Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die storm en die doel daarvan

139 By hierdie geleentheid het dit al voor middernag geword, en die Romeine, wat ietwat vermoeid was van die reis van die dag, dompel aan tafel in net soos enkele van My leerlinge, omdat Ek Myself ook oorgee aan `n ligte sluimering; slegs die mense uit Bethlehem en die leerlinge van Johannes praat nog met mekaar oor die een en ander, en so word dit heeltemal middernag. Maar daarmee steek daar ook `n hewige storm op, wat uit die suide kom en steeds hewiger word en deur sy geraas, gegier, gefluit en gehuil al diegene wat lê en dompel wakker maak en diegene wat nog wakker was met vrees, angs en skrik vervul. Maar Ek en enkele van My ou leerlinge slaap nog deur.

[2] Lasarus wend hom tot RafaEl en vra hom of hy die storm sou wil gebied om ten minste tog `n bietjie sagter te word, aangesien hy anders volkome sinloos groot skade sou aanrig in die wingerd, tuine en aan die bome en huise.

[3] Ook die hoofman, wat `n hekel gehad het aan sulke hewige winde, sê baie openhartig: “By so iets weet jy as mens weer nie wat jy van die groot liefde en wysheid van God moet dink nie! Waarvoor is sulke hewige storms eintlik goed en nuttig? Of put God Self dalk plesier daarin wanneer Hy die swak mens deur `n dergelike geraas en woede van die elemente skrikmaak en hulle groot vrees en angs aanjaag? So `n bose storm besorg die mens ook steeds `n dikwels nie te berekende skade, en die allermeeste die arm mense van wie hy die swak hutte vernietig, sodat hulle vervolgens dakloos en sonder werk moet gaan bedel om tog weer een of ander armsalige woonhut te kry. Nee, hierdie daad van goddelike liefde en wysheid is werklik ietwat eienaardig!”

[4] Hierop wend die hoofman hom ook tot RafaEl en sê: “Luister eens, my wonderdoenige vriend, wat so flussies nog enkel deur jou wil die swaar pilaar in die lug opgetel het; is die mag van jou wil nou teenoor die steeds hewiger wordende woede van die storm nie groot genoeg om hom tot swye te bring nie? Wanneer dit so aangaan, lê daar môre hele bosse ontwortel en heeltemal verniel op die grond. Wie sal die arme mense die skade vergoed? Ek vra jou, doen tog iets daaraan!”

[5] Daarop sê RafaEl: “O julle swak mense, met julle angs vir die storm! Wat kom julle tog in opstand teen God se liefde, wysheid en orde! Dink jy dalk dat God so `n hewige wind laat waai uit `n soort misnoeë ten aansien van die mens? O, hoe swak is julle nog! Ken jy die natuurgeeste wat skadelik is vir die natuurlike lewe van mens en dier en wat dikwels, en in die besonder in die herfs, in meerdere mate vanuit die ingewande van die aarde na buite moet kom, terwille van die vrugbaarheid van die aardoppervlak? 

[6] Kyk, in hierdie nag het daar groot aantalle vanuit die inwendige van die aarde na bo na die oppervlakte gedring, om te sorg dat die komende jaar vrugbaar sal word! Wanneer hierdie, nou nog in hoë mate ongelouterde natuurgeeste, hulle in die vorm van `n grys en na verrotting ruikende damp kalm oor die oppervlak van die aarde sou uitstrek, dan sou die menslike lewe nie nog `n paar uur in so `n damp kan bestaan nie. Watter ander middel kan jy my aangee, om die genoemde opstygende nog onvolkome natuurgeeste onskadelik te maak vir die liggaamlike gesondheid van die mens, as die wind, en wel `n hewige, wat opgewasse is vir die hardnekkige en in `n sekere sin klewerige aard van dergelike geeste?

[7] Die wind, wat deur suiwerder geeste voortgebring word deur die anders so rustige lug van die aarde in `n geweldige stroming te bring, vermeng die ongelouterde natuurgeeste met die suiwer geeste in die lug en in die water en maak hulle daardeur onskadelik vir die gesondheid van die mens, die diere en die plante, en dit gebeur alles volgens God se wil, omdat dit so moet gebeur; en dan dink jy dat God die swak mens deur `n dergelike wind skade sou wil toebring en in sekere sin plesier daaruit put, as die swakke mens by sulke geleenthede van angs en skrik byna vertwyfeld raak? O mens, hoe swak is julle nog van gees! 

[8] Wat maak dit eintlik saak wanneer daar by `n geleentheid wat vir die aarde en haar skepsele heilsaam is, ook `n paar vermolmde bome en ook enkele reeds bouvallige hutte van mense en enkele voëlneste verniel word, wanneer die aarde maar vrugbaar en die lug van die aarde onskadelik word vir die natuurlike lewe van die skepsele?

[9] Wanneer daar hier en daar aan `n mens ook `n klein wêreldse skade berokken word, sal die Heer dit beslis op `n baie goeie manier veelvoudig vergoed; maar bowendien doen dit die mens, wat God maar al te maklik en te dikwels vergeet, heeltemal geen kwaad nie, as hulle af en toe deur buitengewone natuurverskynsels uit hulle trae wêreldse dromery wakker geskud word en ervaar dat daar `n hoër krag en magte bestaan, waarteen die menslike hoogmoed geen oorwinning kan behaal nie.

[10] Daarom laat ons hierdie wind nou nog `n paar uur lank sy werk doen! Wanneer hy sy goeie werk verrig het, sal hy wel weer gaan lê. Ek sou die wind vanuit die mag van die Heer in my wel kan gebied dat hy oombliklik moet gaan lê - maar waarvoor sou dit goed wees? Ek sê vir jou: Vir heeltemal niks nie; want `n dergelike teken sou jou geloof in die Heer nie in die minste vergroot nie. As ek naamlik die wind ter wille van jou enkele oomblikke kalmeer, sal jy heimlik by jouself sê: “Aha, die wind het uit homself enkele oomblikke bedaar”, en jy sou dink dat ek jou somaar gesê het dat dit bedaar deur die mag van my wil gebeur dit. Maar as ek die wind heeltemal tot rus laat kom, dan sterf daar môre al duisend mense aan `n boosaardige disenterie, en dit sou julle ook nie graag wil hê nie; want ek weet dat jy en baie mense geen vriende van epidemies is nie. Laat ons daarom, soos ook reeds gesê, die wind maar deurwaai; die klein skade wat hy hier en daar sal aanrig, sal maklik te vergoed wees.

[11] Of is dit vir menige selfsugtige ryke dalk sleg as hy so nou en dan deur die groter nood van dese en gene arm medemens tot medelye en barmhartigheid aangespoor word? Ek is beslis van mening dat so iets baie nuttig vir die siel van die ryke is. Maar die armes sal God des te meer dank, omdat Hy hom deur die in die oë van die ryk mens opstygende nood ook baie sterker gehelp het as wat anders kon gebeur het. Want aan die vroeëre, reeds lank voortdurende armoede en nood van die arme buurman dink die ryke nouliks, en hy laat hom verder maar gebrek ly, sonder om hom daaroor te bekommer; maar omdat God `n egte wêreldse ongeluk oor hom laat kom het, word die anders meestal hardvogtige ryke sagaardiger gemaak en bedeel die arme dan ryklik, sodat hy daarna vir `n lang tyd geholpe word. 

[12] Sê My nou: is God se Liefde en Wysheid in die geval nie sigbaarder aan die werk onder die mense op aarde as in `n gebied op aarde, waarvan daar ook verskeie is, wat deur geen enkele storm geteister word nie, maar daarom ook volkome woes en onbewoonbaar is?!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205