|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 99
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Goddelike en menslike wette
99 Hierna bring die kinders weldra verfrissings en versterkings vir die liggaam, wat uit allerlei vrugte en ou en nuwe brood bestaan. Maar Adam wil nie daarvan eet nie, omdat sy verhemelte nog deur die in die middag gedane gelofte gebonde was en daarom raak hy alles slegs seënend aan; dieselfde doen die res ook.
[2] Maar omdat die honger hulle almal reeds taamlik sterk aangegryp het, sodat hulle - Henog nie uitgesonder nie - met sigbare begeerte en heimlike eetlus die vrugte en die brood aansien en dit hulle enige selfoorwinning kos om hulleself te verloën en nie die gelofte te breek nie, vra Asmahael aan Adam:
[3] "Luister Adam! Wie het jou en jou kinders opgedra om te vas? Waarom eet julle niks van die vrugte, terwyl julle tog honger het en waarom eet jou kinders nie as hulle honger het nie?
[4] Het JaHWeH dit vir julle aangeraai? Welke diens dink jy om God te bewys wanneer jy, om julleself te straf, te vas en teen julle eie natuur in te gaan? Vertel my eers en oorweeg dit vooraf by julleself of dit God kan behaag, as `n mens, wat dit nog nooit so ver in selfverloëning gebring het nie, ook maar een van God se gebooie getrou en vir alle tye in ag kan neem, om homself uiteindelik, omdat hy te swak was om homself aan `n maklike goddelike gebod te hou, daar boonop nog `n eie, baie swaarder gebod vir homself opgelê het. Die inagneming daarvan word dan ten slotte vir hom onmoontliker as honderd goddelike gebooie, wat tog altyd ten nouste met die natuur van die skepsel saamhang, omdat God sy skepsele nooit meer te dra sal gee en ook nooit kan gee as wat hulle natuur in staat is om te dra nie, omdat Hy die allerbeste insien waartoe Hy `n skepsel uit Hom in die vrye bestaan geroep en laat bestaan het! Luister, beslis nie omdat die skepsel deur ligsinnige verontagsaming van die goddelike ordening dit weer moet goedmaak deur wette vir homself voor te skryf wat hy uit eieliefde al baie vroeër berou het, nog voordat die uitgenooide versoeking tot oortreding daarby gekom het nie. Maar Hy het die skepsel in die vrye bestaan geroep, sodat hy sal lewe volgens die goddelike ordening en sal eet en drink volgens die dwingende behoefte van sy liggaam en God sal erken en Hom bo alles sal liefhê en sy medemens soos kinders en broeders sal liefhê soos homself, en vanweë die liefde sê Ek, die vreemde tienmaal meer as homself en dan die kinders van sy eie vlees.
[5] Sien, dit is alles wat God van jou en van julle verg en Hy gee julle geen ander gebod as die van die liefde, waaraan alle lof, alle prysinge en alle dankbaarheid ten grondslag lê, welke grondslag op sigself beskou, slegs die ware erkenning van God en daardeur ook van die ewige lewe self is.
[6] Maar as julle julleself bind, terwyl God julle verlos het om ewig vry te wees, is julle dan geen dwase dat julle julle bes doen om die werk van die verlossing van die ewige Liefde te bemoeilik en dat julle julleself deur julle eie dwaasheid misvorm, in plaas van om julle in My liefde, erbarming en barmhartigheid waarlik vry te maak?! Verlos julleself daarom van die band van julle dwaasheid en eet en drink, sodat God julle kan help met dit wat in julle is en teen Sy ordening indruis!
[7] Daarom sê Ek: Wee die geloftemakers in die toekoms! Hulle sal `n dubbele oordeel ondergaan: Die een uit My en die ander uit homself vanweë My gebod, wat hulle nie gehou het nie en omdat hulle My ordening weerstaan het, wil hulle om My te behaag, deur `n nog groter dwaasheid die eerste dwaasheid weer goedmaak. Luister, so spreek die Heer en so spreek Ek met die mond en die tong van die Heer:
[8] Indien julle `n welgevallige gelofte aan My wil doen, beloof dan in julle hart dat julle nie sal sondig en dat julle geen ander gelofte meer sal aflê as om nie meer in die vervolg te sondig nie.
[9] Wie van julle kan egter sê: "Luister, My God en Heer, voor U sal ek nie meer sondig nie!"
[10] Sien, so-iets mag julle nie oor julleself sê nie, omdat julle vry is; hoe wil julle dit dan wel aanlê as julle julleself teen My wil `n ondraaglike juk op die skouers lê, wat julle terneerdruk en stom maak ten opsigte van die goddelike wet van die liefde en alle lewensvryheid in haar en buite haar?!
[11] Luister, eet en drink daarom en bedink in julle hart dat God geen vreugde aan julle dwase diensbaarheid ondervind nie, maar slegs aan julle liefde en vryheid! Luister, Adam, dit spreek die Heer uit Sy mond met Sy eie tong; eerbiedig dit en wees vry. Amen.
[12] Na hierdie woorde vol barmhartigheid gryp Adam, terwyl hy hardop dank, loof en prys, dadelik na die vrugte en die brood en eet en drink en beduie die ander om dieselfde te doen. En almal eet en drink en hulle liggaam word versterk en ook hulle gees, waarvoor hulle dankbaar was.
[13] En toe hulle hulleself deur My seën versterk het, staan hulle op en dank My in hulle hart en was vol vreugde. En Adam sê:
[14] "O my groot God en Heer, ek wil U graag "Vader" noem! Die vroeëre groot, mooi paradys was ryk aan alle vreugdes van die lewe; maar dit het my nie gehelp nie. Omdat ek ryk was, het ek my van U verwyder; U het my rykdom afgeneem en begiftig my daarvoor in die plek met allerlei armoede. O Heer, eers nou dank ek U daarvoor en sê hardop:
[15] Indien U, my God, my duisend paradyse sou gegee het, waarlik, dan sou ek ellendiger wees as `n wurm in die stof; want elke woord van U is immers meer werd as in duisend aardes met elk tienduisend paradyse!
[16] O Heer, U woord en U heilige Wil is die ware paradys van die lewe! O Heer, laat my ewig in die paradys wees! Amen."
[17] Na hierdie danksegging van Adam begin Enos, Mahalaleel, Jared en ook moeder Eva egter by hulleself te dink: "Hoe het dit tog gebeur dat Adam vir eers sy gelofte verbreek het en nou eet en drink? En as hy nou spreek, dan spreek hy asof God in lewende lywe voor hom staan!
[18] Adam word verlig en hy sê: "Verwonder dit julle, vra dan by julleself: "Waarom verwonder ons ons dan nie oor ons eie lewe nie?" En die antwoord sal wees: "Omdat God ons nou nader is en altyd sal wees as ons eie lewe; want nou lewe ons almal in Hom!" Hoor dit! Amen. Amen. Amen.
|
|
|
|
|