Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 100

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Jared se gedagtes oor die wese van Asmahael

100 Hierna gaan Set na Adam toe en vra hom of daar nou nog iets hier te doen is en of die mense hulleself gereed moes maak vir die vertrek.

[2] Hierop antwoord Adam: "Set, jy weet tog wie daar in ons midde is! Sodra Hy dit goeddink, sal ons gaan; tot dan wag ons met alle liefde en geduld! Amen."

[3] Nou kom ook Jared na Henog toe en vra hom heimlik: "Luister, my geliefde seun, alles kom my nou so vreemd voor! Die Asmahael, wat jou leerling sal wees en in my woning sal woon, het volgens my begrip so baie wysheid en kennis oor alle dinge, dat sy woorde die van jou by verreweg oortref! Daaroor wil ek geen verwyt teen jou maak nie - want jou woorde is immers woorde van bo en geen woord daarvan is ydel nie en elke woord toon die bedoeling volkome aan, sowel liggaamlik as geestelik, en van alles wat jy sê is daar in die hart van elke mens die lewende ooreenkomstige vorme - maar ongeag al die goeie en ware en sonder om ook maar die geringste afbreuk daaraan te doen, is daar tog `n groot verskil tussen jou en Asmahael se taal!

[4] Aan die volgende merk ek die verskil wel baie duidelik: By jou betoog ontdek ek altyd helder in myself, dat jou woord `n ware lig is. Wie daarvolgens handel, kan en moet tot lewe kom. Ook lyk jou milde woord altyd soos die môreskemering, wat tog ook die sekerste verkondigster van die komende dag is, soos jou woord die verkondiger van lewe is, wat sekerlik hierop volg.

[5] Maar by Asmahael se uiteensetting merk ek, dat dit die lewe reeds in oorvloed skenk; en so is en werk sy woorde soos `n volbringde daad!

[6] Hy spreek woorde van die hoogste wysheid; wie sou in staat wees om dit langs die gewone weg begryplik op te neem? Maar uit sy mond word dit vir iemand asof mens reeds vanaf die ewigheid met hulle opgegroei het.

[7] Dit kan egter ook gladnie by iemand opkom om `n nadere uitleg daaroor te vra nie; in kort, mens word ter plaatse een met die woord en dus word die woord en lewe een.

[8] Maar die enigste seldsame en onbegryplike daarby is, dat nou juis hierdie leerling uit die diepte daartoe in staat is, terwyl hy tog nog geen werklike onderrig van jou ontvang het nie!

[9] Volgens sy spraak is hy `n slawekind en mog self nooit `n woord gesê het nie, op straf van die mees huiweringwekkende dood.

[10] Sy ouers was op die mees onmenslike manier ter wêreld gedood. Hy vlug na ons toe en betree in die môre voor die oë van ons almal die geseënde bodem van die heilige hoogtes, sonder naam en vol bose gedagtes. Voor Adam help jy hom orent, Adam erken hom, seën hom en gee hom `n naam, hy gee hom aan my en jou oor, omdat hy vanuit die mees lewendige verlange van sy hart sê, dat hy God wil soek en vind.

[11] Maar hy maak skaars sy mond oop, of reeds was elke woord so afgemeet goed en waar, dat daar vir ons ten slotte niks anders oorgebly het as om ons oor elkeen van sy woorde te verbaas nie!

[12] Menige woorde van Adam, Set en byna al die ander kon jy verbeter; maar Asmahael se woorde was steeds bo al die verbeteringe verhef.

[13] Henog, dit kom my voor, dat hierdie saak nie heeltemal in orde is nie!

[14] Dit is in almal se erns hoogs merkwaardig, hoe oortuigend en vinnig hierdie mens met ons gelofte afgereken het!

[15] Daarna eet en drink ons sonder dat, soos ander, ons gewete ons ook maar in die geringste gepla het; en nou het hy dit al so ver gebring, dat selfs Adam skyn hom aan te hang, net soos Set en Kenan!

[16] Die merkwaardigste daarby is, dat hy ten eerste – ten minste vir sover ek weet - nog glad niks geëet het nie en ten tweede, dat hy in `n sekere sin met een slag alle vroeëre so onaantasbare wette van Adam vernietig het en dit nog wel sonder die geringste teenspraak van Adam!

[17] As ek dit sou gedoen het, voorwaar, ek sou gedurende een jaar selfs nie na Adam se onderdak mog gekyk het nie!

[18] Maar Asmahael hoef maar net sy mond oop te maak en dadelik is elke woord, soos ek al gesê het, soveel as `n volbringde daad!

[19] Henog, dit sê ek vir jou: Wie dit met mekaar kan rym moet meer begryp as ons beide en seker ook meer as ons almal tesame.

[20] Indien jy lig oor hierdie saak kan werp, laat dan jou vader naas jou nie in die duister nie; maar gaan dit met jou op die punt nie beter as met my nie, dan sal dit wel moeilik word om ooit `n helder insig hieroor te kry!

[21] Maar as jy weet om iets vir my te sê, sê dit dan vir my in drie woorde, maar wel so dat Asmahael en die ander dit nie merk nie! Amen


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205