Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Lameg en Methusalag spreek saam oor die vreemdeling Asmahael

121 Ook die praatgrage Lameg vra aan Sy vader Methusalag: "Luister, vader, as ons vaders heimlik en onopvallend met mekaar in gesprek is, terwyl aartsvader Adam ons dit almal in `n sekere sin verbied het, wat dink jy, - moet net ons die gebod as onskendbaar beskou of die vaders ook?

[2] Trouens, as ek dit enigsins goed begryp het, dink ek dat Adam geen onderskeid daarby gemaak het nie. Maar indien die vaders desondanks tog met mekaar praat, en hulle ken elke gebod tog beter as ons, dan is ek van mening dat ook ons daarom, sonder dat dit kwaad kan doen, in stilte `n paar woorde met mekaar kan wissel en wel in die besonder oor Asmahael.

[3] Want kyk, my hart begin ongeduldig word om my oor hierdie Asmahael uit te spreek; ja, voorwaar, dit kom my nou heeltemal so voor asof ek sonder ophou oor hom kan praat!

[4] Ek sê vir jou, vader, hierdie jongman begin homself buitengewoon sterk aan my gedagtes opdring! Ja, dit kom my voor dat ek hom steeds minder kan deurgrond! Op Sy gesig sien `n mens gladnie dat hy iets besonders is nie; maar wanneer hy begin te spreek en Sy woord dan vinniger as `n bliksem in die daad omgesit word, dan moet elkeen tog sekerlik `n baie vreemde gevoel kry!

[5] Ek moet jou sê dat ek hom nou al so lief gekry het, dat dit vir my nou al so voorkom asof my hart met syne vergroei is!

[6] Sien jy, daarom sou ek graag voortdurend oor hierdie liewe, jonge Asmahael praat!

[7] Kyk tog hoe eenvoudig en hoe buitengewoon deemoedig beskeie hy agter ons saam met die oue, maar tog nog baie opgewekte Abedam voortgaan! En sien, hoe wonderbaarlik moeiteloos hy Homself voortbeweeg; ja menigmaal kom dit my waarlik voor asof hy gladnie die grond met Sy voete aanraak nie!

[8] O Asmahael, jou buitengewoon vriendelike, liewe vreemdeling, hoe onuitspreeklik lief het jy vir my geword!

[9] Mag jy tog ook so aan my sy voortloop soos nou aan Abedam se sy; hoe onuitspreeklik gelukkig sou ek dan nie wees nie!

[10] O vader, vergeef my as ek jou enigsins lastig geval het met my mond! Maar wat kan ek daaraan doen?! Sê jy nie altyd self nie: "Indien dit in die hart brand, dan kook dit in die houer van liefde en in die mond begin dit oor te loop!" Sien, dit is nou ook by my die geval!

[11] Maar as jy ook iets wil sê, praat dan maar, - ek sal baie graag na jou luister; maar jy moet slegs oor Asmahael praat! Amen."

[12] En Methusalag skep moed en sê die volgende aan sy seun: "My geliefde seun Lameg, luister, ofskoon dit weliswaar volgens die orde is dat `n vader sy seun onderrig, omdat hy sien dat die onervare seun iets onbesonne of iets baie aanmatigend doen, of die seun kom met vrae by sy vader om iets uit die voorraadkamer van ervaring te kry, wat hom van diens kan wees.

[13] Sê my dan net en begryp dit self goed, wat daar gedoen kan word as die seun na sy vader kom en hom vra of hy hom iets uit sy voorraadkamer van ervaring sou wil gee en die vader moet dan aan sy seun sê: "Beste seun, kyk, op dit punt is ons kamers ewe oud en het die een nêrens ook maar die allergeringste voordeel bo die ander nie, omdat ons oë tans saam vir die eerste keer en ook presies op dieselfde tyd een en dieselfde Asmahael aanskou het!

[14] Sien jy, wat jy oor hierdie hoogs merkwaardige jongman kan sê, presies dieselfde weet ek ook; my tong is net nie so lenig soos die van jou om die innerlike gevoelens oor Asmahael dadelik in goed begryplike woorde om te sit en dit dan in strome oor my lippe te laat vloei nie."

[15] Omdat jy jou vader egter nie geheel en al verniet uitgenooi het om oor Asmahael te spreek nie, sien, daarom het daar nou juis `n goeie gedagte by my opgekom en dit lui as volg:

[16] God het weliswaar vir die mens twee oë gemaak wat tot die aanskoue van dinge buite homself moet dien, maar desondanks sien hy met twee oë nie meer as met een nie; nogtans verlig beide mekaar wedersyds om te kyk. Ook het Hy twee ore vir hom gemaak om die stem van die buitewêreld te hoor en tog is niemand in staat om met hierdie twee ore meer te hoor as met een nie, maar die een ondersteun ook hier die ander. So is dit ook met die reuksin. Die een help die ander. Maar God het die mens slegs een smaaksintuig en slegs een gevoelsintuig gegee, sodat elkeen goed onderskeidend daarvan sal proe en sal voel. Sien, elkeen van hierdie twee laaste sintuie is op sigself onafhanklik! So is dit ook met die mens gesteld. Die gadeslaan het ons gemeenskaplik en ook die gehoor en eweneens die fynere waarneming of die aard van die indruk wat die dinge op ons maak; maar wat die beoordeling van `n ding betref en die gevoelsindruk, daarin het iedereen sy eie domein, waarna hyself dan ook die beoordeling en die daaruit ontstane gewaarwording vorm en vestig.

[17] Sien, presies so is dit ook met ons twee gesteld! Ons het beide dieselfde gesien, beide dieselfde gehoor en sekerlik ook beide heeltemal dieselfde by Asmahael waargeneem en ons lyk op die punt soos die plante en die gras, die struike en die bome, omdat hulle almal ook dieselfde lig, dieselfde warmte en dieselfde reën in hulleself opneem. Maar hoe sien dit daarna met die innerlike verwerking en met die produk daarvan uit?

[18] Sien, beste seun, daar heers `n geweldig verskil! Netso staan dit ook met ons innerlike opvatting, beoordeling en gewaarwording; dit kan korrek, maar ook verkeerd wees, op tyd, maar ook baie dikwels op die verkeerde oomblik. Maar waarom sal ons dit voortydig vir onsself vernietig deurdat ons onsself wil volprop met ons voorbarige oordele en die daaruit voortkomende verkeerde gevoelens?!

[19] Daarom is dit immers voorhande altyd beter dat ons hierdie nuwe aanplanting in ons eers tot volle wasdom laat kom en dan eers, sodra die volle rypheid in ons ontwaak het, sien of die vrugte andersins ook goed sal smaak en tot nut sal wees!

[20] Wie oor iets spreek wat nog nie tot rypheid in hom gekom het nie, is `n dwaas; want elke woord is `n leer, dalk oor dit en dalk oor dat. Wat se heil sal `n onrype leraar of spreker stig, of wie sal hy wel voed met sy onrype vrugte?! Of welke seën sal hy versprei met sy onrype plante, waarvan hyself nog volstrek nie weet en ook nie kan weet of dit suiwer of onsuiwer is nie, miskien is dit wel heeltemal vol dodelike gif?!

[21] Sien, so is dit ook met ons gesteld! Die saadjie van Asmahael het nog nouliks enige swak worteltjies in ons gedryf; ons ken nóg die blaar nóg die bloeisel, en die vrug wel die allerminste: En tog kan ons wel iets vir mekaar leer!

[22] O seun, bedink net wat se leer dit sou oplewer! Laat elkeen daarom onderrig gee oor wat hy sien en hoor en effens waarneem, dat hier of daar iets wel is of nie, en dan het hy genoeg gedoen; al die ander kan hy laat staan tot by die tyd van rypheid, omdat God hom dan, as daar in sy hart `n edele vrug tot rypheid gegroei het, wel sal oproep om dit aan die broeders uit te deel. En as die vrug onedel is, dan sal God ook die beste weet waarvoor dit sal deug; want van God uit is alle dinge goed. En daarom sal ons ook eers die rypheid afwag en dan eers spreek! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205