|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 1
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221. |
|
|
Die Heer en sy teenstanders
Evangelie van Johannes Hoofstuk 9 (vervolg)
Daar kom verklede priesters by Lasarus aan
1 Toe Ek die laaste woorde nog maar nouliks uitgespreek het, kom daar `n dienaar van Lasarus die eetsaal binne, waar ons nog welgemoed bymekaar sit, en sê vir hom dat daar verskeie vreemdelinge aangekom het, wat met die eienaar van die herberg wou spreek.
[2] Lasarus vra dadelik wat hy nou moes doen.
[3] Ek sê: “Jy bly net soos ons voorlopig hier! Slegs RafaEl en die sewe Egiptenare sal na buite gaan en met die geslepe Fariseër en Skrifgeleerde `n kort onderhoud voer. Wat hulle moet doen en sê, dit weet hulle al!”
[4] RafaEl en die sewe Egiptenare begewe hulle dadelik na buite, en RafaEl vra hulle streng wat hulle hier soek.
[5] Hierop antwoord `n baie huigelagtige Fariseër: “Jongman, is jy, wat van goeie afkoms skyn te wees, deur Lasarus wat ons ken en wat ons persoonlik wil spreek, na ons toe gestuur? Dit het hier wel `n sonderlinge gewoonte geword dat wanneer mens die meester van die huis wil spreek, hy in plaas daarvan `n baardlose knaap stuur! Gaan dus maar na Lasarus en sê vir hom dat ons, wat hom wil spreek, sekerlik in Jerusalem en in alle lande van die Judeërs `n baie hoër rang beklee as hy.”
[6] RafaEl sê: “As julle sulke groot here is, verbaas dit my werklik dat julle julle in hierdie aand, wat nou reeds taamlik donker is, verklee na bo begewe het na hierdie berg, na die plek waaroor julle self `n banvloek uitgespreek het! Lui julle vervloeking dan nie so: “Wie van die Judeërs hierdie berg betree in die dag of in die nag, die is vervloek na liggaam en siel!”? Wanneer dit egter so is, hoe kon julle dan self hier na bo kom, om met die ketter Lasarus te spreek?”
[7] Die Fariseër sê: “Wat begryp jy, baardlose knaap, daarvan? As ons die mag van God het om op goeie gronde `n streek in die ban te doen, dan het ons ook die mag om dit tenminste vir onsself op te hef wanneer ons wil; want ons staan nie onder die wet nie, maar daar bo. Het jy dit begryp?”
[8] RafaEl sê: “Luister! Wanneer julle van mening is dat julle bo God se wet staan, dan is julle klaarblyklik meer as God Self. Want God Self voeg Hom altyd volgens die ewige wette van sy orde en handel nooit in stryd daarmee nie en hef daarom ook ewig nooit `n wet op nie - byvoorbeeld om tydelik Self, as Hy sin daarin sou hê, volgens die wet te handel.
[9] As julle egter glo dat julle daarvoor magtig genoeg is, dan staan julle wel ver bo God; want God Self, as die Oerwet, bestaan en handel steeds binne Sy wet en staan derhalwe binne en onder Sy wet. Wanneer God Self dit egter ewig ten strengste in ag neem, wie gee dan aan julle die reg om julle bo die wet te stel, julle te verklee, sodat `n mens julle nie sou herken en nie sou sien hoe en wanneer julle self julle eie wet oortree nie? As julle heer oor die wet is, waarom dan die angs om deur die volk herken te word, as julle in stryd met julle eie wette handel?”
[10] Baie wrewelrig sê die Fariseër: “Wat begryp jy, baardlose knaap, van hierdie hoër dinge, waaroor alleen die priesters van die tempel namens God die reg het om te oordeel?”
[11] RafaEl sê: “So - waarom het Samuel dan as knaap reeds die reg gehad om met God te spreek en oor goddelike dinge te oordeel?”
[12] Die Fariseër sê: “Hoe wil jy jou verstout, om jouself met Samuel te vergelyk?”
[13] RafaEl sê: “Hoe verstout julle julleself dan, om julle bo God en Sy wette te plaas? Wie gee julle die reg daartoe? Waarlik, ek het `n duisendmaal groter reg om my met Samuel te vergelyk, as julle om julle bo God en Sy wette te plaas!
[14] Maar nou het ek genoeg van julle domheid! Gee my antwoord op my eerste vraag, waarom julle hier na bo gekom het, en wat julle hier wil hê, anders sal julle my gou beter leer ken en daaruit uitmaak wat my die reg gee om my op baie goeie en ware gronde met Samuel te vergelyk!”
[15] Die Fariseër sê: “Dit is `n geheim wat ons aan niemand anders as net aan Lasarus kan toevertrou nie; gaan bring dus vir Lasarus vir ons na buite, anders is ons genoodsaak om die huis met geweld binne te dring! Ons versoek aan Lasarus gaan jou heeltemal niks aan nie, al was jy selfs `n tienvoudige Samuel!”
[16] RafaEl sê: “Wat? Julle het `n geheim? Hoe kan dit `n geheim wees, wat die mossies reeds van die dakke aan elkeen verkondig het! Ek sal vir julle julle geheim hier meedeel, sodat julle daaraan kan sien dat julle vermeende geheim al lankal geen geheim meer is nie.
[17] Omdat diegene wat gister deur julle uitgestuur was, julle nie kon inlig oor die verblyfplek van die deur julle soseer gehate profeet uit Galilea nie, en wel om die baie eenvoudige rede dat hulle nie meer teruggekeer het nie, het julle in die Raad besluit om op sluwe wyse uit te vind of Lasarus wel hier aanwesig sou wees waar die profeet Hom ophou; en as Lasarus nie meer hier sou wees nie, wil julle die herbergier of `n ander dienaar omkoop om julle moontlikerwys die gewenste inligting te gee! In die geval sou julle onmiddellik alle trou geblyde geregsdienare uitstuur om die gehate profeet gevange te neem en ook dadelik te laat doodmaak.
[18] Kyk, dit is julle baie prysenswaardige geheim, wat aan ons, en in die besonder aan my, as `n groot vriend van die baie verhewe profeet, al vir lank maar al te goed bekend is! En sê nou waarlik en opreg, of die saak ook maar enigsins anders lê!”
[19] Hierop kyk die Fariseër RafaEl verbaas aan en sê na `n rukkie: “Wie gee jou, baardlose jong seun, die reg om ons so verdag te maak? Ten eerste weet jy nie of ons werklik by die tempel hoort, en of ons Judeërs is nie, en ten tweede sê ons dat ons van jou groot profeet nouliks iets weet! Ons het weliswaar op ons reis hierheen hier en daar iets daarvan gehoor dat in die land van die Judeërs `n groot magiër van hulle, hulle toespreek met sy kunste en towery; of hy egter `n vriend of `n vyand van die Judese priesters is, of dat hulle hom vervolg, dit laat ons werklik totaal onverskillig! Ons is handelaars en bekommer ons nooit om dergelike kleinighede nie! Wanneer dit egter so is, hoe kan jy ons dan dinge voorhou wat ons nog nooit iets kon skeel nie?”
[20] RafaEl sê: “So, omdat die water julle nou tot aan die lippe staan, wil julle selfs julle stand ontken; maar teenoor my en my sewe metgeselle hier slaag julle volstrek nie om te ontken wie en wat julle is nie! Sodat julle egter kan insien en nog beter begryp dat julle julleself ons onmoontlik teenoor kan vermom, sal ek my nou enige vryheid veroorloof en julle van julle Griekse opperkleed beroof, sodat julle dan in julle tempelklere voor ons staan; dan sal julle stellig nie meer in staat wees om te ontken dat julle inderdaad die hoedanigheid besit waarmee ek dit vir julle aangedui het!”
[21] Toe gryp die Fariseërs na hulle opperkleed en hou dit vas - maar dit help hulle niks; want RafaEl beveel dit in Sy wil, en die tempeldienare staan onmiddellik in hulle maar al te bekende priesterklere en maak aanstaltes om op die vlug te slaan. Maar die sewe Egiptenare was vinnig byderhand, versper hulle die weg en beduie hulle dat hulle moes bly staan en geen tree mag versit om te probeer vlug nie; - wanneer hulle egter nie aan die versoek gehoorsaam sou wees nie, sou dit met hulle sleg gaan.
[22] Om hierdie opdrag meer krag by te sit, wys hulle die nou baie bang geworde Fariseërs op drie groot leeus, wat ietwat verder benede die pad lê en hulle grimmig gedra. Hierdie middel werk en die Fariseërs - tien in getal - begin RafaEl om vergewing te smeek, en beken nou dadelik alles, waarom hulle na die Olyfberg gekom het, en sê ook dat hulle die waarheid gespreek het.
[23] Toe hulle nou so in groot angs daar staan, sê RafaEl vir hulle: “Sê My nou: wie van alle mense kan daar wel slegter wees as julle? Julle wil dienare van God wees, maar is dienare van die hel! Watter duiwel het julle dan wel verwek? Die groot Heer uit Nasaret het julle deur middel van woorde en dade meer as sonhelder bewys dat Hy die beloofde Messias is en as sodanig ook die enigste Heer van hemel en aarde, - soos dit van Hom ook voorspel is deur die mond van die profete - en nie net glo julle nie daarin nie, maar julle vervolg bowendien die Heer van hemel en aarde met woede en gretigheid! O julle magtelose dwase! Wat wil julle eintlik uitrig teen die mag van die Almagtige, wat julle met die minste gedagte kan vernietig of julle slegte siele in die hel kan werp, wat julle al lankal verdien? Wat wil julle ellendiges nou doen?”
[24] `n Ander Fariseër sê: “Luister, jong wyse redenaar, ons vra jou nou maar net net om ons weer ongedeerd na die stad te laat gaan, en ons gee jou die volledige versekering dat ons, wat nou hier is, nooit meer aan die vervolging van die Wonderbare Profeet uit Galilea ook maar in die minste sal deelneem nie! Ja, ons sal die ander dit selfs soveel moontlik afraai! Of ons egter ons ampsgenote welwillender sal kan stem ten opsigte van die Wonderdoener, daarvoor kan ons natuurlik nie instaan nie; maar dat ons ons uiterste bes sal doen, om die vervolgingswoede van ons kollegas te temper, daarvoor staan ons borg! Want ons het nou ondervind en onsself daarvan oortuig dat ons blinde vervolging van die Galileër een van die grootste dwaashede is, wat tot niks anders as maar net na ons ondergang sal lei nie. En dus wil en sal ons ook doen wat ons hier beloof het; maar laat ons nou, soos ons jou alreeds gevra het, weer die stad ongedeerd bereik!”
[25] Daarop sê RafaEl “Goed dan! Julle kan weer vertrek, en geen kwaad sal julle oorkom nie; maar wee diegene van julle, wat sy woord wat hy hier aan my gegee het, sal verbreek! Want dink daaraan dat God se mag, wysheid, alwetendheid en erns oneindig is en dat die swak sterflike mens teen God in Sy weë ewiglik niks kan en sal uitrig nie!
[26] Julle sien en begryp ook goed dat die werke, wat die Gesalfde van God vir die mens verrig, steeds van die aard is dat slegs God dit tot stand kan bring. En julle sal ook goed insien dat God Self baie innig verenig is met die gehate profeet uit Galilea, wat so deur julle gehaat word, en dat dit meer as dwaas is om julle te verset teen die beskikking van God!
[27] Sê dit ook vir julle slegte en blinde kollegas! Al kan julle julle woede vir Hom ook so hoog sal laat oploop dat julle - deurdat Hy dit toelaat - die hand aan Hom slaan en Hom doodmaak; julle sal daarmee dan egter niks anders bereik as die bespoediging van die oordeel oor julleself en die hele Jerusalem nie. Hy sal egter nie gedood kan word nie, omdat Hy die Lewe Self is, maar Hy sal voortlewe en alle geslagte van die aarde oordeel. Heil aan diegene wat in Hom glo en wie slegs Sy welbehae en Sy vriendskap soek!
[28] Nou weet julle wat julle te doen staan, en julle kan nou vertrek, as julle wil; - wil julle egter nou nog `n wyse woord met Lasarus spreek, dan sal julle dit nou ook toegestaan word.”
[29] `n Fariseër sê: “As hy hier is, sou ek graag met hom wou praat, maar oor iets veel anders as wat ons hom eintlik wou vra. Want waarvoor ons hierheen gekom het, het jy ons maar al te duidelik voorgehou; daarvan sal nou by ons geen sprake meer wees nie, maar van iets baie anders! Wanneer ons dan nou met Lasarus `n woord sou kan spreek, sal ons dit wel baie aangenaam vind!”
[30] Hierop sê Ek vir Lasarus in die saal: “Nou eers kan julle na buite gaan en enige goeie woorde wissel met die baie bang geworde Fariseërs; maar sê niks oor My verblyfplek nie!”
|
|
|
|
|