene rus aangebreek het nie. Na die troue vervulde plig onderweg moet elkeen swygend deurloop en goed daarop let waar hy sy voete plaas, sodat sy opregtheid geen skade sal ly nie.
[16] O Heer, U goeie, heilige Vader, wend U milde blik nie van ons almal af nie! Amen.
|
|
|
|
|