Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die ware gebed. Die rigtende God en die liefhebbende Vader in die Heer.

167 En so rus hulle almal tot `n uur voor sonsopkoms. Slegs die Een rus nie, omdat Hy geen rus benodig nie, deurdat Hyself, die diepste rus, sowel as die grootste bedrywigheid is.

[2] Hierdie Een - hierdie Abedam, die Hoë genoem - was met gevolg ook die eerste Wie op die been was en Hy wek hier ook liggaamlik alle kinders uit hulle slaap. `n Enkele roep was voldoende: "Word wakker en staan op!" En almal ontwaak dadelik en staan op, gaan toe dadelik die woning uit en was hulle voete, hulle hande, dan hulle geslagsdele, dan hulle bors en dan ten slotte hulle gesig; want `n soortgelyke wasbeurt was reeds van oudsher `n daaglikse gebruik by die kinders.

[3] Toe hulle hulleself nou, behalwe vir Eva, gewas het - want die vrouens was hulleself eers na die mans en in `n ander fontein -, neem hulle olie en salf hulle hoofde daarmee. En eers na die salwing hef hulle die oggend danksegging aan tot die nou aanwesige Hoë Abedam en dit klink soos volg:

[4] "O liefdevolle, heilige Vader, ons dank U, ons bemin U, ons loof U! Hoe onuitspreeklik goed is U, o heilige Vader! Aan U alle eer, alle lof, alle prys, alle dank, alle liefde, alle roem en alle aanbidding!

[5] Weerhou U erbarming, U heilige liefde en U heilige barmhartigheid nie van ons, wie onsself U kinders noem nie, maar wat eintlik slegs louter sondaars is! Seën ons, raak ons aan en lei ons, skerp ons sintuie en verteder ons harte, sodat dit lieflik mag wees soos heuning en was, en verruim ons noue bors, sodat sy steeds hoe langer, hoe meer die ware liefde vanuit U, o heilige Vader sal kan opneem!

[6] Gee ons ook die seën, sodat ons daardeur in staat sal wees om vandag U heilige Sabbat op `n alleen, op U welgevallige wyse, te vier! En indien U, heilige Vader, in ons nog baie en groot besmetlikhede sal ontdek en nou sekerlik reeds ontdek het, netsoos U dit reeds van ewigheid weer ontdek het, tugtig ons dan in U liefde, erbarming en barmhartigheid en maak dat ons in staat is om U met meer waardigheid "Vader" te noem en U dan met `n reiner hart lief te hê en met `n reiner tong te prys!

[7] U, o goeie, liewe Vader, wees en bly vir ons ewig dieselfde Heilige, Liewe, Goeie Vader, netsoos U dit reeds van ewigheid was voor ons was; maar nie alleen vir ons wat hier aanwesig is nie, maar vir al ons kinders en wees dit en bly dit ook ewig vir ons laaste afstammelinge! Amen. U heilige wil geskied, Amen; U liefde, erbarming en genade. Amen!"

[8] En die Hoë Abedam voeg daaraan toe: "Amen sê Ek ook; Amen volgens die liefde van julle harte, - Amen volgens alle werke daaruit! En Ek sê ewig nêrens Amen, as alleen in die suiwer liefde nie!

[9] Maar julle moet nie bid tot God, wie gewyd, gewyd, gewyd is nie, maar alleen in die Liefde tot die Vader; want voor God is alle mense `n gruwel, - alleen voor die Vader is hulle Sy kinders.

[10] God se Gewydheid is onaantasbaar; maar die Liefde van die Vader daal af na die kinders.

[11] God se toorn berei vir alle dinge die ewige vernietiging; maar die erbarming van die Vader laat ook selfs geen enkele droom ooit verlore gaan nie.

[12] Vanuit God moet alles sterwe; maar dan kom die lewe van die Vader oor die dooies. Wie God soek, die sal Hom verloor en homself en sy lewe; want God laat Homself nie aanraak nie. En die wysheid van die mens wat Hom soek, is vir Hom `n gruwelike, walglike dwaasheid en vir die soekende slegs onvermydelik dodelik. Want met die wysheid raak hy God aan; maar hierdie kan deur geen geskape wese in watter gemoedstoestand dan ook al, aangeraak word en daarby sy lewe behou nie.

[13] Want God is `n ewige, aller suiwerste, maar ook die mees oneindige hewige Vuur, wat nooit uitdoof nie; en as die Vader dit nie sou versag nie, dan sou dit dadelik alles vir ewig verwoes. Daarom moet iedereen God bo alles vrees en die Vader bo alles liefhê; want die Vader is die allersuiwerste teendeel van God.

[14] En tog sou God nie God sonder die Vader wees nie, Wie die ewige liefde in God is nie; en die Vader sou geen Vader wees sonder God nie.

[15] Netsoos die Vader alle lewe is in God, so is ook God alle krag en mag in die Vader. Sonder die Vader sou God Homself nie kan uitdruk nie; want al die Woord in Hom is die Vader. Maar die Vader sou nooit Vader wees sonder God nie; en so is God en die Vader een!

[16] Wie dus die Vader aanraak met sy liefde, raak ook God aan. Maar wie dit wat van die Vader is, vergeet, en met sy wysheid alleen die God wil aanraak, hom sal die Vader nie aansien nie; maar die vuur van die God sal hom aangryp en hom verskeur en vernietig tot in die oneindige, sodat hy homself in ewigheid nooit sal terugvind nie. En dit sal dan ook nie maklik meer gebeur dat die Vader hom in die hele oneindigheid weer byeen sal bring en hom vervolgens weer opnuut sal vorm nie.

[17] Waar die Vader is, daar is God ook. Maar alleen die Vader openbaar Homself aan die kinders; God egter kan Homself aan niemand openbaar nie, behalwe alleen deur die Vader en dan openbaar, netsoos nou, die Vader die God. Wie My dus hoor, sien en bemin, die hoor, sien en bemin ook God. Wie opgeneem word deur die Vader, die sal ook opgeneem word deur God.

[18] Wanneer `n onwaardige die Vader nie sal aanneem nie, dan sal hy alleen in die hande van die rigtende en vernietigende God val en daar sal geen erbarming wees nie, nóg enige liefde en barmhartigheid!

[19] Vrees daarom die God; want dit is verskriklik om in die God se hande te val!

[20] Maar wees vir die Vader lief! Hou vas aan Sy liefde en laat jou altyd aanraak en lei deur die liefde van die Vader, dan sal jy ewig nooit die dood smaak nie, alleen maar die skeiding van die liggaam, wat `n vloek van die God is, waarin die lewe vanuit die Vader voor die toorn van die God behoed word deur die beskermende liefde van die Vader.

[21] Uit die hand van God ontvang jy die vloek, - maar uit die hand van die Vader die seën van die liefde en alle lewe uit haar. Hou jy daarom ewig vas aan die liefde, dan sal jy in die liefde bestaan! Maar indien jy jou vashou aan die wysheid, dan sal jy vergaan en jy sal vir ewig uitgewis word deur die Gees van die God!

[22] Laat dit wat nou gesê is, vir julle `n groot gawe vir die Sabbatmôre van die Vader wees, Wie se kinders julle is en Wie julle daarom meer liefhet as alles in die ryke oneindigheid! Oordink dit in julle harte en handel daarvolgens, dan sal julle lewe en nooit in die hande van die God val nie!

[23] Set, gaan jy nou na buite waar die son reeds opgegaan het, en laat `n ryklike oggendmaal berei; want sien, soos die gees syne ontvang het, so moet hy ook goed sorg vir die liggaam! Roep ook die reeds lank singende drietal van buite na binne. Hulle is van die middernag en heet Jura, Bhusin en Ohorion. Gaan en versorg jou sake goed! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205