Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Henog berei die offer.

171 En terstond gaan Henog aan die werk, lê die suiwer sederhout dwars oormekaar op die altaar en bid voortdurend tydens hierdie arbeid.

[2] Toe hy so voortwerk, stap daar weldra sommige aanwesiges uit die middag op hom af en vra hom wat dit beteken, dat die hout nou reeds op die altaar gelê word, terwyl dit tog gebruiklik was om dit in die aand te doen.

3] En Henog antwoord, eweneens vraend: "Waarom hinder dit julle? Doen ek dit wat ek doen dan op eie gesag?!

[4] Of het my handeling vir julle `n leuen geword, omdat julle haar nie begryp nie?

[5] Ja, ja, vir blindes is baie dinge `n leuen; want alles wat `n mens hulle sê is vir hulle, in die minste, dieselfde as `n leuen, omdat hulle blind is.

[6] Wat baat die stralende lig van die son `n blinde?! Waartoe dien dit om hom die lig van die son begryplik te wil maak, waaroor vir hom oor iets lieg?! Want die son van die blinde is immers swart; daaraan hou hy vas. Om hierdie rede is `n stralende son vir hom immers `n leuen; want as aan iemand se skat iets vreemds toegevoeg word, wat beteken die vreemde toevoeging dan vir die skat self? Niks anders as `n leuen nie, omdat dit nie identies is met die skat self nie, ofskoon dit daarmee te make het, maar as iets vreemd is of iets wat vir hom so goed soos glad nie bestaan nie, en vir hom nie die sigbare teken van die kenmerkende eienskap op sigself dra nie.

[7] Daarom vra julle my ook vergeefs; want vandag is ek wel allermins lus om vir julle te lieg! Want wie in die waarheid is, vir hom is alle leuens in die ewige niks versonke; maar wat sou die eintlike heilige waarheid beteken vir iemand by wie die leuen nog volledig in sy hart heers en wat haar as die waarheid beskou? Niks anders as `n leuen nie!

[8] Wat beteken die innerlike lig van die gees vir diegene wat die lig van die wêreld soek? Niks anders as `n leuen nie, `n barre duisternis! Want as iemand verder gryp as wat hy sien, hoe moet dit dan vir hom `n lig wees?

[9] Laat my daarom ook met rus! Die weë van die Heer kan julle nog nie begryp nie; want hierdie nag het julle harte met duisternis geslaan, vandaar dat julle ook nie meer weet, behalwe dat die ware liefde tot God aan geen reël gebonde is nie, maar volkome vry is en die offer wat die liefde Hom bring, dus ook. As julle jul vrouens reeds vry bemin en julle nie bind aan tyd en uur nie, - waarom moet die liefde tot God dan afgemeet wees?!

[10] Hou daarom op en dink aan iets beters! Amen."

[11] Toe die nuuskieriges uit die middag so pas op hierdie wyse deur Henog afgejak was, begin hulle onder mekaar mor; want dit ontstem hulle geweldig dat Henog hulle op hulle vrae so `n sonderlinge antwoord gegee het, terwyl hulle dit immers in hulle harte, nie so sleg met die vraag bedoel het nie.

[12] Een van hulle sê aan die ander: "Luister, broers, ek ken Henog baie goed en vir sover ek dit gister op `n afstand opgemerk het, glo ek dat die vaders die aangeleentheid van die offer aan hom oorgedra het; en netsoos hy altyd al in sy spreek en handeling, sonderling was, so sal hy dit in die geval ook wel wees!

[13] Ek is egter van mening dat `n mens die tradisionele, vrome wyse van offer op die manier waarop Abel dit gedoen het en wat God behaag het, nie so lig aan die willekeur van `n enkeling moet oorlaat nie, maar dat, indien daar `n verandering deurgevoer moet word, dit in `n byeengeroepe raad van alle kinders sou moet gebeur. Maar wanneer dit nie so is nie, waar bly ons dan as mense van gelyke rang?!

[14] Indien die offer ook vir ons en vanuit ons as geldig beskou moet word, moet dit immers ook iets van ons raad in sigself hê en dra; maar sodra dit niks in sigself nie, as net ons teensin het, sal dit byevolg ook geen uitwerking op ons hê nie.

[15] Hoe kan en hoe moet ons dit goedkeur, waar nog bykom dat ons tog voorheen altyd betrokke was by die beraad oor suiwer goddelike dinge?!

[16] Daarom glo ek dat Sethlahem as oudste en met die meeste ervaring van ons almal nog `n keer na Henog toe moet gaan en hom baie nadruklik en ernstig moet vra wat daar aan die gang is met die vroegtydige oplê van die hout!"

[17] Maar Sethlahem, wat homself ook onder hierdie vraers bevind, antwoord diegene wat hulleself vererg: "Luister, daarin het ek heeltemal geen sin nie; want ek het Henog gister leer ken op `n manier, - ek sê julle, op `n baie buitengewone manier!

[18] Ek sien hom met `n mag toegerus, waarvoor ek tot nou toe nog, as ek daaraan dink, van kop tot tone sidder!

[19] Die afgelope nag was ysingwekkend! Die elemente het so verskriklik gewoed dat, netsoos julle almal weet, ons daarvoor na die hoogtes gevlug het en solank die storm geduur het, in groot angs op die bewende aarde gelê het; maar hoe groot hierdie angs ookal was, tog kon dit nie wat ek gesien en wat ek gehoor het, van wat ek gister by Henog ontdek het, uit my hart verdryf nie!

[20] Julle weet almal dat toe sommiges van ons, wat lus was om af te daal in die dieptes, in die weg voor hulle `n magtige tier getree het en deur die uiting van sy krag, naamlik die aan stukke skeur van `n reuse stier, ons tot `n haastige terugtog gedwing is.

[21] Luister, dieselfde tier, wat ek baie goed herken het, was gister soos `n lam aan Henog onderdanig en het elke wenk van hom gehoorsaam! Maar dit was nog nie genoeg dat die ongedierte Henog die grootste gehoorsaamheid bewys het nie, maar - wat tot die meeste ongehoorde dinge behoort - dit moes selfs spreek en praat voor elkeen van ons goed verstaanbare woorde vol van wyse insig!

[22] Dit het julle weliswaar nie kon opmerk nie, omdat julle ver op die agtergrond by julle woninge op die grond gelê het, maar ek, wat heeltemal vooraan was, het die onvergeetlike skouspel gesien en gehoor.

[23] Dat ek my daardeur baie tot Henog aangetrokke voel, kan julle jul wel voorstel, daarom het ek dan ook so gou as wat die eerste geleentheid homself voorgedoen het, probeer om met hom in gesprek te tree.

[24] Maar toe ek met hom aan die praat kom en selfs `n leerling van hom wou word, sien, toe gee hy my `n gelykenis oor die aanskouing van `n verafgeleë gebergte en maak my die onderskeid tussen hoorsê en die selfaanskouing so duidelik dat dit my tydens sy uitleg, met al my wysheid, ten opsigte van hom, nie anders voorgekom het as dat ek so pas nouliks uit die moederliggaam in die wêreld gekom het nie!

[25] En soos dit my voorkom, was alle vaders - selfs Adam nie uitgesonderd nie - hom ondergeskik, wat die woord betref, en was hy totaal alleen die woordvoerder vir hulle almal.

[26] Daarom sê ek vir julle: Wie van julle nog sin het om met nog `n nuwe en nog meer ongeleë vraag by hom te kom, na ons deur hom afgeskeep is vanweë ons ongeleë nuuskierigheid, julle mag die poging waag; maar laat my daarbuite!

[27] Maar ek dink dat ook vir julle die stryd met hom ontsettend belaglik sal uitsien, - nie veel anders as die tussen `n muis en `n leeu nie! Wie by `n soortgelyke stryd met die oorwinning sal gaan, glo ek, dat daar, om dit vooruit te bepaal, geen groot profeet hoef aan te kom nie!

[28] Het julle desondanks nog lus om julle ernstige vrae tot hom te rig, dan wens ek julle baie geluk en `n helder lig boonop! Slegs soveel wil ek naas al dit wat reeds gesê is, nog aan julle almal opmerk, om met diegene wat in `n bepaalde vaste verbinding met God staan, nooit te spot nie. Dit wat hulle doen, moet ons liewer ernstig in ons opneem, as om in erns vrae daaroor te stel; want die weë van die groot God is ondeurgrondelik en Sy raadsbesluite onnaspeurbaar!

[29] Oordink dit vooraf baie goed, voordat julle ook maar `n tree waag!"

[30] Toe die wat hulleself vererg het, dit van Sethlahem hoor, stap hulle dadelik van hulle voornemens af en berus in Sethlahem se wyse raad.

[31 Maar Henog roep, gehoorsaam aan `n innerlike aansporing, Sethlahem na homself terug en sê die volgende aan hom:

[32] "Sethlahem, ek prys jou! Sien, nou het jy waaragtig wys gehandel, omdat jy hierdie swakkes gehelp het, wat sonder jou hulp onvermydelik in `n diepe afgrond sou gestort het, omdat hulle blind is en daarom nie sien hoe dit met die grond onder hulle voete gesteld is nie!

[33] Jy moet egter van nou af aan nie meer van my sy wyk nie, tot ook jy sal sien wat jou sterflike oë nog nie gesien het nie en sal hoor wat jou sterflike ore nog nie gehoor het nie!

[34] Het dit jou nie opgeval dat die huidige, so buitengewoon helder en aangename dag dan, die gevolg is op hierdie nag van verskrikkinge nie?!

[35] En as jy die verloop van die storm en die plotselinge afloop daarvan gevolg het, sê my, het niks jou daarby opgeval nie?"

[36] En Sethlahem antwoord hom: "O Henog, vir wie sou dit nie opgeval het nie?! Maar wat baat dit mense soos ons?! Want ek begryp met en sonder al die opvallendheid niks van dit alles nie en om myself gerus te stel, dink ek maar net:

[37] Die Heer JaHWeH sal wel baie goed en verseker weet waarom dit en waarom dat gebeur het! Hier sal diegene, vir wie JaHWeH meer naby is as vir my, wel meer oor kan sê; maar aan Hom sy alle dank dat Hy my die vrede skenk! Daarmee is ek dan ook volslae tevrede!

[38] Wat dink jy, Henog: Sou dit so in orde wees?"

[39] En Henog antwoord hom: "O Sethlahem, jy het `n goeie bodem! As die saad in jou aardbodem sal val, sal dit vir jou duisendvoudig vrug bring!

[40] Luister, huidig sal jy `n Vreemdeling in ons midde sien; gaan na hierdie Vreemdeling toe, Hy sal jou met enkele woorde meer sê as ek in duisend jare! Ja, ek sê vir jou, Hy sal jou deur en deur lewend maak!

[41] Maar nou verder niks meer nie; want ek sien Hom al aankom!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205