Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Adam se aanwysings vir die komende Sabbat

145 Toe alle vaders en omstanders nou intussen merk dat Emmanuel nie meer onder hulle verkeer nie, maar dat sy wese so geheel en al verdwyn het, asof daar nooit iets van Hom aanwesig was nie, word almal, op Henog na, treurig en wissel weinig woorde met mekaar. Eers toe die son al heelwat gedaal het, kom Adam tot besinning en sê:

[2] "Kinders, wat het ons nog hier te doen, noudat Diegene wie JaHWeH Emmanuel Abba heet en gewyd, bo alles gewyd is, nie meer sigbaar in ons midde verkeer nie?!

[3] Gaan daarom na die kinders toe en nooi hulle uit vir die Sabbat van more en kom dan dadelik weer terug, sodat ons dan haastig kan opbreek en ons na die hoogte, ons vaderland, kan haas!

[4] Maar julle, Jura, Bhusin en Ohorion en ook jy Abedam, moet voortaan in ons midde bly, as dit julle by ons geval! Maar, netsoos julle nou self duidelik uit die mond van die Allerhoogste gehoor het, is elkeen volledig vry en dus is julle dit ook wat my betref, wat die aardse vader is van julle almal. Julle mag doen wat julle geval en julle hoef nie bang te wees om deur die een, nóg deur die ander te wen of te verloor nie, maar laat alleen jou vrye wil jou in alle dinge lei en laat die woord van die Heer en Sy ewige liefde julle aller leidster wees op alle weë en paaie, en laat dit allesbepalend wees in julle lewe! Amen."

[5] En onmiddellik gaan Enos, Kenan, Mahalaleel en Jared heen en nooi die kinders van die middernag uit om op die Sabbat van more op die hoogte by die offer te verskyn.

[6] Jura wend homself egter tot Adam en sê: "Vader, sien, dit is vir ons almal `n onuitspreeklike groot vreugde dat jy ons uitgenooi het om weer op die hoogte by jou te mag vertoef; maar hier is `n dringende vraag te stel: Wat kan ons verblyf op die heilige hoogte as nut hê en wat sal daar met ons kinders gebeur?

[7] In julle midde is Henog nou `n lewende priester van die Heer. Sien, ons kinders het niemand behalwe ons wat reeds gewek is nie; daarom wil ons ook dit vir hulle wees – al is dit ook nie in so `n volmaakte sin nie, - wat Henog vanuit Emmanuel nou vir julle is en na julle ook vir ons almal.

[8] Ons lewe lank wou ons daarvan gebruik maak, vandaar dat ons dikwels na die hoogte sal kom om daar in julle midde vir ons en ons kinders nuwe warmte en nuwe lig op te doen. En sodoende sal ons hier bly; maar more, lank voor sonsopgang, wil ons voor jou woning `n loflied vir die Heer aanhef! Amen."

[9] En Adam antwoord hulle: "So is dit, en mag die seën van die Heer, netsoos die van my en ons almal, julle begelei en versterk! Amen."

[10] Daarna wend hy homself tot Abedam en vra hom wat hy wil doen.

[11] En Abedam gee hom baie sagmoedig heeltemal dieselfde ten antwoord. En Adam en alle ander loof hom oor sy trou en Henog gaan na hom toe en sê die volgende aan hom:

[12] "Luister Abedam, die weg is vir jou bekend! Die wil van die Heer is jou wil, sy liefde skik haarself volgens jou.

Al jou kinders is nog blind. Sien, die Heer het jou nie verniet gewek nie; haas jou daarom na joune en bring hulle almal die blye boodskap en verswyg niks en sê hardop aan almal en met die krag van die liefde, wat die Heer alles aan ons almal gedoen het!

[13] Wees gegroet, liewe broeder in die Heer en in Adam, vir nou en vir ewig! Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205