|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 173
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die sewe muiters uit die middag geweste bespot Sethlahem.
173 Toe Sethlahem as onbevange oog- en oorgetuie dit van die Hoë Abedam verneem het, begin hy iets groots te vermoed. Sy hart brand en `n innerlike Insig sê aan hom: "Soos wat hierdie Vreemdeling spreek, waarlik, so kan tog immers geen mens spreek nie! Agter hierdie Vreemdeling moet iets buitengewoon skuil!"
[2] Volgens die innerlike Insig en deur die innerlike Insig gelei en kragtig aangespoor, gaan Sethlahem vervuld met die grootste deemoed na die Hoë Abedam en vra Hom:
3] "Hoë Vreemdeling, U, wat vervul is van alle goddelike wysheid en skynbaar ook nie minder vervul is met goddelike krag nie, mag ek U vra om van my die klein diens aan te neem dat ek diegene hier voor U aangesig bring wat oor JaHWeH se instellinge mor, sonder om daarby te dink om hulleself tog in die minste te laat onderrig, dat JaHWeH, die ewige, heilige God, alles wat reeds gebeur het, nou gebeur en nog ewig sal gebeur, sekerlik reeds van ewigheid af voorsien het en dit ten aansien van die vrye mens, ook reeds so bestem het?!
[4] Te oordeel aan dit wat Henóg my reeds getrou oor U berig het en volgens dit wat ek nou self in die gesprek met Henog van U verneem het, sal een woord van U by die muiters seker meer tot hulle verbetering bydra as duisend woorde van my.
[5] Want hierdie sewe is nou juis in alles ook die mees onbuigsames van die hele middag geweste.
[6] Waarlik, iets ergs moet hulle immers nie oorkom nie; maar hulle moet heeltemal beter word, ja hulle moet verbeter!
[7] As U dus wil, sal ek onmiddellik gaan." - En die Hoë Abedam antwoord hom:
[8] "Sethlahem, Ek sê vir jou, as jy My woord sou begryp het, dan sou jy ook begryp dat Ek jou diens kan ontbeer!
[9] Maar omdat Ek nog geheel en al `n Vreemdeling vir jou is, kan jy wel gaan en doen waarna jy verlang!
[10] Maar sou jou sewe muiters jou miskien nie wil volg nie, dan kan jy dadelik weer terugkeer en jou alleen en onverrigter sake hierheen begewe! Amen."
[11] En terstond gaan Sethlahem na die muiters toe, wat so `n vyftig treë weg staan. Toe hy by hulle aankom, vra een van hulle onmiddellik effens spottenderwys aan hom:
[12] "Nou, hoeveel hande vol stene aan gewig het jy nou wyser geword?!
[13] Het Henog jou dalk die versuurde gelykenis van gister oor die ver verwyderde berge verklaar?! Of het hy jou miskien wel weer `n nuwe sprekende tier getoon?!
[14] Ja, ja, by mense van jou soort moet altyd `n sprekende dier tot wyse prediker word; want woorde van mense soos ons, word sonder meer as waardeloos beskou.
[15] Sethlahem, sien, dit is werklik jammer dat die groot sonderlinge Henog gedurende hierdie stormnag nie by jou was nie, omdat minstens enige honderde van die mooiste tiere en nog vele ander beeste ons met `n besoek vereer het! Wat sou jy nie van al die woudwyses met hulle lang sterte kon leer as Henog hulle almal sprekend gemaak het nie!
[16] Waarlik, die sotterny is tog `n bietjie te ver gevoer! - `n Pratende tier!
[17] As dit so aangaan, sal op sy langste, volgende jaar ook bome en gras begin te praat en waarom nie die klippe self en die spruite en ten slotte selfs die see nie!
[18] En na drie jaar - glo dit maar vas; want dit is immers jou leuse! - sal elke uit die hemel vallende reëndruppel aan jou sê: "Goeie môre, wyse Sethlahem! Hoe het jy geslaap?!" En meer sulke wysheid vertoon!
[19] Dan eers sal jy opkyk en jou ore tot die uiterste spits en jou mond nog verder oopsper as `n tier sy bek, wanneer hy kalm met `n hap `n bul in sy maag laat ingly en sal jy met `n ongekende verwonderde uitdrukking op jou wyse gesig sê: "Wat - was - dit?"
[20] Sethlahem, sien jy dan nog nie die dwaasheid van jou wysheidsdromery in nie?!
[21] Kyk, soos vanouds, volgens die verklaring van Adam, wat nog leef, en as ons almal se vader, alle geloof verdien - vooropgestel dat hy die eerste mens op aarde is; want die aarde skyn groter te wees as wat sy oorspronklik slegs vir een mens bestem was om te wees! - Ou, vroom gebruike wat gangbaar was, waarom sal daar dan iets daaraan verander word, omdat daarbo vir die waaragtig verstandige wyses in hierdie ou seremonies niks anders geleë is as slegs die vanweë die oudheid, gedenkwaardige, historiese element nie?! Wanneer dit nou wegval, sê my, watter ander waarde kan die ware kinderspel wel vir denkende mense hê?!
[22] Of sou jy as wyse miskien selfs wil of kan beweer, dat God, die Oneindige, genoegdoening en vreugde daarin sou beleef, as ons tot Sy eer `n paar houtstokke aansteek en dan die dowwe vlam wat `n geslagte skaap verteer, aangaap. - Miskien nog dommer as die geslagte skaap self?!
[23] Waaragtig, sulke buitengewoon, dom begrippe oor die God, van Wie tallose sterre en sonne as `n ewige offer brandend getuig, steek die draak met die menslike gees!
[24] Sê nou, Sethlahem, as jy enigsins nog `n klein vonkie gesonde verstand besit, of dit nie so is nie en of jy dit ook nie noodsaaklikerwys so beskou nie, - vooropgestel dat jy nie deur die een of ander gestreepte woudwyse iets beter geleer is nie! Want wat so met een hap `n hele bul opvreet en dit nie kan bewys nie, begryp ons almal!
[25] Praat, praat nou, as jy wil of kan! Of het jy miskien nie die verre blou berge voldoende verteer nie?! Of kan jy miskien jou mond nie ver genoeg opmaak nie?!
[26] Sien, ons het immers nie sulke ore, wat eers deur `n tieragtige gebrul geprikkel moet word om jou nuwe gevoelige Henogiaanse wysheid te verneem nie, maar ons menslike ore is nog tevrede met `n gewone, menslike stem. Open daarom maar met `n goeie gemoed jou wyse mond! Amen."
[27] Hoe die arme Sethlahem oor hierdie spitsvondige woorde gevoel het, is nie moeilik te raai nie, as `n mens boonop nog in aanmerking neem dat hy, `n bietjie grootdoenerig, hier `n witvoetjie wou kry nie; maar aan die ander kant was hy van die woorde van die vreemdeling en ook van die van Henog so deurdronge dat hy sy blik alreeds op die aarde gerig het, of sy haarself nie êrens al sou begin open om die geweldige lasteraars te verslind nie.
[28] Daarom was hy ook nie in staat om `n woord oor sy lippe te kry nie, maar draai weer onmiddellik om, in hoë mate deemoedig, en keer vinnig terug na Henog en die Vreemdeling.
|
|
|
|
|