Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Werke van Wysheid en werke van Liefde

89 En Adam staan op, vou sy hande, slaan sy oë op na die hemel en terwyl hy sy hart volledig tot My verhef, sê hy baie ontroerd: "O Vader, groot, heilige Vader, o U ewige liefde! Hoe kan, hoe sal ek U dank?!

[2] Ons bestaan nie, - U laat ons ontstaan, sodat ons ons baie verheug oor ons salige bestaan in U oneindige liefde, erbarming en barmhartigheid! U het ons sodanig geskape dat ons reeds in liggaamlike toestand net soos U tot byna elke denkbare genieting in staat is, want ons kan hoor, sien, ruik, proe, tas, waarneem en voel, ja ons kan selfs met groot krag liefhê - U bowenal en ons kinders soos ons eie lewe.

[3] Ons kan gaan, staan, lê, sit en ons kan ons wend na wie ookal en duisend keer ons ledemate buig en ons hoof en ons oë na alle kante beweeg; en ons tong het U geseën, sodat dit `n lewende spraak van die liefde uit U sou spreek tot wedersydse begrip! O, wie is in staat om U na waarde en redelikheid te dank; want nie te meet is U groot dade van liefde ten opsigte van ons, oneindig klein begunstigdes!

[4] O, hoe volslae niks sou ons nie uit onsself gewees het nie; - dat ons iets is, is ons immers slegs deur U dade van liefde, en ons lewe is U liefde en al ons kennis is U barmhartigheid!

[5] O Vader, hoogs goeie, groot, heilige Vader! Ons verdee­moedigde hart, nou boordensvol kinderlike liefde tot U, sien dit barmhartig aan en neem dit aan as die beste dank wat ons in staat is om aan U te bring; want wanneer ons tong iets moet voortbring wat U volkome waardig is, dan is hy in hoë mate afhanklik van U seën. En bring hy dan iets voort, dan is dit nie meer ons nie, maar altyd alleen U werk; U woord en werk is immers vir U tog ewig die grootste lof, hetsy op sigself of deur ons tong!

[6] Daarom het ons niks wat U ons heeltemal in eiendom gee nie, behalwe die liefde en die sonde.

[7] O Vader! As ek die liefde nie sou gehad het nie, wat sou ek dan anders gehad het as sonde en dood? Sou ek U ook in die sonde kan loof en in die dood prys?!

[8] Daarom gee U my die liefde, sodat nie slegs sonde en dood my werk sou wees nie, maar ook die liefde en haar lewende werk, sodat hierdie werk uit die liefde geheel en al my werk sou wees maar uit U barmhartigheid en erbarming geheel en al slegs U werk!

[9] O heilige Vader, toe ek slegs die wysheid besit het, kon ek geen ander werk verrig het as die van die sonde nie en was gedwing om U met my sonde te loof en te prys! U het destyds die onrein lofuiting aangeneem asof dit suiwer uit U was en daardeur ook uit my liefde, terwyl dit tog net `n onrein werk van die sonde was!

[10] Ek het die kinders geskei deur die regverdig skynende oordeel wat my deur U wysheid ingegee was. En aangesien ek geglo het dat die wysheid my eie wysheid was, was my werk `n sonde; en sodoende loof ek U in my sonde en sou daarin ten gronde gegaan het. Nou gee U my egter die liefde en nie meer wysheid as net soveel as wat die liefde daarvan kan bevat, sodat ek nie meer verstrooi nie, maar sou versamel. In die verstrooiing skuil die dood, slegs in die versameling woon die lewe, laat my daarom nou weer in liefde en deur liefde almal versamel wat ek deur my slegte toegepaste wysheid verstrooi het.

[11] Ek dank, loof en prys U, heilige Vader, dat U vir Henog en die vreemdeling aan ons gegee het, sodat hulle ons eers kan blind maak in die wysheid, sodat ons eers daarna in die toenemende duister in staat was om die vuur van die liefde uit U op te neem; want in die vuur van die liefde uit U, heers slegs die saamgebundelde lewe, soos in die wysheid die dood van die sonde heers deur die verstrooiing! O laat nou die vuur tot `n geweldige brand in ons word, sodat dit al ons dwaasheid sal verteer en al ons slegte werk verslind!

[12] Laat ons almal mekaar in U liefde en erbarming terugvind en in U erbarming en barmhartigheid byeenkom, en laat ons môre op U heilige Sabbat `n nuwe fees van die liefde vier, waarin ons U, o heilige Vader, in `n meer welgevallige dank-, lof- en in prysdiens loof, en hoop om in alle liefde te bring - as eertyds in al ons vermeende wysheid en onbillike geregtigheid.

[13] O bo alles goeie, heilige Vader, laat ons uitnodiging die eerste stap wees wat ons almal weer tot U sal voer vir nou en vir ewig! Amen.

[14] En julle, Henog, Asmahael, Set en Kenan, gaan na die kinders en wek hulle op in die ware liefde tot mekaar en nooi hulle uit vir môre tot die saambou van die lewe en doen met hulle wat die liefde julle gebied; wat julle ookal doen, doen dit in die Naam van JaHWeH vir nou en vir ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205