|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 135
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Adam se dwase antwoord
135 Toe Asmahael hierdie woorde met groot nadruk tot die aanwesiges rig, word hulle almal deur `n groot angs gegryp en niemand was in staat om die ander met enige opbeurende woord van troos by te staan nie; want die waarheid, wat nou vir elkeen onmiskenbaar was, maak hier elke troostende uitvlug so goed as heeltemal onmoontlik, vandaar dat daar dan ook `n diepe stilte intree, waarin iedereen by sy hart te rade gaan en ondertussen naarstig soek na `n troostende rede ter verontskuldiging. Maar die verarmde hart was nie by magte om dit te verskaf waaraan sy self die grootste gebrek gehad het nie.
[2] Na `n taamlike lang pouse staan Adam ten slotte op en sê op `n weliswaar sagklinkende, maar tog hoogs ernstige toon:
[3] "Asmahael! Wie U ookal mag wees - hetsy `n mens of die allerhoogste, heilige God; sien, werklikwaar, dit slaan netsoos altyd weer terug op my! - sien, op die sware pad van die goddelike wil het ek eens geval en kan my nou nie meer verhef nie! Ek wou steeds die regte pad bewandel en probeer soveel moontlik ook elke klip des aanstoot te vermy; maar nie ek het hierdie oneffe aarde vol klippe gemaak nie, maar sy is `n werk van God. Indien ek nou, ondanks alle opmerksaamheid as eersteling, hier en daar êrens daarteen aangestoot het, sê my dan, sal of kan elke aanstoot my alleen as `n dodelike las aangereken word?! En indien my hart van sand of van klip geword het, is daar dan geen middel om dit vir altyd weer in goeie aarde om te sit nie?
[4] En is ek dan al so `n uitgemaakte misdadiger, - vertel my, is daar vir sulke mense geen erbarming meer in God se hart nie?
[5] Want volgens U vermanende woorde is dit vir niemand, behalwe Henog, meer moontlik om voor God sy lewe te behou nie!
[6] Hoe moet `n mens dan God liefhê sonder om vooraf `n denkbeeld oor Hom te vorm, hoe buitengewoon groot Hy altyd is, ja hoe oneindig groot die onderskeid selfs ook is tussen Hom en Sy mees volmaakte skepsels?!
[7] Sien, U verlang die onmoontlike van ons! Al sien U in U volkomenheid ook hierdie onmoontlikheid nie in nie, dan kan U dit tog nie teenoor my ontken wat ek nou in myself maar al te helder en oorduidelik waargeneem het nie!
[8] Wanneer U dan nou so `n groot vereiste, hetsy in Naam van God, hetsy as God die Allerhoogste Self, aan my en al my nakomelinge oplê, sê my, is dit dan onbillik om U te versoek om ons met die eis, ook die middele aan die hand te doen en in ons hart te lê, waardeur dit vir ons almal moontlik sal word om onomstootlik aan U eise te voldoen?
[9] Dat dit ons almal nie aan goeie wil ontbreek nie, sal U hopelik uit my woorde, sowel as uit my hart duidelik kan uitmaak! Neem, o magtige Asmahael, hierdie, deur die nood gedwonge uitbarsting van my hart, nie onbarmhartig op nie; want wie altyd magtig is, kan homself help indien iets vir hom dwars sit, - maar vir die onmagtige wurm in die stof bly niks anders oor as om homself sterwend te krul wanneer hy deur die hoef van die magtige perd getrap en halfpad verpletter word!
[10] O oorweeg hierdie woorde en bedink goed wat dit beteken om `n onmagtige skepsel te wees wat homself voel aan die onsigbare sy van `n oneindige en bo alles uitrysende magtige Skepper!
[11] Sien, dit is `n ondenkbare, `n onuitspreeklike verhouding: `n Onmag wat vry sou moet wees onder `n vrye, oneindige, ewige Mag!
[12] Help ons daarom, as dit ooit nog moontlik is om ons te help, in plaas van om ons, tog al diep vertrap, nog meer te trap! Dit sou beter wees om ons heeltemal te vernietig – as om ons hoe langer, hoe meer, te kwel! Amen."
|
|
|
|
|