Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Die gebooie van JaHWeH aan die mense

2 Jy is die Lot van Sodom. Pas daarom op, dat jy nie versmoor in ontug en die erfporsie van die hoer jou deel word nie. Jy is soos niemand voor en na jou nie. Jy is as mens geheel en al in die vlees met sy luste. Maar jou gees is heeltemal vry, met goeie sig en gehoor. Jou liggaam besmeer jy met mis en oor jou gees word strome van Lig uitgestort; met jou liggaam eet jy saam met die varke, terwyl jou gees van duisende Engele omring is. Jou aardse hart het jy aangevul met afval en mis en in die hart van jou gees het Ek vir My `n woning opgerig. Jy voer geselskap met hoere, terwyl Ek met jou, soos broer tot broer praat. Jy stink soos `n modderkuil, terwyl jou gees die hoogste welriekende reuke van die hemele inadem. Jy is `n monster, maar jou oog oorstraal die sonne. Daar­om; suiwer jou vlees en word een met My, sodat Ek een kan word met jou!

[2] Sê tog aan die angstige moeders: Hulle moenie hulle dogters in vrees vir mans en die wêreld groot maak nie. Dit, waarvoor jy bang is, gehoorsaam jy gewoonlik blindelings en die wat gevrees word, kry `n maklike oorwinning. Hulle moet eerder in My Vrees en Liefde opgevoed word. Sodat Ek die oorwinnaar in hulle kan word, en hulle die wêreld kan verag en hulle in My onbeperkte Liefde kan verswelg. Hulle moet hulle nie, terwille van `n eggenoot, na openbare plekke toe laat sleep nie, maar na My, na My toe moet hulle kom, en dit sê Ek vir jou: Nie een van hulle begeertes sal ongeseënd en onbevredig bly nie, Ek is `n ryk God, wat van alles die oneindigste oorvloed het, en wat ook van alles, in die hoogste oormaat kan en ook wil gee.

[3] Die armes moet nie voor die deure van die rykes bedel nie, waar hulle net die lot van vreemde honde sal ervaar, en hulle harte sal in treurigheid en bitterheid omskep word. Hulle moet in vaste vertroue na My toe kom en Ek sal hulle almal verkwik. Die wat honger is, wil Ek kos gee, die wat dors is, wil Ek iets te drinke gee, die wat naak is, beklee. Die siekes wil Ek gesond maak; die wat lam is, sal soos `n takbok spring. Die melaatse sal gesuiwer word, die blindes siende, die dowes sal hoor en die swakkes wil ek sterker maak as `n leeu. Die angstige sal moediger word as `n manlike vul en die oues sal rus vind. Die wat arm is, is My naaste broers en Ek versorg hulle. Daarom moet hy hom nie deur die honde laat besoedel nie; want die rykes van die wêreld is broers van Satan en kinders van die duiwels uit die hel.

[4] Vir My vriende en vriendinne sê Ek: Hulle moet My dienaars en knegte nie meer liefhê as vir My nie! Hulle verlossing moet hulle nie soseer in hulle nie, maar eerder geheel en al in My Hande plaas en ten volle op My vertrou. Die dienaar moet streng volgens die Gebooie optree, indien hy nie onwaardig bevind wil word nie; slegs die Gewer van die Wet staan bokant haar en kan ook oor haar aanstel wie Hy wil. Maar solank hulle onder die juk staan, word hulle geoordeel. Maar wie na My toe kom, van hom kan Ek die oordeel terugtrek.

[5] My gemeente (kerk) op aarde is `n suiweringsbad, wie hom skoon gewas het, die kan na My toe kom, sodat Ek hom kan afdroog met die warmte van My Liefde en hom vir my behou. Maar wie net vreugde daarin kry om te spat en te speel, met hom sal dit gaan soos die wiel van `n watermeul, wat nooit uit die water kom nie.

[6] Wanneer iemand die werke van ware boetedoening gedoen het, kom hy na My, sodat Ek hom soos `n verlore seun kan opneem en hom kan behou deur My Krag. Die kneg kan raad gee, maar ek kan dit volbring; die dienaar kan lering gee; maar die verlossing is slegs My werk; die kneg kan bid, maar net Ek kan seën. My dienaars moet regverdig oordeel; maar die Reg van Barmhartigheid is net by JaHWeH. Daarom moet hulle dit nie by die dienaars en knegte van JaHWeH vergeet nie!

[7] Sê dit woord vir woord en sonder enige skuheid, want jy mag die wêreld nie vrees, wanneer jy vir My lief wil wees nie, want Ek is meer as die hele wêreld.

[8] Vir die wêreld is Ek maar `n klein held, wat as onbenullig beskou word. Die geleerdes kyk skaars nog oor hulle skouer na My, en gee My byna nie meer die Naam van `n eerlike mens nie. Maar sommiges het reeds geheel en al afskeid van My geneem; vir hulle is Ek dus glad nie meer daar nie. Sommiges laat net vir `n kort tydjie nog enkele goddelike trekke aan My oor, en laat hulle hulleself deur die wêreldwyses oor iets beters onderrig. Ek word dan onmiddellik as onbelangrik geag en geld hoogstens nog as `n God vir ou vrouens. By sommige van My dienaars en knegte wat groot wil wees, dien Ek nog net as `n openbare ampseël en as uiterlike, godagtige omsluiting van hulle swart onsinnighede, in hulle growwe, duistere dwaasheid en onnoselheid. Sommiges laat My wel nog in My godheid vassteek. Daarvoor moet Ek vir hulle tydelike voordele van My laat maak, wat hulle wil en wat wel die heel ergste is: Ek moet `n barre onding wees! Liefde en Barmhartigheid mag Ek net vir so lank hê as wat dit vir hulle nodig is; maar dan moet Ek weer meer onverbiddelik word soos `n klip en moet Myself laat omskep in die skandelikste tiran! Ek moet van een regterstoel na die ander spring en een verdoemingsoordeel na die ander uitspreek; want My Liefde moet net tydelik, maar My tirannie en die uiters skerp regteramp wat daaraan verbonde is, moet vir ewig aanhou! O, die ongehoorde narre! My onbeperkte lankmoedigheid, sagmoedigheid, nederigheid en ewige Liefde vir My skepsele deug natuurlik nie vir hulle selfsugtige doen en late nie; maar daar sal binnekort `n streep deur hulle rekening getrek word! Hulle rekeninge lê voor My en die maatbeker van hulle dade het tot op die laaste vol geword en die vergelding wag vir hulle.

[9] Wie My nie ken nie, hoe Ek is en wie Ek is, vir hom sou dit beter gewees het as hy geheel en al niks van My af geweet het nie, want dan kan Ek hom nog daar in die ryk van die geeste lewendig maak, maar so maak hulle hulleself los van My Hulp (die Trooster: vertaler), want hulle maak daardeur die lewe in hulle dood, sodat hulle My in hulleself vernietig en sodoende ook doodmaak en is hulle die druiwe wat van die wingerdstok afgehaal is.

[10] Maar dit sê Ek nou: EK IS die Enige, Ewige God in My drie-enige natuur as Vader volgens My Goddelikheid, as Seun volgens My volmaakte menslikheid en as Gees volgens alle lewe, werke en insigte. EK IS van ewigheid af die Liefde en die Wysheid self. Nooit het Ek iets van enige iemand ontvang nie. Alles wat daar is, is van My en wie iets het, die het dit van My gekry. Hoe kan Ek dan `n tiran en `n spreker van verdoemingsoordele wees?! O julle dwase! Ek het julle lief; maar julle verag My. Ek is julle Vader, maar julle maak van My `n doodsregter. Waar Ek seën, daar vloek julle; waar Ek bou, daar breek julle af; wat Ek oprig, dit buig julle; waar Ek saai, daar lei julle versmorende vloede oor; julle is in alles teen My. Sou Ek wees, soos julle sê EK IS, - waarlik, Ek sê vir julle, die aarde sou lank nie meer bestaan het nie, ja dit sou selfs nooit geskep gewees het nie! Maar omdat EK IS, wie EK IS, so bestaan alles nog, net soos dit was en soos dit vir ewig sal wees; en ook julle sal wees soos wat julle wil wees, sonder My verdoe­mingsoordeel, want julle sal wees wat julle van julleself gemaak het. Maar hom wat My aanneem soos EK IS en My liefhet, soos wat Ek julle liefhet, van hom sal Ek maak wat hy wil, sodat sy vryheid en vreugde vir ewig volmaak kan wees.

[11] Vir My dienaars en knegte sê Ek: My ampte is geen wisselbanke en geen geldboetieke nie! Wie My ter wille van geld dien, dien My nie uit liefde nie; en wie My nie uit liefde dien nie, se diens is vir My vreemd. Ek moet vir hom heeltemal vreemd wees, omdat hy My nie uit liefde dien nie en met hom het Ek die rekening reeds afgesluit. Maar hoe is die getroue kneg wat die skatte van JaHWeH sonder toestemming, nes `n dief vir die mees skandelikste pryse verkoop het? Iskariot het My ten minste nog vir dertig silwerstukke verkoop, sonder dat hy geweet het wat met My sal gebeur; want hy was verblind en het verlore gegaan. Maar nou is Ek as reeds gemartel, gedood en weer opgestaan te kry gedurende elke minuut vir die skandaligste spotpryse. O julle skandelike diewe, julle moordenaars, waarmee moet Ek julle dan vergelyk? Julle kinders van die draak, julle addergebroedsel, julle slangbroeisel! So dien julle My. Moet Ek julle so vind. Het Ek tog deur My liewe Paulus laat weet, dat hy wat die altaar moet dien, ook van die altaar moet lewe, want slegs die werke van die Liefde sal alles wat goed is, bewerkstellig? Maar julle het nie werke van Liefde nie, daarom is julle rowers en diewe en sluipmoordenaars van die Evangelies en van alle Waarheid. Weet julle: Soos die werk is, so is ook die loon! Liefde kan nie deur geld nie, maar slegs deur liefde verkry word. Ek is die Liefde Self en kan deurgaans vir geen ander prys as net weer deur die liefde verkry word nie. Deur Liefde het Ek julle almal gekoop; daarom vra Ek ook van julle almal net weer liefde. Wie My dus wil dien, moet My dien in liefde, waarvoor Ek vir hom aan die folterpaal gesterf het; en wie na My toe wil kom, die moet in Liefde na My, wat aan die folterpaal vir hom gebloei het, toe kom.

[12] Vir die beamptes en menere van die wêreld sê Ek sonder skroom en heel getrou, dat hulle ampte nie hoër staan as die ampte van My ryk nie. Maar elke amp wat teen My Amp is, sal Ek binnekort vernietig. Wee sy dienaars! Want Ek is die Hoogste God; My Wette is ewig, soos wat EK IS en sal so bly, soos Ek vir ewig is. Die motte wat aan My Wette wil knaag en weer wette daarvan uit hulle mis wil maak, om My Gebooie uit te wis, oor hulle sal dit met die grootste las en gewig rol en hulle vernietig, asof hulle nooit sou bestaan het nie. Elkeen wat teen My Gebooie oortree, kan vergewe word wanneer hy verbeter, sy foute insien en berou het, hom dan na My toe wend en in My bly en Ek in hom; maar wie My Wet wil ondergrawe, vir hom sal sy platdruk en hy sal voorts nie meer vir ewig bestaan nie. Alle wette van die wêreld ondergrawe My Gebod, as dit nie uit My Liefde aan die mens gegee is wat deur My Gees onderrig is nie. Wee die tiranne, wee die despote, wat heers terwille van die troon en die mag en die aansien daarvan; want vir hulle kort daar nie meer een nie en hulle sal die mag van die swakkes ervaar! Die grond is Myne en die veld is Myne; dit sê die Waaragtige, die Ewige God van Liefde en Wysheid en openbaar dit aan `n nar vir die wyses van die wêreld. Amen. Ek, JaHWeH, Amen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205