Die Huishouding van God - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187.

Set se wonderbaarlike krag bring die vuurstorm tot bedaring. Kaneam se soeke en vermoede; Sy liefde tot Abedam, die Hoë

163 Nadat die ses wat buite die woning rondgegaan het, vele bedroefdes bemoedig het, sê Abedam, die Hoë, aan Set:

[2] "Beste Set! Die tyd van beproewing het verbygegaan. Hierdie vuurstorm, wat gedien het om die aarde ooreenkomstig die goeie ordening te versterk, het uitgewoed en daarom kan jy hom nou deur die mag aan jou verleen, beveel om heeltemal te gaan lê en stil te wees en dat die hemel ook dadelik sal opklaar. Laat net die verder geleë, ons omringende berge, wat nog brand, hulle noodsaaklike en totaal onskadelike werksaamheid voortsit! Amen."

[3] En Set val voor Abedam neer en prys en dank Hom; toe staan hy weer op en sê met `n baie bewoë hart, terwyl hy sy arms wyd uitstrek:

[4] "O heilige Vader, Heer en Skepper van alle dinge, netsoos dit ewig was en ewig sal wees, laat ook nou U heilige wil geskied; en aldus geskied ook hier alles in U Naam, nou en altyd! Amen."

[5] En nouliks het Set “Amen” uitgespreek of aan die hele hemel was geen wolkie meer te herken nie, behalwe die nog nouliks sigbare rookwolkies aan die uiterste rand van die verre horison van die nog voortbrandende berge. Die hemel sien daar as opnuut geskape uit, pragtig versier met die mooiste sterre groeperings en alles wat maar leef en asem haal, verheug homself oor die rus en orde wat weer herstel is.

[6] En toe alles nou so georden was en reeds `n verkoelende en elke wond in die natuur genesende dou uit die hemel neerdaal en sag waaiende winde die geknakte gras weer oprig, sê Abedam aan Sy metgeselle:

[7] "Die rus is herstel, die aarde het weer vrede. Laat ons daarom die volk opdra om na hulle wonings te gaan, sodat hulle daar die nodige natuurlike rus kan neem; en laat ons daarna ook weer na ons woning terugkeer en hulle opbeur wat daar met verlange op ons wag!"

[8] Hierop begewe hulle hulleself na die verskillende plekke om die woning van Adam, waar die kinders hulleself bevind, en deel hulle mee dat dit nou die regte tyd was om na hulle huise terug te keer en nie te vrees nie, omdat al die gedrogte hulle reeds lankal weer na die diepste deel van die woud gehaas het. En boonop sou iedereen in sy woning soveel lig aantref dat dit met behulp daarvan maklik sou wees om elke hoek van die woning te deursoek om hulleself daardeur ook daarvan te oortuig dat die magtige, groot Vader nooit so ver van Sy kinders verwyderd is soos wat hulle dikwels in dwaasheid dink nie, vanweë hulle bomatige blinde geloof.

[9] En nadat hulle hulleself van die rus en hulle bevryding sou oortuig, kon hulle dan God die vereiste dank betoon en hulleself onbekommerd aan die natuurlike rus oorgee.

[10] Toe dit oral verkondig word, staan almal dadelik op en haas hulle na hulle wonings. Enkeles van die oudstes begewe hulleself egter na die sestal, val op die aarde en dank met `n berouvolle hart die vaders en deur hulle ook God. Nadat hulle weer opgestaan het, skraap een van hulle, wie `n tiende seun van Set was, moed bymekaar en vra aan hom:

[11] "O vader, hoe kry jy dit reg dat alle elemente so vinnig aan jou woord moes gehoorsaam? So `n mag het ek nog nooit by jou waargeneem nie!

[12] Waarlik, daarby moet meer as jy alleen betrokke wees! O sê dit aan my, sodat ook ons weet hoe so iets vir `n mens moontlik kan wees!"

[13] En Set sê aan die vraer: "Liewe seun Kaeam, jy sien goed in wat vir `n mens moontlik of onmoontlik is; maar ondanks dit, sal jy vandag nog nie begryp hoe, vir `n mens in God en deur God tog vele dinge moontlik is nie. Maar verheug jou in die dag van môre, dan sal aan julle almal `n groot lig getoon word! In die lig sal alle hoeke van julle harte volledig verlig word en julle sal dan die moontlikheid van hierdie voorvalle volkome helder en duidelik insien!

[14] Keer vir vandag met `n geruste en dankbare hart terug na jou gereinigde en goed verligte woning en sorg in die Naam van die Heer vir `n gesonde, sorgelose rus vir die welsyn van jou natuurlike lewe! Amen."

[15] Hierop sê die Hoë Abedam ook Amen, maar Hy voeg die volgende nog daaraan toe: "Wanneer julle die drempel van jul wonings betree en dit goed verlig en gereinig van elke ongemak sal aantref, dink dan eers na oor die verskille tussen dit wat vir God en dit wat vir die mens moontlik is!

[16] En as julle dit ingesien het, vergelyk daarna jul harte met jul wonings netsoos dit nog tot kort te vore was en hoe dit nou is, dan sal die skille van julle oë val en daaruit sal julle weldra agterkom en gewaarword Wie daar vandag by die verdrywing van die onweer saamgewerk het! Amen."

[17] Kaeam sê dankie vir hierdie hoogs wyse les en sê vervolgens: "O U, Wie se Woorde nou soos `n asemteug vol lewe my hele wese vervul, wil U my dan nie toestaan dat wanneer ek my mense(gesin) na die woning, wat my al so lank tot rusplek dien, begelei het, ek onmiddellik weer terugkeer hierheen, alleen maar om in U, vir my, so uitsonderlik weldoenende aanwesigheid, al is dit ook buite die woning van Adam, die nag deur te bring nie?"

[18] En die Hoë Abedam antwoord hom: "Kaeam, doen wat die liefde in jou hart jou voorskryf! Maar as jy die volste vertroue het en jy in jouself weet dat hier meer is as in jou woning, skuif dan al jou sorge opsy en volg ons dadelik na Adam se woning; waarin voldoende plek is!"

[19] En Kaeam antwoord hoogs verheug: "O U Heerlike! Hoe lieflik is U Woord! Wie kan dit weerstaan, wanneer hy dit hoor?!

[20] Sien, al my sorge lê al onder my voete op die aardbodem! Waarlik, as ek honderd wonings en duisend kinders by honderd vrouens sou hê, sou ek hulle uit liefde tot julle en in die besonder tot U, Heerlike Leraar, ewe maklik en ewe vinnig verlaat en U volg, as wat ek nou één besit!

21 Want sien, ek glo dat die heilige sorgsaamheid van Diegene aan Wie die elemente gehoorsaam is en wat vir die hele aarde sorg, wel my armsalige woning nie sal vergeet nie! En daarom volg ek, as U dit wil, U onbesorg tot aan die einde van die wêreld. Amen."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205