Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 64

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog spreek oor die Wese van die Woord

64 Toe Adam en die orige vaders dit uit Asmahael se mond verneem het, sien, toe word hulle almal, uitgesonderd Henog, deur `n groot verbasing getref en hulle weet nie wat hulle hieruit moes verstaan nie.

[2] Henog sien baie gou in welke verleentheid die vaders verkeer, sodat hy medelye met hulle kry en begin, sonder om daartoe genooi te wees, die volgende verklarende woorde tot hulle te rig, wat hulle almal verheug, en sê:

[3] "Vergeef my, liewe vaders, dat ek nou vry en sonder om daartoe uitgenooi te wees, begin te spreek, - maar nou moet ek wel; want nou het julle almal `n helder lig van bo nodig en luister dus: Wat my tong julle nou sal verkondig, sal `n woord van lewe wees, `n woord uit die hoogte en `n woord uit die diepte. Dit van bo is vol lig en dit uit die diepte is vol lewe; want bo is God die Lig van alle ligte en in Sy diepte die Lewe van alle lewe.

[4] Sien, mens moet dit so opvat: Wanneer ons `n blik omhoog werp en weer terug na die aarde en dit weliswaar heeltemal ongedwonge, dan sal ons in die hoogte alles vol van lig sien en op die aarde alles vervul van allerlei bedrywighede. Daar lê tallose lewensvatbare saadkorrels in die vore van die aarde verborge, net soos tallose eierselle van die dierewêreld in hulle warm neste, asook in die organe van die diere en hulle kyk daar met verlange uit na die warmte en die verrysenis in die lig.

[5] Maar waarlik, solank al die vore van die aarde en al die organe van die diere nie volledig deurwarm word nie, sal uit die kiem van al hierdie gevangenisse geen lewe verskyn om homself vry te verhef na die vrye ruimtes, wat vol van lig is!

[6] Sien, word ons nie somers en winters deur dieselfde lig op aarde beskyn nie - en tog nie dieselfde warmte wat die vore van die aarde verwarm nie?! Maar as die lig nou die warmte sou bring, sien, dan sou dit immers altyd warm moet wees onder dieselfde strale van die son; maar dat dit nie so is nie, leer ons by die ysige, dikwels barre, koue winter.

[7] Nou kan ons weliswaar die vraag stel: Wat en waar is dan die warmte, omdat dit nie afhanklik is van die lig en die lig gevolglik geen draer van die warmte is nie?

[8] Sien, die warmte is self die verborge, slapende lewe in die diepte en kan homself nie vrymaak nie; maar wanneer die lig lank genoeg oor die vlaktes van die aarde geskyn het, sien, dan wek dit die warmte uit haar slaap. Dit deurbreek dan die ysige greep en tree vry en werksaam te voorskyn, verbind homself met die lig en vorm dan `n wese, wat sy wortels nog in die oerskoot van die lewe uitbrei en daarin sy voedsel soek, maar is aan die lig verwante deel vrystaande bo die aarde verhef om sy eenmaal opgewekte lewe voortdurend wakker te hou; en wat by die plante die opwekkende is, is dit ook by die diere, sowel by die een as by die ander geslag en alles word deur die lig aangetrek en deur die warmte in beweging gebring.

[9] Maar dit alles is slegs `n natuurverskynsel en die verskillende geaarde bedrywigheid uit homself slegs as lewe by wesens wat die draer van `n hoër lewe is.

[10] Wanneer ons egter sien dat gelyke geaarde wesens mekaar aantrek en mekaar vind, en ongelyke geaarde mekaar afstoot en mekaar verafsku; dan leer ons daaruit dat in hulle nie dieselfde warmte en dieselfde lig heers as wat hulle in beweging sit en aantrek nie. Maar dan het ons te make met gesteelde lig en met gesteelde warmte waardeur al die onkruid en ongediertes in beweging gesit en aangetrek word; tog kan `n hoër, vry lewe dit alles waarneem!

[1] Nou kan mens homself afvra: Hoe kan `n hoër, vry lewe dit doen en waarom? O vaders, daar lê die vernaamste knoop om te ontrafel!

[12] Luister daarom: Soos die vorm van alle dinge in hulle groot verskeidenheid `n uitdrukking is van die natuurlike warmte in verhouding tot die lig en haarself slegs volgens haar vermoë tot opname van meer of minder lig of meer of minder warmte onderskeidelik, so is ook die spraak van die mens `n ontwikkelde vorm van die geestelike warmte, wat die goddelike liefde in die hart is en van die geestelike lig, wat die goddelike barmhartigheid in die mens is.

[13] Hoe sou ons verstandige woorde kan uiter, as dit nie aan ons as ewige vorme van die gees gegee sou gewees het nie?! Maar aangesien ons alle dinge kan benoem, sê my, wie leer dit vir ons?

[14] Alleen God kon dit doen, omdat slegs Hy die ewige, suiwerste beliggaming van alle vorme is, omdat Hy die lewe en die lig oftewel die Liefde en die Wysheid Self is, en as die ewige onskeibare verhouding van beide die oervorm van alle vorme is, oftewel die oerwese van alle wesens, of derhalwe die ewige woord Self is!

[15] Wanneer iemand dus die woord buite homself gevind het en dit begryp en aangeneem het, dan het hy immers geen ding nie, maar `n geestelike lewe in volkome toestand gevind, omdat elke woord `n vorm is, wat ontstaan het uit geestelike warmte en geestelike lig. Waarom dan die verwondering oor die woorde van ons Asmahael?!

[16] Of lyk ons met betrekking tot sulke vrae nie soos visse wat in die water verkeer, wat nie kan sien nie en ons, omgewe deur lug, die lug nie kan sien, indien ons in die middel van die volle lewe vanuit God ons baie onthuts verbaas oor die ware gevoels­waarneming van Asmahael nie?!

[17] O vaders, alles het sy redes! Sien, die lewe het ons weliswaar self onverwoesbaar in die eie woord, maar die lewe lyk nog soos dit wat in die saadkorrel opgesluit lê! Wend ons ons hart na die wêreld, dan is dit winter by ons en die te kort durende barmhartigheidslig is nie in staat om die geestelike warmte in ons vry te maak nie; maar indien ons voortdurend ons hart na bo tot die Heer wend, dan sal die langdurige, ja voortdurende barmhartigheidslig spoedig die geestelike lewenswarmte in ons vry maak en onsself sal ons dan verhef as lewende vorm of lewende woord tot die ewige bewussyn in die lig van die Heer.

[18] Wie dit egter nie doen nie, is `n rower en `n dief en sal homself tot onkruid, ongedierte en tot `n afskuwelike mismaakte lewens­vorm ontwikkel net soos diegene in die diepte.

[19] Wie dus die woord het, het ook vir ewig die lewe; maar na gelang die woord is, sal ook die lewe wees!

[20] Dit is wat Asmahael insien. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205