|
Die Huishouding van God - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 74
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187. |
|
|
Die wese van die Waarheid en die Liefde
74 Nadat die vaders so `n wonder van die woord uit die bek van die dier gehoor het, sien, toe skrik hulle geweldig en slaan hulleself op die bors, die spyt van hulle fout en beloof My in hulle hart, om die hele dag niks meer tot hulleself te neem nie, nóg spys nóg drank. Ongeveer `n halfuur lank bid hulle in stilte tot My om vergewing en behalwe Henog waag niemand dit om sy oë op te slaan nie.
[2] En juis die tyd gebruik die dier, effe eenkant, vir sy maaltyd. Toe die dier klaar was met die drie bokke, kom hy dadelik terug, spring na `n naby stromende, fris fontein en verkoel daar sy tande en sy tong, sodat sy raserny afgekoel en sy bloeddors versag sou word.
[3] Daarna gaan hy weer na Asmahael toe en bied hom as`t ware sy verdere dienste aan.
[4] Terwyl Henog die vaders aankyk, vra hy sag aan Adam of hy nog iets nodig het en of die mense hulleself gereed sou maak vir die vertrek.
[5] Maar Adam antwoord hom met `n nog sidderende oumanstem: "O Henog, sien, die angs het my ledemate so verlam, dat ek nie in staat is om op te staan en soos julle sien, ook moeder Eva nie, - en ons moet en sal voortgaan in die rigting van die aand! Maar wat moet ons doen, sodat ons in staat kan wees om verder te gaan?
[6] En sien, Henog, met die res gaan dit ook nie baie beter as met my nie! Gee ons daarom raad vanuit jou liefde tot God wat daar gedoen moet word; want waarlik, ek ondergaan die vergryp van ons laksheid diep, maar ewe diep die swakte van my ledemate!
[7] O waarheid, o waarheid, hoe vreeslik magtig is jy! Die dier is `n getroue beeld van jou meedoënloosheid. Jy ontsien geen mens, ook al sou jy die eerste of die laaste bewoner van die aarde wees! Voor jou is elke leeftyd gelyk. Jy tref die vaders tesame met sy kinders en ontsien hulle swak moeders nie. Ons hoofde druk jy teen die grond en ons ledemate verlam jy, sodat hulle onbruikbaar is. Waar bestaan daar buite God nog `n wese wat die gehele las van jou swaarte sou kan dra?!
[8] O sagte, tere, heilige liefde! As jy nie arm in arm sou wandel met die waarheid as JaHWeH se allergewyde, lewende seën nie, o dan is dit `n erkenning van die op homself staande waarheid waarlik die dood vir die mens!
[9] O kinders, soek in die vervolg geen op sigself staande waarheid meer nie, maar enkel en alleen die liefde! En soveel waarheid as wat jy vir jouself kan saamdra, soveel sal ook goed wees vir die mens en sal hom help om te lewe.
[10] Diegene aan wie die Heer meer waarheid as liefde sal gee, sal hulle ten slotte platdruk, of die Heer Self sou draer van die groot gewig van die waarheid moet word.
[11] Leer daarom ook in die toekoms aan al julle kinders in die liefde die waarheid; maar leer julle broeders in die waarheid die liefde!
[12] En nou, Henog, doen wat jy kan, en dink, hoor en sien wat die waarheid op sigself ons almal aangedoen het! O Henog, verenig jou bede met die van myne, sodat die aand ons nie hier sal aantref nie! Amen."
[13] Henog wend homself in sy hart tot My en laat die volgende stille sug aan sy bors ontsnap: " U, O groot, heilige, mees liefdevolle Vader van alle mense en bo alles magtige Skepper, God van die oneindige en ewige en allergewyde! Sien vanaf U onmeetlike hoogte van barmhartigheid op ons arme, swak wurms in die stof barmhartiglik neer en kyk na ons grenslose swakte vanuit die oneindige oorvloed van U liefde waarna ons hier smag in die aangesig van U vaderlike mildheid, geslaan deur die groot mag van U waarheid!
[14] O laat ons van die harde bodem van die aarde opstaan met opnuut versterkte ledemate en vol goeie moed en lei ons volgens U heilige Wil daarheen, waar dit aan U barmhartigheid en U welgevalle nie ontbreek nie, en laat nie toe dat die vaders iets oorkom nie, maar gee dat ons almal voortdurend in U liefde en barmhartigheid mag wandel!
[15] O heilige Vader, verhoor my stille smeking en versugting! Amen."
[16] Nadat hy dit vol liefde en lewendige vertroue in stilte uitgespreek het, hoor hy in homself baie spoedig `n magtige, lieflike, heilige woord, wat vir hom sê:
[17] "Luister, Henog! Ek het jou versugting duidelik gehoor en het jou bede verhoor! Gaan na jou vaders toe, troos hulle met die volle seën uit My groot erbarming en verseker hulle van My belofte, gryp hulle dan onder die arms en hulle sal almal deur `n groot krag versterk word, en sal hulle self soos jongelinge verhef en hulle sal volgens My wil opgewek die weg aflê wat nog gevolg moet word!
[18] Laat die dier egter nie die woning van Adam betree nie, nóg die erf en die vloer, maar laat, as die reis volbring is, hom weer in vrede wegtrek na die oord van sy bestemming.
[19] Gaan nou en volbring wat jy beveel word en lei die vreemdeling Asmahael op tot My eer, Amen. Luister in alle liefde! Amen."
|
|
|
|
|