Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die missie van God se kinders aan die ander kant. Die bestaansduur van die aarde

49 Nou vra die leerlinge My: “Heer en Leraar! Sal ons dit vanuit die ryk van die geeste ook alles mede kan aanskou en kan meemaak? En hoe lank sal die gelukkige aarde daarna nog voortbestaan tot aan die volledige einde van haar tye?

[2] Ek sê: “Wat julle eerste vraag betref, spreek dit natuurlik vanself dat julle dit alles vanuit die hemele nie net baie helder sal sien, hoor en voel nie, maar julle sal dan en altyd die vernaamste leiers wees, - en nie alleen op die nuwe aarde nie, maar ook oor die gehele Groot Skeppingsmens en oor alle oneindige baie vereniginge van alle hemele, wat ewig nêrens begrens is nie.

[3] Daarom sê Ek julle nogmaals dat geen mens ooit aanskou of dit gehoor het en dat die gees van geen enkele mens ooit ervaar het, wat God berei het vir diegene wat Hom waaragtig liefhet nie.

[4] Ek sou julle nou nog wel baie kan sê en ook goed laat sien, maar julle sou dit nou nog nie kan verdra nie; - wanneer die Gees van alle Waarheid en alle lewe egter oor julle sal kom en julle daarin wedergebore sal wees, sal Sy julle binnelei in alle dieptes van My lig en julle verhef. Eers dan sal julle begryp en insien watter grootse woorde Ek nou tot julle en sodoende, via julle, ook tot alle mense gespreek het.

[5] Wat julle tweede vraag betref: dit is werklik nog baie onnosel; want ons rekenkunde het geen enkele getal waarmee mens die meer as `n groot aantal aardse jare sou kan uitdruk, wat tot die einde van die aarde sal verloop nie; en selfs as dit moontlik sou wees, maak dit vir diegene wat ewig in die gees sal voortlewe, immers glad niks saak nie.

[6] Ek sê vir julle: van `n dergelike uiteindelike vasgestelde tyd en uur weet ook geen engel in die hemel iets van af nie; dit weet slegs die Vader in die hemel! Want die hele skepping is Sy grootse gedagte, wat egter geen gedagte van tyd, maar `n ewige gedagte is, en tewens die almagtige draer en behouer daarvan. Ek het julle immers nog onlangs gesê dat al die materiële eenmaal uiteindelik tot iets suiwer geestelikes, maar as selfstandige bestaande, verander sal word, en dit is dus nie meer nodig om julle nog meer daaroor te sê nie.  

[7] Kyk nou liewer na die heerlike natuur aan die begin van die dag, en sien hoe die steeds kragtiger wordende lig van die son alle newels en somberheid van die aarde verjaag, en leer daarvan dat dit in die toekoms ook julle werk sal wees, en daaraan sal julle beter doen as om te naarstiglik navrae te doen oor dinge waarmee julle nou nog lank niks te doen het nie!

[8] Waaroor julle besorg moet wees, het Ek julle al baie dikwels laat sien; oor al die ander hoef julle egter glad geen bekommernis te maak nie! Ja, Ek sê vir julle dat dit selfs onnodig en vrugteloos is - hou julleself egter eerder in die geloof en die liefde aan My – as om julle besorg te maak oor die komende dag, oor wat julle sal eet en drink en waarmee julle julle liggaam sal klee! 

[9] Kry mens op die mark nie honderd mossies vir `n stuiwer nie? Hoe gering is dus hulle waarde vir die mens, en nietemin sorg die Vader in die hemel vir hulle en klee hulle goed! Julle is as mens immers meer werd as die mossies?

[10] Kyk net na die veldblomme en lelies! In al sy glorie was Salomo nie so pragtig geklee soos hulle nie. En wie sorg daar vir hulle kleed? Daarom is al sulke dergelike sorg van julle vrugteloos, en nog meer vrugteloos die sorg oor die toekomstige volledige einde van die tyd van hierdie aarde! - Het julle My nou almal goed begryp?”

[11] Almal, behalwe Judas Iskariot, beaam dit. Hy dink dat dit nie heeltemal duidelik vir hom geword het nie, wat Ek daar op die berg oor die laaste oordeel van die heidene voorspel het.

[12] Ek sê egter aan hom: “Gaan maar na hulle vir wie dit duidelik geword het! Wat die Romeine as heidene opneem, moet nou vir jou, as vername Judeër en as ou leerling, beslis ook begryplik wees!”

[13] Hierop sê hy niks meer nie en trek hom weer terug, want hy het goed gemerk waarom Ek hom so `n antwoord gegee het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205