Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Teenstellings tussen God en die mens

102 Nouliks het Jared Sy laaste woord uitgespreek, of Asmahael het reeds by hom aangekom; voor dit het Hy Homself onderhou met vele kinders van die aand, vir wie Hy oor menige dinge ondervra het en Hy hulle ook weer onderrig het.

[2] Beide was aanvanklik `n bietjie oorbluf, maar herstel hulleself spoedig en Henog vra aan Asmahael: "Allerliefste Asmahael, wat moet daar nou gebeur, - sal ons nog ietwat bly, of sal ons onsself gereedmaak om verder te reis?"

[3] Asmahael sê ewenwel: "Ek het nie na julle toe gekom om jou vra op te los nie, maar Ek het hierheen gekom omdat Ek in julle twee `n groot liefde vir My ontdek het!

[4] Jared, wees bly dat Ek by jou sal intrek, en jy, Henog, verheug jou eweneens dat jy My liefde so hoog aanslaan! Want waar Ek My intrek neem, daar sal die dood nooit Sy oesfees hou nie; wee egter die woning waar ek nie intrek nie! Daar sal geen einde kom aan die gekerm nie en die dood sal woon in alle kamers van so "n huis waar Ek nie wil ingaan nie.

[5] Waarlik, Ek sê vir jou, Jared, wie My tot Sy gas het, die het alles; maar wie My afgewys het, het alles verloor.

[6] Indien die mens wat vanmore uit die diepte vol deemoed na julle toe gekom het, ook ietwat vreemd vir julle voorkom en julle Sy wese ook nie heeltemal helder kan rym nie, bedink dan dat ook God dit nie kan en wil rym, hoe die mense as Sy skepsele, in staan kan wees om hulleself hoër te ag as wat God van eewigheid Homself geheel en al lewend ervaar!

[7] Sien, die mense veroordeel mekaar, terwyl God tog daagliks Sy son oral laat opgaan en oor die hele aarde Sy reën laat val!

[8] Die mense maak onderskeid en vind dat hulle wysheid nie waardig is nie; God egter, die grote leermeester van alle sonne, geeste, aardes en alle mense, verafsku dit nie en vind dit nie benede Sy waardigheid om voor wurms in die stof en voor brommers en netso voor al die andere gediertes, hoe klein en onaansienlik ookal, die mees wyse leermeester te wees nie! Die mense beskou hulle wonings as gewyd en laat hulle eie kinders en broeders hulleself voor hulle in die stof werp, terwyl God selfs die eenvoudigste dier op aarde vry, en sonder dat almal plat op hulle gesigte neerval, laat rondwandel.

[9] Die mense vervloek diegene en bestraf hulle streng wat teen die wil van die mense in, een of andere vergryp gepleeg het; God seën egter selfs die klippe en het die grootste erbarming met elke dwalende en vervloekte en besit die grootste geduld en die grootste sagmoedigheid en is bowenal terughoudend met Sy oordeel.

[10] Wanneer mense hulleself tot God wend, dan tree hulle op asof hulle self gode sou wees. Wee diegene wie hom daarin van wysie sou bring of nie die grootste agting vir hom sou hê nie, wanneer hy sy sogenaamde godsdiensoefening verrig! In die besonder wanneer hulle hulle offer bring, is hulle die meeste kwaadaardig en selfs so dat, indien daar iemand sou kom en hy val nie dadelik voor hom en voor die brandoffer neer in die stof nie, hy onmiddellik verban word, so nie half gedood sou word; en hy sou in elke geval vervloek word.

[11] Maar as God na die mense toe kom, dan kom Hy as `n dienaar in alle deemoedige nederigheid en gee dan te kenne dat al hierdie sogenaamde eredienste Hom nie geval nie!

[12] Sien, wanneer mense bepaalde godsdiensoefeninge verrig, dan moet alles neerval en van louter eerbied sidder; maar wanneer hulle weer elke dag sien hoe God voor hulle oë vir hulle die meeste wonderlike werke verrig, dan val vir die ware, grote erediens wat God Self verrig, geen mens neer in die stof nie, wat God ook nie verlang nie en ook ewig nooit sal verlang nie!

[13] Sien, Jared, nie net vir jou kom veel dinge ongerymd voor nie, ook vir God is daar `n massa ongerymde dade, komende van die mense. Wees daarom nie besorg oor My nie, maar wees bly en vol goeie moed; want jy het die lewe in jy opgeneem! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205