|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 59
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Oor die deemoed
59 En toe Asmahael uitgepraat was, staan Adam andermaal heeltemal ontroer op en sê: "Henog, sien, nou is dit weer jou beurt! Na dit alles is dit gepas om woorde van bo te verneem, om dan verder volkome ooreenkomstig die wil van die Heer te kan handel. Want sien, ek het reeds gedoen wat ek uit liefde gemeen het om te moet doen; maar ons liefde is nie altyd rein nie en vandaar ook nie altyd seker nie en daarom is die gevolg van haar handeling nie gewyd nie. Daarom is dit nou sekerlik goed tyd om die lewende stem uit jou, beste Henog, duidelik aan ons almal te laat hoor.
[2] Spreek dus, en toon ons die korrekte weë van jou beskermling! Amen."
[3] Toe Adam aldus gespreek het, sien, toe staan almal op en buig voor Adam en bedank hom vir wat hy dringend aangeraai het. Maar veral Set dans byna van vreugde; want hy was die grootste aanhanger en vereerder van Henog se woord en sodoende kon hy nog voor Henog met sy toespraak begin, dit nie nalaat om hom enige opbeurende woorde toe te roep nie en hy sê:
[4] "O liewe Henog, sien, dit waarna my hart reeds lank geweldig verlang, is deur die goeie en regverdige ordening van my en julle vader nou bewerkstellig! O, ek verheug my mateloos om die heilige Wil in hierdie saak te verneem! Want dit is waar, dikwels doen ons iets wat ons goeddink; maar of dit wel goed en tereg is, omdat dit vir ons as sodanig voorkom, dit is `n heel ander vraag!
[5] En dit is nou ook juis dit wat jy ons sal toon! En daarom, begin te spreek vanuit jou lewe uit God in jou! Amen."
[6] En hierna staan Henog op en begin die volgende woorde tot almal te rig, nadat hy homself in sy hart vooraf tot My gewend het. In stilte sê hy:
[7] "O, U heilige, liefdevolle, groot Vader, Heer en God, gee vir my, die allerswakste, U barmhartigheid, sodat ek in staat sal wees om in alle liefde en deemoed U wil getrou aan die vaders te openbaar en dit uit U in oorvloed vir hulle te gee, waarna hulle hart smag.
[8] O allergewyde Vader, maar slegs U wil geskied vir ewig! Amen."
[9] En sien, daarop wek Ek Henog volledig op en hy sê die volgende: "O liewe vaders, dat julle so-iets begeer is immers korrek en volkome redelik - want God se liefde gaan bo alles en alle dinge is aan Sy wil ondergeskik. Maar dat julle in my swakheid op my `n beroep doen om dit aan julle te openbaar wat alle ewighede in ewigheid nie sal kan omvat en begryp nie, sien, liewe vaders, dit is vir julle waardigheid as vaders nie korrek en redelik nie!
[10] Glo julle dan dat die Heer so onnosel is, dat Hy die een mens minder ag as die ander, wanneer sowel die een as die ander volgens Sy wil sou handel?! O vaders, dit is `n geweldige vergissing, só is dit nie!
[11] Kyk omhoog na die helder ruimtes van die oneindigheid! Wie van ons kan sê, dat hy nie in staat sou wees om die breë strome van die lig en alle dinge wat daardeur omgewe is, te aanskou nie?! Wie se oor hoor selfs nie `n sagte versugting wat waai deur die dorre blare nie?! Of is daar wel een onder ons wat nie alle sintuie in die mees bruikbare staat gekry het nie saam met `n lewende voelende hart nie?!
[12] Indien dit alles sonder onderskeid ons eie is, dat dit alles van die Heer afkomstig is; waarom sal iemand dan meer of minder van die Heer wees, indien hy van Hom uitgegaan het en weer tot Hom sou wil terugkeer?! O vaders, sien, welke kind sou daar wel na julle toe wil kom om heilige raad te kom kry, wat julle nie sou wil aanhoor en dat julle nie sou gee wat hy nodig het nie?
[13] Daar julle as gevalle mense selfs ten opsigte van vreemdes steeds barmhartig is, hoeveel temeer sal die allerbeste, heilige Vader dan vir julle doen wat nuttig vir julle is, en julle graag dit gee waarvoor Hy elkeen bekwaam gemaak het!
[14] Glo daarom nie dat ek `n uitverkore orgaan van God se lewende stem is nie; o nee, dit is ek nie, julle is dit veelmeer! Wend julle slegs tot Hom en julle sal daarvan verseker word wat die Wil van die Heer is! Amen."
[15] Hierna swyg Henog in homself en het daardeur hom ook tot My gekeer. En van Adam tot Jared en Asmahael weet niemand wat hulle uit hierdie kort toespraak van Henog moes uitmaak nie; en daarom vra die een aan die ander:
[16] "Wat beteken dit? Wat wil Henog daarmee sê: Sou ons, net soos hy, in staat wees om `n woord van die lewe uit God se hoogte te spreek?! Nee, wie kan dit begryp; ons begryp dit in elk geval nie!"
[17] En op hierdie wyse gaan dit van mond tot mond en hulle was almal hoogs verbaas oor Henog se droë, bondige kortheid; dit val selfs vir Set in `n hoë mate op dat Henog hulle almal hierdie keer so kortliks afgeskeep het.
[18] "Want", sê Set, "wat baat dit ons as ons op onsself aangewese is, omdat ons immers sonder Henog weet waartoe ons in staat is, en ons weet ook in hoeverre die Heer in Sy liefde vir ons almal toeganklik is en hoeveel ons van oudsher deur Sy stem verneem het! Want dit is iets wat by die liefde hoort, soos wat die wysheid by die barmhartigheid hoort.
[19 Maar hoe kan iemand die Heer vooraf liefhê en vanuit Hom spreek, voordat hy noodsaaklikerwys eers die liefde en die woord van die Heer ontvang het?! Maar wie van ons kan homself daarop beroem, behalwe Henog?! Asof ek myself nie sou ken nie!
[20] Weliswaar besit ons almal die barmhartigheid om God se kinders te wees en onder alle skepsele besit ons onbetwisbaar ook die voortreflike moontlikheid om as mens, mens te wees en het as sodanig almal dieselfde sintuie en gebruike op een en dieselfde manier; maar laat elkeen homself nou afvra of met al die samehang van sintuie en barmhartigheid ook wel elkeen een en dieselfde dadelik op gelyke wyse bevredig kan word!
[21] Hieruit word immers duidelik, dat aan elkeen nooit eweveel barmhartigheid, om maar te swyg oor eweveel liefde, ten deel val nie; en dit word nog des te begrypliker as mens uit lang ervaring weet, hoe onbestendig die liefde met elke voorwerp wat sy aanpak, te werk gaan en wat daartoe vir selfinkeer en groot opoffering vereis word om in watter opsig ook, standvastig in die liefde te word.
[22] Ofskoon ek daarmee nie wil en kan sê dat ons daardeur volstrek nie in staat sou wees om steeds vaster en vaster in die liefde tot die Heer te kom nie. Maar dit is nou eenmaal seker dat aan ons slegs die barmhartigheid gegee was, in die plek van die liefde; maar deur die barmhartigheid het ons slegs die gawe gekry om die liefde te verwerf en haar dan eers in ons op te neem; maar deur dit slegs te begeer sal dit ons nooit ten deel val nie, al is die verlange hoe vurig. Kort en goed, as dit die Heer behaag om iemand so oorvloedig liefde te skenk soos aan Henog, dan is dit `n saak van erbarming van die Heer en Hy sal niemand om raad vra as Hy iemand daarmee wil vervul nie. Maar luister almal: Dit is beslis geen reël nie en ons kan wens wat ons ook maar wil, maar daarby is die Heer die enigste Heer en doen en handel Hy volgens Sy onnaspeurbare wysheid, - ons is egter slegs getuies van wat Hy voor ons oë en ten behoewe van ons doen.
[23] En jy, my beste Henog, begryp my woorde goed en spreek dienooreenkomstig! Want jou groot beskeidenheid is vir my welbekend en jou deemoed het jou so dierbaar vir my gemaak; daarom hoef jy voortaan nie meer al te beskeie te wees en ons steeds jou groot deemoed te toon as dit om `n diens gaan wat jy aan God en aan ons, jou vaders, verskuldig is nie. Want dat jy dit alles is, sien, dit weet ons almal reeds lankal, die Heer weet dit egter nog oneindig baie beter as ons, vandaar dat Hy jou dan ook die liefde duursaam verleen; en jy hoef ons daaromtrent geen nuwe bewys meer te lewer nie, maar dat ons jou tot leraar en spreker beroep het, het immers slegs gebeur op grond van die deugde. En daarom kan jy vir ons spreek sonder enige vrees, soos jy reeds so dikwels vir ons almal gedoen het.
[24] Behalwe dan, dat dit wat jy vroeër gesê het, jou deur die Heer gebied was om te sê, dan kon dit wel nie anders gespreek word nie en doen jy goed daaraan dat jy so gespreek het!
[25] Maar wanneer ek bedink dat jy gespreek het om ons op te wek, om ons te wend tot die stem van die lewe uit God in ons, sien, sou God dan nie net soveel kan as jy en sou Hy ons harte nie baie goed op dit kan wys waarop jy ons gewys het nie?!
[26] Maar omdat jy op hierdie wyse reeds begin het om te spreek uit God, is dit nie voldoende om ons enkel domweg te verwys na Hom, van Wie elkeen van ons wel weet, dat alle dinge is, - maar, omdat één ten gunste van almal deur die Heer baie besonder toebedeel word, moet hy vanuit hierdie oorvloed ook na reg en redelikheid diegene, wat in een of ander opsig minder bedeeld is, byspring; eers daardeur sal ons waaragtig aan die Heer toon dat ons waarlik Sy kinders is!
[27] Sien, daarom het die beskeidenheid en die deemoed hulle wyse en nuttige grense en moet dit ook hê!
[28] Neem dit maar eens volgens die natuur op: Indien ons, toe ons vader ons die swakte van sy liggaam te kenne gegee het, uit oordrewe deemoed sou geaarsel het om dit waarna hy in sy natuur verlang, in te willig, o, sou ons oordrewe deemoed hom dan wel gebaat het, indien geeneen van ons dit gewaag het om hom spys en drank aan te bied nie?!
[29] Die ware deemoed moet daarom, indien dit die Heer waaragtig welgevallig wil wees, nooit buite die gebied van die liefdadigheid tree nie, en daarom is ons verplig om mekaar te help as ons ook maar te kenne gee, dat ons mekaar vir enigiets nodig het; maar wat die aanwysing ten opsigte van die Heer betref, is dit regverdig en billik dat die sterkere die swakkere moed inpraat en hom nie laat los, alvorens die ander sê: "Sien, nou het die Heer my ook gewek!"
[30] Henog, geeneen van ons kan dit nog vir jou sê nie, want ons almal is niks voor God; daarom verban dit nodeloos uit jouself en dink in die volheid van jou liefde aan dit waaraan ons in hierdie toestand behoefte het, sodat ons volkome in staat sal wees om deur liefde geregverdig voor God te verskyn!
[31] Talm dus nie en bevredig ons liefde in God! Amen."
|
|
|
|
|