Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog wek die vaders op tot liefde vir Emmanuel

141 En Henog begryp baie goed wat daar nog makeer. En daarom gaan hy dadelik na die vaders toe en rig in die Naam van Emmanuel die volgende woorde aan hulle:

[2] "O vaders, verneem in die Naam van Emmanuel `n woord uit my mond! Die altaar is nou gereed, dit is gewy en rein vir God, omdat God Self my swak hande gehelp om dit te bou.

[3] Daarop lê, goed voorbereid en in die regte skikking die goed brandbare hout van die sederboom en die offerlam is gereedgemaak en wag op sy verhewe bestemming; en sodoende is alles klaar op een ding na en daardie een ding is julle, vaders!

[4] Adam, jy is berei en moeder is ook, tesame met jou; want julle is een vlees. Maar waar is Set, Enos, Kenan, Mahalaleel, Jared en jy, my seun Methusalag?

[5] Julle is weliswaar liggaamlik aanwesig, maar binne-in julle klop nog `n afwesige hart. Die hart sou in die ware, suiwerste liefde aanwesig moet wees, omdat die hoogste liefde van die Vader Self sigbaar aanwesig is.

[6] O Set, sien, as ek ooit my mond oopgemaak het, dan was jy die eerste wat vol vreugde elke woord van my in jou opgeneem het as verwarmende sonstrale in die winter en ook elke woord baie goed in jou hart vasgehou het en dan dadelik ook jou lewe daarvolgens ingerig het; maar nou, waar die Heer Self te midde van ons vertoef en ons sy woord leer en met so `n liefde spreek, dat die hardste klippe daardeur in olie sou kon verander en elke grassprietjie, elke struik en elke boom sidder van die grootste verrukking en saligheid vir Hom wat in ons midde wandel en ons sulke verhewe dinge leer, sien, nou is jy so stil asof die hele saak jou heeltemal niks aangaan nie, maar vol nuuskierigheid staan jy slegs die steeds nuwer en groter wonders en aangaap om jou daarmee te vermaak! Maar dat jy vir die Heer in jou hart `n suiwer liefdesoffer bring, sien, daarvoor het jy te traag geword; maar daarom kan die Heer jou nie prys nie. Staan daarom op en berei jou hart voor en roep dan na die Heer, sodat Hy jou weer sal aanneem, netsoos Hy Adam, Lameg, Abedam, Jura, Bhusin en Ohorion en baie vele ander aangeneem het en - ewig dank aan Hom daarvoor! - ten slotte ook vir my!

[7] Staan op, haas jou en versuim die lewe nie; want sien, jy is dood! Daarom yl, yl die lewe van die liefde agterna, solank sy sigbaar in ons midde is! Wie haar nou nie so snel sal vasgryp soos Lameg nie, waarlik, hy sal haar vir ewig verloor!

[8] So wil die Heer dit, Amen; Amen vir jou, vader Set!"

[9] En Set skrik so geweldig, dat hy opspring en na Emmanuel hardloop en sy hart voor Hom uitstort en Hom om erbarming en barmhartigheid vra.

[10] En Emmanuel sê aan hom: "Set, jy het gekom omdat Ek jou laat roep het en jy mag ook bly. Maar in die toekoms sal slegs diegene bly wat ongeroepe sal kom en in die gees en in die waarheid tot My sal roep: Abba, Abba, Abba! U heilige wil geskied, Amen!" Begryp dit goed en wees rein! Amen."

[11] En toe Henog homself ook nog tot die res wou rig, sien, toe spring hulle ylings op en sê eenstemmig: "O Henog, roep ons nie; want jou roep is verskrikliker as elke dood!

[12] Sien, ons sien die hele berg van ons skuld voor ons en ons is jou roep nie werd nie; maar gaan heen na die Heilige, wie se Naam ons nie werd is om uit te spreek nie en smeek Hom by name van ons, dat Hy barmhartig en vol medelye vir ons, julle arme, dooie vaders en julle dooie seun Methusalag, sal wees! Amen."

[13] En Henog antwoord hulle: "Wat se onsin kom daar uit julle monde! Glo julle dan dat as daar deur my iets te vergewe sou wees, ek eerder as Emmanuel, julle sou verhoor?!

[14] O hoe is julle tog nie blind en doof nie. Ek, die onvolmaaktheid self, ek, wat niks het, niks kan, - ek het eers sedert kort gelede deur die oneindige erbarming van die Heer in die liefde opgestaan en al die goeie daaraan is selfs nog louter en alleen van die Heer afkomstig, wat dus een vrye en in hoë mate onverdiende geskenk is, - dus ek, dink julle, ek sou barmhartiger wees as Emmanuel, Hy, wat die allerhoogste liefde, die allerhoogste erbarming Self is, Hy, wat vervul is van sagmoedigheid, lankmoedigheid en van die hoogste geduld met elke swakheid?!

[15] O bedink iets beter en maak my nie tot `n nuwe sondaar voor Hom nie!

[16] Waarlik, as dit van my afhang, sou my grootste weldaad vir julle, julle slegs tot `n vloek wees in vergelyking met wanneer Emmanuel julle maar met `n oog aansien!

[17] Open julle harte en haas julle na julle Vader! Want nie ek, maar Hy, die eindeloos besorgde, heilige Vader, Hy, die hoogste liefde, laat julle deur middel van my eenvoudige en matte tong roep!

[18] Gaan dus daarheen waar liefde, lewe en erbarming te vinde is en ewig te vinde sal wees en wend julle nimmer tot my om voorspraak nie, maar tot Hom, wie se oneindige liefde julle laat roep! Amen."

[19] En almal gaan vol berou oor hulle dwaasheid na Emmanuel, beken hulle skuld en stort hulle harte voor Hom uit.

[20] Maar Emmanuel kyk hulle aan en sê: "Kinders! Waarom is julle bang vir die allerbeste, mees liefdevolle Vader en nie vir die mense nie, waaraan al die goeie wat hulle besit, tog net van My afkomstig is en wie se eie aard maar net verderflike boosheid en valsheid is?!

[21] Glo julle dan dat Ek My deur mense tot iets sou laat aanstel om daarmee aan te toon dat die een mens barmhartiger is as Ek?!

[22] Of is julle van mening dat Henog meer liefde het as Ek, waardeur hy My eers sou moet oorhaal om julle julle skuld kwyt te skeld?! O julle dwase, wat tog self vaders is en julle kinders liefhet, ofskoon julle vol slegtigheid is! Sê my, wanneer het `n vreemdeling ooit julle kinders meer bemin as julleself, of welke stem wil julle eerder verhoor: Die van die kind self - of die van `n nie-bevoegde en onvolmaakte bemiddelaar?!

[23] As julle teenoor My as mense vol boosheid so handel, hoe verworwe dink julle dan tog oor My?!

[24] Verander daarom julle sienswyse en bedink julle dat alleen Ek julle aller Vader is en julle almal kinders van een Vader is en deur die liefde almal reg op Hom het! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205