Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog preek oor die Liefde

70 Toe die kinders nou sulke lieflike, wyse woorde uit die mond van Set verneem het, hef hulle hulle hoofde op, kyk omhoog en dank My en prys My uit volle bors dat Ek Set gewek het en deur sy mond so `n wonderbaarlike, heilsame troos aan hulle verkondig het.

[2] Adam, wat eweneens ontroer was, sê: "Van my het julle `n onderrigtende woord ontvang en van Set `n gepaste woord van troos; berei julle dan nou voor en open julle harte wyd om ook `n woord van die lewe uit die mond van Henog te ontvang! Deur my het julle `n bemeste akker geword wat Set losgemaak het met sy tong; maar die lewende saad lê nog nie in die vore van julle bereidwillige gemaakte hart nie. Henog is van bo af as saaier aangestel; ontvang van hom die saad van die lewe! Amen."

[3] En Henog staan dadelik op, wend homself in sy hart tot My en smeek My in sy liefde, wat onbeskryflik groot was, om erbarming en barmhartigheid, sodat Ek hom sou vervul met woorde van die lewe, sodat hulle, wat in My Naam getreur en gehuil het, omdat hulle deur hulle ydele onderneming ontrou geword het, weer opgewek sou mag word.

[4] En onmiddellik wek Ek Henog se hart heeltemal op; hy bemerk dadelik dat `n helder lig in sy hart opvlam en sien vir die eerste keer `n fel vurige skrif in sy siel en daaraan herken hy, dat dit `n lewende woord uit My was. Hy dank My innig, open eindelik sy mond en begin die volgende, uiters gedenkwaardige woorde tot almal te rig:

[5] "O vaders en julle kinders van die middag! Luister almal na wat die Heer, ons God en heilige Vader, sê!"

[6] En sien, toe die vaders van die gelyke dubbele aanhef gehoor het, verbaas dit hulle `n bietjie dat hulle daar nou ook, saam met hierdie kinders van die middag, by betrek sou word.

[7] Maar Henog sê: "O vaders, moet julle dan van die lewe uitgesluit word wanneer hierdie kinders van die middag die lewe ontvang?! Want nou spreek nie ek nie, maar Hy, wat die Lewe het en Lewe gee deur elke woord wat uit Sy oneindige Liefde stam, spreek met my mond!"

[8] Set staan onmiddellik op en sê vinnig: "O Henog, dit is ver van ons almal! Luister, ons weet baie goed waaraan dit ons geweldig makeer; spreek dus verder en gee dit vir ons, sodat ook ons tot die lewe mag kom! Amen."

[9] En so begin Henog nou die wesenlike woorde te spreek: "Dit is waar, die akker is bemes en die vore is in die grond getrek; maar die saad ontbreek nog in die groewe. Vanwaar sal ons egter die saad neem om dit tot ontkieming in die vore te lê, sodat `n lewende vrug daaruit sal gedy?

[10] O vaders en kinders van die middag! Die saad is die liefde; die liefde is die lewe en die lewe is die Woord. Maar die Woord het in alle ewigheid in God gewoon. God Self was in die Woord, soos die Woord in Hom was. Alle dinge en onsself het ontstaan uit die Woord en die Woord kan niemand uitspreek as slegs God alleen. Maar die Woord is die eintlike Naam van God en niemand kan hierdie Naam uitspreek en hierdie Naam is die oneindige liefde van die allergewyde Vader en ons moet hierdie liefde in ons herken en dan met hierdie liefde uit alle krag en mag Hom bemin aan Wie se liefde ons en al die ander dinge hulle heerlike bestaan te danke het.

[11] Maar die ewige lewe is dit wat ons as sodanig herken in die liefde tot God, dit wil sê: Dat ons die liefde leer ken deur ons liefde tot God, ons allergewyde Vader, en die ewige lewe in haar besef.

[12] Wanneer ons ons liggaamlike oë beskou en gewaar word welke groot afstande ons met hulle kan bereik, dan is dit tog duidelik dat ons nie so `n lig gegee was om stil te staan nie, maar om te loop en besig te wees. Maar wie sou daaraan kan twyfel dat iemand die aanskoue doel sou kan bereik, terwyl hy daarby ook nog voorsien is van twee voete wat hom by die aanskoue doel kan bring?!

[13] Aangesien ons egter die sien deur die innerlike gevoel net so goed ingegee is as ons oë en ons voete, en ons deur middel van die sien die liefde in ons waarneem, het ons immers ook net soos die voete van ons liggaam die vrye wil, waardeur ons die doel van alle lewe kragdadig nastrewe en ons gehele wese na die liefde toe kan bring om die wese dan heeltemal deur haar te laat omvat, sodat dit deur en deur lewend word.

[14] En as ons dit volbring het, waarom sou die ewige lewe dan nie van ons wees nie, soos die lig van die liggaamlike oë van ons is?! Of dink julle dat die lewe `n begogeling is? Dan vra ek: Is alle dinge wat ons sien dit dan voor ons, en omgekeerd?!

[15] Maar indien ons reeds die bas nie as `n begogeling kan beskou nie, wie sou dit dan nog in sy hoof kan kry om die hout en die binneste kern van die lewe as `n begogeling te beskou?!

[16] Of meen julle dat die Heer maar net lewende masjiene om gras en vlees te eet geskape het om Hom miskien daarmee te vermaak?! O waarlik, Sy Allerhoogste Wysheid sal tog wel tot `n hoër vermaak in staat wees as dat Hy genoop sou wees om vir Homself grasetende masjiene te skep, om dan vergenoegd te kan gadeslaan hoe dit die gras en nog ander dinge in stinkende mis omsit! O skande van die ongeloof.

[17] Of dink julle in die groot bekrompenheid van julle denkbeelde, dat indien julle iets maak en `n aan beperkinge gebonde werk voortbring - sowel in tyd as in ruimte, - ook God, die Oneindige, net soos julle tot beperkte denkbeelde in staat sou wees?! O, wat `n onhebbelikheid teenoor die gewydheid van God!

[18] O toon my die skepsel wat julle heeltemal sou kan vernietig! Toon my iets wat die oneindige nie in homself sou bevat nie! Deel in julle gees die kleinste stoffie en toon my dan die laaste deeltjies waarop geen verdere deling sou toegepas kan word nie, - of toon my `n saadkorrel wat nie in staat sou wees om homself tot in die oneindige te vermenigvuldig nie!

[19] Omdat hierdie nietige dinge reeds vir ons die oneindigheid van die goddelike denkbeelde toon, hoe dwaas en bowenal blind sou dit wees om maar net te dink dat God, met die wese wat Hy met die lewende gevoel van die ewige lewe in die liefde tot Hom baie goed bedeel het; een in die tyd beperkte denkbeeld sou verbind het. Hy, die Oneindige, die bo alles Verhewene, die Heilige, Ewige vol van liefde en alle lewe!

[20] O vaders en julle kinders van die middag, hoor hierdie woorde aan; dit kom uit die heilige hoogte van die liefdevolste Vader!

[21] Ons het geen enkele gebod buite die van die ewige lewe en dit is die liefde en dit lui: "Jy sal My, jou God en heilige Vader liefhê, uit en met al die liefde wat Ek julle in ewigheid gee tot die ewige lewe en as `n ewige Lewe! As julle My liefhet, verbind julle julle weer met My en aan julle lewe sal nooit `n einde kom nie; maar laat julle dit na, dan skei julle julle van die lewe. Julle lewe sal daarna weliswaar nie ophou nie; ook sal Ek daarom vir ewig nie ophou om vir julle `n rigtinggewende God te wees nie. En sal julle ook, as julle van My lewe geskei is, deur die ewige ruimtes van die dieptes van My toorn val, waarlik, buite My sal julle ewige val nie wees nie! My, julle God, sal julle nooit kwytraak nie; maar julle liefdevolle, beste, heilige Vader en met Hom `n ewige, vry, geluksalige lewe, - sien, dit sal julle verloor!"

[22] O vaders en julle kinders van die middag! Die gebod het ons; dit is vir elke kind reeds diep in sy hart geskrywe. Die gebod is die lewende saad wat julle almal in julle harte moet saai, indien julle wil lewe as kinders van `n heilige Vader, wat God is, gewyd, gewyd, gewyd van ewigheid tot ewigheid.

[23] Julle vaders het weliswaar baie gespreek oor gehoorsaamheid en het daardeur die harte van hierdie kinders baie goed losgewoel; ek sê egter, wie liefhet, kan dit goed sonder die gehoorsaamheid stel. Is die gehoorsaamheid dan nie die geestelike weg na die liefde nie, wat die doel van alle lewe is?! Maar het iemand die doel op hierdie weg bereik, sê my, waarom sou hy die weg nog daarna bewandel?!

[24] Dus, indien iemand nog ver van die doel verwyderd is, doen hy goed daaraan dat hy solank voortgaan, totdat hy die doel bereik het; maar as hy dit bereik het, dan moet hy dit met al sy kragte omarm en dit vashou, dit wil sê: Laat hom God bo alles liefhê, dan het hy alles gekry. Hy het die Vader van die lewe vir ewig gevind en aan sy vryheid sal voortaan geen einde kom nie.

[25] En daarom, vaders en kinders, neem nou die kosbare saad van die lewe met julle saam! God Self het dit aan my vir julle gegee. O liefde! U is die lewende saad; laat dan die harte van die swakkes en die dooies weer herlewe! Amen. Amen. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205