|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 69
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Set se troostende woorde
69 En sien, toe die kinders sulke woorde uit die mond van Adam hoor, slaan hulle hulleself op die bors en ween bitter trane van berou, sodat hulle nouliks te kalmeer was. Want hulle sien nou goed in wat hulle verloor het; maar hulle sien geen uitweg om die verlorene weer terug te kry en hulle waan hulleself reeds volledige veroordeling.
[2] Toe Adam nou hulle diepe berou sien, sê hy vir Set: "Luister, my geliefde seun, staan op, maak jou mond oop en verhef hulle harte vol vrede en liefde tot JaHWeH! Amen."
[3] En onmiddellik staan Set op en begin die volgende baie gedenkwaardige woorde tot hulle te spreek: "Luister, kinders, wat hier voor ons oë en ore werklike trane van berou ween! Onse God en heilige Vader is weliswaar `n baie regverdige God, maar ook `n met alle liefde vervulde Vader vol van erbarming. Bedink, dat ons geen handeling kan uitvoer, waar God homself as God besorg oor sou maak en Hom sou kan teenstaan nie; want wat is daar in die grond van die saak vir `n verskil tussen die vernietiging van `n sonstoffie of van `n wêreld?!
[4] Met betrekking tot God is sowel die een as die ander `n volkome niks, - soos ons ook almal tesame niks is teenoor Hom nie. Hoe kon of wil die niks egter iets aandoen aan die niks, wat ten opsigte van God iets belangriks sou kan voorstel,
[5] Net soos dit ons ook nie raak wat die byna heeltemal onsigbare diertjies doen onder `n verrottende blaartjie wat deur `n sagte briesie van die mos weggevoer word en met `n daaraan hangende doudruppeltjie in die see val! Tog staan hierdie vergelyking in byna geen vergelyking met hoe oneindig baie minder `n hele wêreld, met ons daarby, voorstel ten opsigte van God. En so is ons en al ons doen en late so goed as heeltemal niks teenoor God nie.
[6] Maar luister! Juis hierdie God het iets, wat Hom baie ter harte lê en dit is nou juis Sy eie, Ewige Liefde self, waardeur ons - en alle dinge ten behoewe van ons ontstaan het. Deur en in hierdie Liefde is God ons Vader en is ons Sy kinders. In hierdie Liefde bekommer Hy Homself met eweveel sorgvuldigheid om sowel die mins beduidende asook om die allergrootste; en so maak ook in Sy versorgende liefde vir alle dinge Sy onmiskenbare goddelikheid en vaderlike Liefde homself bekend.
[7] Vandaar dat dit God se Liefde ook nie onverskillig laat of ons sus of so handel nie. As ons weliswaar die Liefde op Haarself beskou, dan is Sy so saamgestel, dat Sy blind is vir alle handelinge van Haar kinders, net soos `n teer moeder wat sy ten opsigte van haar suigeling toon; maar God sou sonder Liefde geen God wees en die Liefde sou sonder God geen Liefde wees nie. En so is God en Sy Liefde één wese en is God magtig in Sy Liefde en die Liefde gewyd deur God. En hierdie aldus enige God is alles tesame geneem ons mees liefdevolle, heilige Vader, soos wat ons Sy kinders is, volkome na Sy ewebeeld, omdat ons ook `n hart en daarin `n gees van die liefde het, net soos in ons gehele wese `n lewende siel met `n volledige verstand woon en ook die verstand op sigself gelyk is aan die wese van God en die liefde van die gees in die hart met haar vrye wil gelyk is aan die liefde in God. En wanneer uit die siel en uit die gees deur die vrye wil die wese heeltemal één word, dan lyk ons ook in alles volkome op God en is gevolglik eers dan Sy kinders.
[8] Soos wat God vir ons slegs in die liefde God is en ons aller liefdevolle, heilige Vader, so kan ons ook slegs in die liefde Sy kinders word. Die vereniging van God met Sy liefde is egter gelyk aan die gehoorsaamheid. As ons nou in ons ligsinnige verstand die bewustelike waargenome dringende versoeke van die gees gehoorsaam en sodoende die lig met die liefde verenig, dan word ons daardeur kinders van die liefde vol wysheid, vol van die ewige lewe en God welgevallig.
[9] Dus, liewe kinders, sien: Omdat julle vanuit julle ligsinnige verstand ontrou geword het aan julle innerlike liefde uit God in julle, word julle ongehoorsaam in julle siel as julle heiligdom, en dus ook aan die liefde in God. Julle liefde het haarself teruggetrek; julle leef slegs in julle siel, strewend na uiterlike uitbreiding (indien dit moontlik sou wees tot in die oneindige). Oordeel nou self en sê my wat vaster is: `n Uitbreidende newel, selfs wanneer sy vlugtige grootte hele wêrelddele omhul, of `n klein, ronde, op `n doudruppel lykende deursigtige steentjie! Sien, daarin lê die rede van julle angs en die grond van julle blindheid!
[10] Is die steentjie nie sodanig vas, dat niemand in staat is om dit te verbrysel nie en weerstaan dit nie elke storm, elke druk, elke slag nie?! Ja, julle sien weliswaar dat die tier `n magtige stier in één oomblik in klein stukkies geskeur het; maar waarlik, as hierdie tier op `n steentjie nouliks groter as `n eier sou gebyt het, dan sou dit met sy ergste wapen gebeur het! En as hy dit in sy geheel sou ingesluk het, dan sou hy sy dood verslind het en gedurende sy ontbinding sou die steentjie ongeskonde gebly het!
[11] Sien kinders, die steentjie lyk soos die mens in sy gehoorsaamheid, - maar die newel op die suiwerste, op die uiterlike gerigte verstandsmens! Gebeur dit nie so, dat wanneer die wind die newel byeen dryf dat daaruit waterdruppels vorm en wanneer verskeie en baie van die druppels tesame vloei, hulle ten slotte `n meer vorm nie?! Indien die groot gewig van die watermassa in die diepte baie groot druk uitoefen, dan gryp sy deeltjies, onder invloed van so `n druk, uiteindelik ineen en vorm `n deursigtige steen, wat dan `n vaste stralende steen, gelyk aan `n diamant, is en `n groot simbool van die terugkerende gehoorsaamheid deur die ware berou.
[12] Sien, julle het deur julle ongehoorsaamheid tot `n newel geword! Maar daar kom allerlei winde en du en verontrus julle van alle kante. Julle ondervind die druk en huil trane van smart. Sien, dit is die reën! Maar dit is nie genoeg dat julle net soos die enkele druppel tot water word nie, maar julle moes in meer vorme in julle berou. Dit het julle nou geword. Dit druk julle nou weliswaar meer as vroeër in die diepte van julle lewe; maar luister en kyk en begryp dit goed: juis deur hierdie huidige, laaste druk het julle tweevoudige lewe net soos die waterdeeltjies homself weer aaneengesluit en het homself `n nuwe steen van die lewe van die ware wysheid in julle gevorm. Wees daarom bly en vol goeie moed; want ons het nie gekom om julle te verderwe nie, maar sodat julle `n nuwe lewe in die ware liefde tot God, ons aller, allergewyde Vader, sal kry. Amen."
[13] (N.B. Luister, dit is die sogenaamde steen van die wyses, wat die wêreld nooit in staat sal wees om te vind nie, en nooit sal vind nie!)
|
|
|
|
|