|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 67
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die besoek van die vaders aan die kinders van die middag
67 En so kom hulle behoue by die kinders van die middag aan, wat, toe hulle die aankomendes gewaar, dadelik alles staak laat en hulle tegemoet hardloop om die aartsvaders te ontvang en hulle met waardigheid te begroet.
[2] Maar toe die talryke kinders die berede tier in die oog kry, word hulle aangegryp deur `n groot vrees; want hulle ken die wrede volharding van die dier en het dit ondervind by `n geleentheid, toe `n paar jongmanne hulleself opgemaak het om `n reis na Hanoch, waaroor hulle gehoor het, te onderneem.
[3] Die dier kon hulle weliswaar geen kwaad doen nie, maar slegs deur sy grimmigheid van sy uitstralende gedaante en van woede ontsteekte beweging, laat hy hulle terugdeins en so weerhou van hulle dwaasheid; maar die dier leer hulle tog sy spierkrag ken, deurdat hy `n os, dit wil sê uit die struikgewas, `n nader hardlopende reuse-oeros, voor hulle oë verwoed aangeval en dit onmiddellik met huid en haar verslind het.
[4] Die toneel dwing die weinige reislustiges ook terstond om terug te keer en ontneem hulle geheel en al van die verdere lus tot reis en dit des te meer, toe die aanvoerder van die klein skare selfs met `n gedugte swiep van sy stert kragtig deur die tier bedien word.
[5] Vandaar dat hierdie kinders gevolglik van `n dergelike les ook besonder baie respek vir die dier het - en hulle nie weinig daaroor verwonder dat hulle Asmahael op die nek van die dier sien sit en homself heeltemal op sy gemak laat dra nie.
[6] Omdat Adam egter dadelik hulle vrees opmerk, sê hy vir Henog: "Sien, die kinders vrees die geweldige draer van Asmahael, gaan daarheen en versterk hulle in die Naam van die Heer, sodat hulle vrees van hulle afgeneem word en hulle ons sal kan benader om my seën te ontvang. Amen."
[7] En onmiddellik loop Henog na die verskrikte kinders en spreek hulle met die volgende woorde aan: "Luister almal, kinders van Adam, kinders vol wysheid! Wat is dit wat julle laat terugdeins en by die aanblik van `n magtige, maar tog baie gehoorsame dier?
[8] Waarom het julle julle van Set se wysheid afgewend - en het angs vir dit wat julle moet gehoorsaam?!
[9] Dit het gebeur, omdat julle eens self uit die gebied van die gehoorsaamheid, wat die grondslag van alle wysheid is, getree het en daarna teruggewys was deur die mag van die onbuigsame gehoorsaamheid van `n dergelike dier, anders is dit nouliks voor te stel vanwaar julle vrees afkomstig sou wees!"
[10] Die kinders antwoord: "Luister, Henog, eerste seun van Jared, dit is soos jy sê: Vyf jongelinge was heimlik en teen ons wil ongehoorsaam, - want hulle oog het `n begerige blik op Hanoch gewerp; maar hulle voete was onmiddellik deur `n dergelike dier na die gebied van die grondslae van die wysheid terugverwys.
[11] Omdat hulle ons naderhand meegedeel het welke groot krag en wreedheid hulle by `n dergelike dier ondervind het, was ons daarvoor bevrees!"
[12] En Henog antwoord hulle: "O asof ek nie weet wat julle harte reeds lankal beklem nie! Julle mag die hemel dank dat dit slegs julle kinders was, waarin `n slegte saadjie, deur julleself geplant, wortel wil skiet, anders het hierdie tier `n bose verraaier vir julle geword en hy wat die dier op sy nek dra, het julle wysheid tot `n groot sotheid gemaak!
[13] Gaan nou egter onverskrokke na aartsvader Adam toe, sodat hy julle sal gee waaraan julle nou bo alles behoefte aan het; skep dus moed in die Naam van die Heer en volg my sonder angs! Amen."
[14] En terstond begewe die een groep na die ander hulleself na Adam en hulle val voor hom neer en Adam seën hulle.
[15] Toe almal die seën ontvang het, kry Enos die opdrag om aan hulle duidelik te maak dat hulle moes opstaan.
[16] Toe dit volgens die ou gebruik gebeur het, bring hulle onmiddellik brood, melk en heuning en gee dit aan Adam en al sy seuns. En hulle neem alles aan en loof My vir dergelike gawes aan die kinders. Vervolgens laat hy hulle dertig tree terugtree, sodat Henog nou weer oor die grondgebied van die middag etlike woorde uit die diepte van die lewe in God sou spreek.
[17] Maar juis toe hierdie kinders van die middag hulleself wil terugtrek, begin die tier so geweldig te brul, dat die grond onder hulle voete tril en al die kinders van die middag van angs op die grond val en vol vrees om hulp begin te roep.
[18] Adam wend homself tot Henog en vra wat dit nou beteken.
[19] Ook Set en die res doen dit, omdat buite Henog en Asmahael niemand die snaakse gedrag van die tier begryp nie; want Henog begryp dit uit My, sy leerling egter uit Henog, vandaar dat hy dan ook sonder enige angs rustig op die nek van die geweldig brullende tier sit.
[20] Henog wend homself vol eerbied tot Adam en sê: "O vader, as jy wil, raak dan die tong van die dier aan en hy sal jou meedeel, waarom hy so geweldig brul!"
[21] Adam sê: "Henog, is my vinger dan magtiger as joune?"
[22] Maar Henog antwoord: "Vader, jou vinger is uit God, myne slegs uit u; daarin skuil die mag van jou vinger ter verheerliking van JaHWeH se Naam!"
[23] Adam raak die tong van die dier aan en dadelik laat hy luid klinkend die volgende verstaanbare woorde hoor, wat aldus lui: "Adam, groot einde en begin van die hele skepping uit die hand van God! Sien, diegene wat jy laat terugtree, gehoorsaam blindelings; maar hulle wil sondig in hierdie blindheid! Wek daarom eers die trou in hulle hart op en maak hulle wil nederig; kyk dan eers welke vrugte die middag julle sal bring. Maar as julle in die gees maaltyd wil hou, wys julle kinders dan nie terug nie; want as ek `n maal hou, laat ek my kinders nie agteruit gaan nie - en ek is slegs `n tier! Amen. Luister! Amen."
|
|
|
|
|