|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 183
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
`n Blik in die diepte van die Skepping
183 Omdat die vyf meisies nou insien en in hulleself deur en deur gewaarword hoe bomatig goed en liefdevol JaHWeH is en hoe volledig Hy te vertroue is, was hulle ook steeds moediger, en Ghemela wel baie in die besonder.
[2] Daarvolgens begin hulle Hom dan ook allerlei baie goeie en seldsame dinge te vra. Een van die mees besondere vrae, wat uit die mond en die hart van Ghemela kom, was die volgende:
[3] "My Enigste bo alles geliefde JaHWeH, U onuitspreeklike barmhartigheid en U onuitspreeklike liefde het my die oneindige wonder laat sien van `n blommetjie - ja van daardie blommetjie van my, wat vir my vir ewig een van die dierbaarste gedenktekens aan hierdie tyd sal bly! - Sien, ek het al dikwels in die nag ook die liewe, mooie sterretjies aan die hemel met groot vreugde in my hart verlangend bekyk en ek wonder dan wat dit alles dan wel sou kon wees! Dit bly egter steeds alleen maar by gedagtes, maar ek kon geen sekerheid kry nie.
[4] Ek dink dikwels by myself dat hulle van naby wel wonderlik mooi moet wees, veel mooier as die blommetjies, omdat hulle vanuit die verte al wonderlik heerlik daar uitsien.
[5] Op `n dag het ons met ons vader baie ver weggegaan, waar ons die sterretjies altyd sien opgaan het, in die goeie hoop, om hulle daar van baie naby te kan bekyk; maar sien, my Enigste Geliefde, Allerbeste, Heilige JaHWeH, die liewe sterretjies het van ons ver, ver teruggewyk en het op `n heeltemal vreemde plek opgegaan, wat egter sodanig ver van ons verwyderd skyn te wees, as dat ons snags, terwyl ons tog al baie moeg was, dit aangedurf het om nogmaals `n nog verdere reis te maak!
[6] En boonop het vader ons ook gerusgestel deurdat hy aan ons gesê het dat ons dit maar nie moes aantrek nie. Hierdie sterre sou sekerlik te gewyd wees; waarom hulle dan ook steeds terugwyk vir die onheilige oë van die mens en `n mens moes U daarom reeds hoogs dankbaar wees as `n mens ongestraf `n heilige plek ook vanuit die verre verte mag bekyk.
[7] En sien, ons almal was daardeur ook volkome gerusgestel en kon niks anders doen as U vir so `n groot barmhartigheid alleen uit die liefde van ons harte te loof en te prys nie!
[8] Maar - nou - my bo alles geliefde JaHWeH, - nadat ek die blommetjie gesien het, - nou - ek kan dit nog nie waag nie! - O goeie, liefdevolle JaHWeH! U sal tog nie kwaad word vir my nie?!"
[9] Maar Abedam moedig haar aan deur vir haar te sê: "O My Ghemela! Vra wat jy wil en wees in jou van My liefde verseker dat Ek ten eerste heeltemal nooit boos of kwaad word nie, - en ten tweede dat Ek jou geen antwoord skuldig sal bly nie en jou alles sal inwillig wat jou suiwer liefde van My vra!
[10] Maar Ek sien al dat Ek jou weer uit die verleentheid moet help! Nie waar nie, jy sou die sterre, wat vir jou soos skitterende hemelse blommetjies voorkom, op `n vir jou begryplike afstand wil sien?!"
[11] En Ghemela bevestig glimlaggend van verrukking Abedam se vraag met `n opgewekte kopknik.
[12] En Abedam sê daarop aan haar: "Nou dan, reik My jou regterhand; gee jou linkerhand aan jou vader en jou susters, sodat hulle ook kan sien wat jy nou sal sien!"
[13] Na hierdie woorde blaas Hy oor hulle almal en hulle kyk in die diepte van die skepping.
[14] Maar baie gou gil Ghemela hardop en smeek om hulp - met haar ook die ander toeskouers - met die volgende woorde:
[15] "O JaHWeH, JaHWeH, JaHWeH! Red ons armes, ons wat niks voor U is nie; want die eindelose grootte van U skepping verslind ons, - ja, ons is al vernietig! So iets kan tog niemand aanskou en tegelykertyd bly lewe nie, daarom, o JaHWeH, Heilige, Groot God en Vader, red ons!"
[16] En Abedam roep hulle weer terug en hulle visioen verdwyn. Toe hulle weer wakker word, val hulle voor Hom neer en begin Hom aanbid; want `n groot vrees het hulle aangegryp, sodat hulle hele liggaam bewe.
[17] Maar Abedam raak hulle aan en gebied hulle teer, getroos om weer op te staan en vra ten slotte met `n baie sagte stem aan Ghemela:
[18] "Ghemela, dit kom My voor, dat die sterre jou nie so goed geval as die blommetjie van voorheen nie?!
[19] Wat was dan daar, dat jy nou nog so sidder? Skep maar weer moed en vertel ons almal iets daaroor! Sien, jy is nou tog weer by My, waar jy niks te vrees het nie; spreek daarom maar vrylik en vertel alles wat jy in hierdie drie oomblikke gesien het!
[20] Kom hier en leun `n bietjie teen My bors, dan sal jou moed ook weer terugkom!"
[21] En sy (Ghemela) druk haarself innig en snel teen Abedam aan en eers nadat sy `n tyd lank teen hierdie baie heilige bors gerus het, kom sy weer tot haarself, rig haarself op en begin met `n nog steeds ietwat sagte, skaam stem te spreek:
[22] "O JaHWeH, Almagtige, meeste heilige, oneindige JaHWeH! Wie se mond sou haarself waardig kan open en iets vertel oor U oneindige Grootte, Hoogheid, Diepte en Mag?!
[23] Ek sien net ontelbare, oneindige groot, onbeskryflike fel vlammende wêrelde wat hulleself soos bliksemstrale in die oneindigheid beweeg; die een oortref die ander tot in die oneindige, in grootte, lig en heerlikheid!
[24] Ja, toe ek my verskrikte oog nog verder laat gaan, sien ek alleen nog maar `n oneindige vlammewêreld; en te midde van die eindeloos uitgestrekte vlamme, wat oorweldigend skitterend, soos die mees onverdraaglike sonlig, sien ek nog tot my groot skok byna ondenkbare groot, angsaanjaende mensegestaltes hulleself met groot snelheid voortbeweeg!
[25] Ek stel my hulle pyn voor en dit lyk my asof daar `n oneindige diepte geopen het, wat hierdie vlammewêreld verslind en daarmee saam die waarskynlik ontsettend lydende mensgestaltes!
[26] En hierdie verskriklike diepte skyn ook my te wil verslind, vandaar dat ek U toe hardop om hulp roep en U my, armsalige, ook terstond gehelp het, waarvoor ek U vir ewig wil dank en prys!
[27] Sien, ek kan nie meer daaroor vertel nie; o wees geduldig met my, wat alleen U bo alles liefhet! - O JaHWeH, dit is dus die sterre, wat my so dikwels in verrukking gebring het?!
[28] U moet nie kwaad word vir my as ek U eerlik beken dat die blommetjies my eerder geval as die sterre nie; want hulle sien tog verskriklik ontsettend vreesaanjaend daaruit!
[29] As U my dit toestaan, dan sou ek U alweer iets anders wil vra.
[30] En Abedam antwoord haar: "Ghemela, - jy het tog reeds my versekering verkry! Vra maar wat jy wil, - ek sal jou geen antwoord skuldig bly nie; maar alleen oor die sterre moet jy niks meer vra nie, want dit is te groot vir jou, - maar verder oor enigiets!"
|
|
|
|
|