Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die oordeel van JaHWeH

9 En sien, toe trek die ewige Liefde, deur die Mag en Krag van Haar Barmhartigheid, die Hand van Mag en die Hand van Krag van haar Oë van die alles helder Barmhartigheid en die Lig van Barmhartigheid het wesenlik in die grot ingedring waar Adam geween het en agter die doringbos waar Eva getreur het.

[2] En die trane van Adam - wat bewaar was in die skoot van die aarde - was en word, "Tummim" of stene, genoem. Waaruit die lig van die sewe Geeste van God figuurlik straal en het deur die Lig van Barmhartigheid, uit die Warmte van die Liefde geset, soos wat sy regverdige berou, as `n blywende teken van die verligtende Wysheid, en sy word oor die hele aarde verstrooi as die vertroos­tende teken van die toekomstige wedergeboorte, wat netsoos hierdie trane van Adam, in staat sal wees vir die opname en allermooiste gedeelde, weergawe van die groot Lig uit die meer van die Barmhartigheid, van die erbarming van die ewige Liefde en sal die volle hardvogtigheid van versoekinge van die wêreld moet kan weerstaan.

[3] En Eva, wat agter die doringbos getreur het, se trane is bewaar in die aarde en is net so gekleur soos die rooi van haar regverdige skaamte, oor die misbruik van die heilige liefde van Adam in haar.

[4] En die ewige Liefde het gesien dat elke traan van Eva geregverdig was voor Adam, die seun van die barmhartige Liefde; en die Warmte van die ewige Liefde het die trane tot stene geset en die naam was "Urim", as `n simboliese teken van die regverdige droefheid van Eva. En kyk, `n traan het geval op die doringbos wat haar afgeskerm het en kyk, die traan was as gevolg van die verlore onskuld en het die andersins wit blommetjie van die struik gekleur en die blomme is rooi gekleur as teken van die verlore onskuld van Eva en kyk, soos die mense nou al die gewasse van die aarde ken, maar nie die ware betekenis in Gees en Waarheid ken nie, sal hulle dit nie ken en begryp tot by die wedergeboorte nie, alvorens hulle nie die Barmhartigheid van die ewige Liefde deur die Barmhartigheid van Verlossing in hulle, eers hulle eie gemaak het nie.

[5] Hier is nog `n geheim wat begryp moet word as gevolg van die sondige hoogmoed van die kinders van die wêreld! Twee blomme van die struik was bevrug deur die onskuldig geregverdigde trane van Eva en is deur die Seën van die ewige Liefde deur die stormagtige tye getrou bewaar gedurende die groot oorloë van JaHWeH teen die volkere van die aarde en het tydens die loslating van die Barmhartigheid van bo, die vrou van Abraham lewendig gemaak tot voorbeeld van die groot werke van die barmhartige Liefde en het die vrou van Sagaria* lewendig gemaak tot die werklike voltooiing van die grootste van alle dade van die barmhartige Liefde van die ewige God. (*Sagaria, die vader van Johannes, die doper)

[6] Keer jou oë weer terug na Adam en na Eva en soek hulle saam met My en kyk hoe Ek, die ewige Liefde hulle gevind het; naak, verlate, huilend en treurend in regverdige berou en regverdige skaamte en Ek roep vir Adam en trek vir Eva na vore.

[7] En sien, hulle het nie die moed gehad om die Aangesig van hulle Vader te aanskou nie; want hulle was verskrik deur `n groot donderslag wat gekom het, vanaf die dodelike oordeel uit die diepte van die Grimmigheid van God.

[8] En die toorn vlamme van God, die Oneindige, het vreesaanjaend deur al die eindelose ruimtes tot op die aarde gerol, waarop die groot Liefde nou gestaan het by Haar gevalle kinders vol berou en treur, wat geskep was deur Haar barmhartige Barmhartigheid.

[9] En sien, toe lei dit tot `n hewige geveg tussen die ewige Liefde, wat barmhartig geword het deur die berou en treur van die skepsele en tussen die Grimmigheid van God wat alles wil vernietig ter versoening van Haar onomkoopbare gewydheid.

[10] Want sien, die toornvlamme van die Grimmigheid van God het vinniger as weerlig op die aarde neergestort, tot in die sentrum binne gedring en by alle oorde en plekke ontsteek en die verterende vlamme het deurgedring tot by die maan, tot by die son, - ja ook alle sterre was omsluit! En kyk, toe was die hele, onmeetbare oneindigheid `n meer van vuur en vreeslike donderslae het deur alle eindelose ruimtes gerol en die aarde het geween en die see het gewoed en die maan het gehuil en die son het geweeklaag en alle Sterre het harder geskreeu as die donderslae, gedruk deur die groot angs van smart vir ewige vernietiging en hulle groot stemme het vreesaanjaend weergalm uit die eindelose dieptes van die Grimmigheid van God en die stemme het geroep:

[11] “Groot, verhewe God, bedaar U groot Toorn en blus die vernietigende vlamme van U regverdige Grimmigheid en spaar die wat nie skuld het aan die verbreking van U gewydheid nie; want die vuur van Grimmigheid van U Toorn sal die regverdiges vernietig en sal die ewige Liefde in U vernietig en sal Uself gevange neem in U groot Mag en Krag van gewydheid!”

[12] Sien en hoor nou met oop Oë en Ore, wat die Toorn van die grimmigheid van God gesê het. Maar hierdie taal het niemand verstaan, behalwe die ewige Liefde, wat tydens die uitbreek van die Toorn van die Grimmigheid van God, die berouvolle, pas geskape paartjie beskerm het, op die huilende aarde en wat die groot toornvlamme van Grimmigheid afgeweer het, op die plek van berou van Adam en die plek van treur van Eva.

[13] Luister nou en verstaan die vreesaanjaende woorde van die Toorn wat uit die diepte van Grimmigheid van God gekom het en dit lui:

[14] “Watter nut het die geween en gewoed op aarde vir My, die gehuil van die mane, die weeklaag van sonne en die jammerlike geskreeu van die Sterre? Want Ek is alleen, en verlaat deur My Liefde, wat ontrou geword het teenoor My, en van My af na die aarde weggegaan het om die tweevoudige boses uit te werp! Wat sal Ek doen sonder Haar? Daarom wil Ek al Haar werke tot op die fondamente verwoes en alles vernietig, sodat daar niks is wat My Liefde, van My, vir alle toekomstige ewighede der ewighede sal kan wegtrek en verwyder nie! En Ek sal God bly, die Enige, vir ewighede en ewighede, soos wat Ek dit was, vanaf ewighede der ewighede; en jy, verrotte bousel van die skepping van My swakgeworde Liefde, stort inmekaar in klein brokstukke, in niks, sodat Ek My Liefde weer kan terugkry en Haar weer sterk kan maak deur die Mag en Krag van My ewige gewydheid. Amen!”

[15] Toe ontbind die bande van die skepping in alle ruimtes van die oneindigheid van God en brokstukke het onder groot geraas deur die wye ruimtes getrek en donderslag, met `n geween, gewoed, gebruis en gesuis tot hulle vernietiging, in die diepte van die dieptes en dit was die aarde self, wat ook in puin gelê het in die wye skoot van die barmhartige Liefde.

[16] En die nuwe geskapenes het van angs gebewe vir die vreeslike aanskouing van hierdie groot, vernietigende verskriklike skouspel, waarvan die omvang nooit in sy volheid, deur `n geskape gees verstaan sal word nie; want dit was oneindig.

[17] En kyk nou en luister verder wat die barmhartige Liefde toe gesê en gedoen het! Verneem die woorde van die Liefde in Haar Mag en aanskou die groot dade van Barmhartigheid in Haar Krag en hoor en verstaan die woorde, wat daar lui:

[18] “Groot, Almagtige God van alle Mag, alle Krag en alle gewydheid! Trek terug U groot Toorn en blus die vuur van U alles vernietigende Grimmigheid en luister in die rus van U gewydheid na die woorde van U ewige Liefde, wat die enigste lewe in U is, ewig soos U, magtig en sterk soos U uit Haar en Sy uit U en moet nie die lewe in Haar vernietig en deur U ook nie vir Haar nie, maar laat Barmhartigheid voor Geregtigheid geskied en laat die Liefde U tevrede stel en vra `n versoeningsaanbieding vir U beseerde en gekrenkte gewydheid; en vir U Liefde sal geen aanbieding wat U van Haar vra, te groot wees vir die ewige versoening van U gewydheid nie!”

[19] En kyk nou en luister en verstaan goed wat daarna gebeur het en wat God daarop geantwoord het! Die vuur het bedaar en vanuit alle ruimtes het `n sagte asem gewaai, gemeng met nog sterk rollende donderslae, veroorsaak deur die vlieënde brokstukke van die wêrelde wat uitmekaar gebreek het, wat van een onmeetbare ruimte tot `n ander, nes groot weerligte nog brandend geflikker het. En die Liefde het die donderslae van God verstaan, wat heftig gesê het:

[20] “Ek sal al die skuld op U plaas, net soos die wêreldbrokstukke op die aarde, en U moet die smaad van My gewydheid delg, wat die ewige band tussen My en U is! En kyk, Ek vervloek die aarde, sodat geen vlek My gewydheid sal besoedel nie, of Ek sal word soos U, `n onheilige God; en hierdie vloek sal deel gemaak word van U skuld, wat U op U sal neem om My gewydheid te delg en om die aarde te was met U bloed van die vloek van skande deur die oortreding van Adam!”

[21] En kyk, luister en verstaan goed wat die Liefde daarop geantwoord het en Sy spreek as volg: “Groot, heilige, God van alle Mag en Krag! Dit sal gebeur volgens U Woord!”

[22] En kyk, toe word al die vuur skielik op aarde en in al die skeppings ruimtes geblus! En die brokstukke van vernietigde sonne, aardes (planete) en mane is weer bymekaar gevoeg deur die Mag en Krag van God wat die Liefde aangehoor het en hulle het weer georden geraak soos wat hulle in die begin van hulle bestaan georden was; maar as ewige teken het hulle die ongeneeslike merke van hulle destydse totale vernietiging behou, nes die merke van die ewige Liefde, wat later in die groot tyd van tye vir almal aan die folterpaal gebloei het.

[23] En hier en daar het nog stukke van ander wêrelde op die oppervlakte en in die dieptes van die seë van die aarde bly lê, as teken van die Mag en Krag van God maar terselfdertyd ook as sprekende getuies van die oorgroot dade van die barmhartige Liefde.

[24] En kyk en luister verder en verstaan goed wat nou verder gebeur het: Toe die ewige Liefde nou die voorwaarde aangeneem het en daardeur reeds vooraf aan die vereiste van die groot gewydheid van God voldoen het, toe laat God in `n sagte gesuis en gewaai, weereens net vir die Liefde verstaanbaar wat Sy heilige Wil verneem het, en spreek met `n sagte Stem die volgende:

[25] “Kyk, U groot Barmhartigheid het in My na bo gekom en staan voor My alsiende Oë en Ek het in die rus van My gewydheid U groot opregtheid en ewige trou herken en het die druppels van berou van Adam en die druppels van treur van Eva getel en het deur U groot Barmhartigheid vol deernis geword.

[26] Daarom wil Ek My oordeel in hierdie tyd terugtrek en volgens U versoek Barmhartigheid voor Geregtigheid in groot hoeveelhede laat uitstroom en wil Ek die skade wat My oordeel veroorsaak het, weer herstel en buiten My kan niemand iets herstel behalwe Ek alleen nie, aangesien niemand goed is behalwe Ek, die heilige Vader, wat voortaan My Naam sal wees tot in ewigheid en U, My Liefde, is My Seun; en die gewydheid as die magtige band van Krag tussen Ons en tussen alles, wat vanuit Ons voortgegaan het, is die Heilige Gees, wat alle ruimtes der ruimtes en alle oneindigheid der oneindigheid in alle ewigheid der ewigheid sal vul, Amen en dit sê die goeie, heilige Vader nou. Amen.

[27] En nou, My liefdevolle Seun, sê U ook aan die paartjie wat diep berou het en treur en bêre dit wat gesê is diep in hulle harte, dat hulle die Gebooie van Liefde en van Barmhartigheid sonder versuim moet hou tot aan die einde van hulle lewens en Ek sal vir hulle dan `n Bemiddelaar tussen My en hulle stuur in die tyd wat Ek bepaal het om die groot skuld te delg en om die groot, swaar las van hulle ongehoorsaamheid te verlig.

[28] Maar tot dan moet hulle in alle geduld en sagmoedigheid uithou en die brood wat Ek vir hulle gedurende daardie tyd spaarsamig sal gee, dankbaar in die sweet van hulle aangesig geniet en hulle sal nie versadig word tot op die tyd van die Bemiddelaar, wat Ek uit hulle midde sal opwek nie, volmaak en suiwer, soos Ons volmaak en suiwer en heilig is vir ewig.

[29] En sê vir hulle nog daarby dat Ek My oordeel net ingeperk het vir diegene wat My streng Gebooie stiptelik sal hou; maar dreig die oortreders by die geringste oortreding met die presiese vervulling daarvan, wat tot in alle ewigheid en in alle ernstigheid van die heilige Waarheid sal geld!

[30] Dit sê die heilige en alleen suiwer Vader deur Sy Seun, wat die ewige Liefde in Hom is en deur die Heilige Gees as die werkende Barmhartigheid uit Beide, vir die toekomstige vergifnis van oortredinge, wat hulle liggame nou moeisaam maak, en ten slotte sal dood, om na die dood van die liggaam die lewe te verkry na die tyd van die beloofde Middelaar.

[31] Dit sê die enig heilige en enig goeie Vader. Amen, Amen, Amen.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205